kultureel-psigopaties b’lew’ng

  • 0

vreemd, kultureel-psigopaties v’rdel’ngsb’lew’ng,
Mens amptl’k g’sê, wat Mens syn, o, liewe Aard’,
mede-Mens, Naaste, nie naast’nby g’ag na waard,
kapitaalklimaat okie b’sonn’rs gunst’g v’r b’sinn’ng

struktuurg’weld gat g’paard m’t g’ruis, g’druis,
hoor Mens v’n kleinsaf g’wet’nlose se g’sang,
raak Mens Self, v’r “Duiw’lspiek”-siek, so bang,
nes altoos g’viktimiseerde, sonn’r haard-’f-huis

blootg’stel, via “isiBhulu”, aan voorouerswreedhede,
Self-d’struksie, onkund’-ontkenn’ngskunde-p’narie,
woek’r g’wet’nlose op waswieke vanne vals euforie,
sonn’r identiteit, sonn’r g’regt’gheid, sonn’r vrede

papsakv’rset, pseudo-opposisie, ’t bly slymglibb’rigslap,
swakk’r’s swak, ’n soort Broed’rbond-bondg’nootskap

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top