Lank sal hul lewe

  • 0

Heil die leser.

 

 

Die juiste kaart hierbo, dui die lewensverwagting van die mensdom op verskillende plekke op onse Aarde - lowergroen 80 en ouer ... mzansimaroen 45-50 ... en dan is daar zimrooi 50 > ...

Hierbo in Afrika, is dit gewis 'n tuiste vir die mees onselfsugtige mense op aarde. Dit blyk duidelik dat daar nie plek vir suurstofdiewe hier is nie. In Afrika, word daar gou plek gemaak vir die volgende generasie ...

Hahahahaha ... dis nou sou ek onse Prez se Meksikaanse lojale joernalistiek najaag!

Die werklikheid hier is dat min 'n ander lewe gun - jonk of oud -  en dat slegte moraal en etiek, siekte en korrupsie laat gedy wat verhoed dat daar genoegsame sorg vir alle Afrikane ontwikkel kan word ... maar dan is daar die uitbuiters wat Afrika, ewig donker (bloedrooi) sal hou ...

Iemand het op 'n keer geseg: As jy nie die koerant lees nie, is jy oningelig - lees jy dit, is jy mislei ...

Die uwe het self die grafika reg geplaas in die kaart hierbo, maar die statistiek kan hier bevestig word.

Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top