Daar skop Lynette van Praatsaam toe weer die storie af, presies soos laasjaar, met iemand wat nie Afrikaans kan praat nie en dit nogal ‘n Van Graan kan jy glo. Maar dalk is ek verniet geïrriteerd; dalk is die fees op die Afrikaanstalige radiostasie nie eintlik ‘n Afrikaanse fees nie. Ek sal bly wees as iemand wat weet my kan laat weet.
Hoe dit ookal sy, ek het ‘n paar oulike goed tot dusver gehoor; onder andere mooi musiek en PG se O hel!-storie was baie vermaaklik; PG is geniaal. Mark Banks se draakstekery met ons Boere is uitstekend; lanklaas hard gelag vir iets wat ek oor die radio gehoor het.
Nou ja, wederom dan.
Jan Rap

