By LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) sal die volgende gevind word wat tans die goudstandaard beskou kan word vir enige debat of bespreking oor die onderwerp:
"Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybelse tekste: Antigay of misverstaan?" deur Ernest van Eck en Ralph Barnard.
Hulle bibliografie is van ’n besondere hoë gehalte en die eindnotas komplementeer uitstekend die hoofteks.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Hello Pieter,
Beste Wouter,
Dankie vir jou brief. Die afleiding wat mens maak by die studeer van Van Eck en Barnard se tesis is eenvoudig dat Bybel- vertalers onbevoeg is, en nie weet hoe om die oorspronklike Grieks te vertaal nie. Daar bestaan alternatiewe terme soos "verkragters en uitbuiters van mans" wat die betekenis van die tekste beter sou oordra.
Vir my is dit skokkend dat die nuwe vertaling van die Afrikaanse Bybel die term "homoseksualiteit" gebruik, aangesien dit nie voorkom in die Nederlandse vertaling nie. Miskien reken hierdie gryskoppe wat so onverantwoordelik omgaan met die woord, maar verantwoordelik is vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans, dat dit beter is vir mans om mekaar te haat en te dood, as om vir mekaar lief te hê.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys