slaw’rny, histories struktuurg’weld, ai, ’t g’dij,
Mens’t mede-Mens, Naaste, min kans g’sjee,
emansipasie, judisieel g’regt’gheid, t’b’tree,
Self t’sien, hoe word Mens wet’nschapl’k b’vrij
want God se Plan, m’t Mens, soms duist’r,
Lewe Twee Lewe net v’r somm’ge g’stoor,
lees Fariseërs v’r “Ann’r” allie L’viete voor,
p’rbeer onn’rdaan “Boek”-wysheid b’luist’r
want sonn’r Schepp’ng is’t mos “Ewolusie”,
ytie oorsprongteorie ontspring rewolusie,
figureer slaw’rny sosio-literêr selde in fiksie,
(dwangarbeid, eksploitasie, Self-d’struksie)
hoor Mens soms nog ’n slaaf sing, party dae,
hoe meer vannie swaarkry, hoe minn’r g’kla
Jacobus Faasen

