k’tools

  • 0

nesse Mens dra ’n moedertaal mos ook gene,
liewe land, prontyt-diversiteit, variant, versie,
niemand mag nog leer by ’n dofflikkerkersie,
staat apartheid nu op haar heel laaste bene

t’veel wat’r’t al ytie berg seewaarts g’loop,
Afrikaansheid: waar’s wragt’g innie mieks,
“Duiwlspiek”-siekes mislei Selw’rs via trieks,
t’veel Eerste Mens al v’n als-’n-als g’stroop

nét ontslapene v’reer deur Museum, Monument,
als waarvoor Bloedrivier-binnekring so b’rug was,
aanwend’ng v’n Jehova as oorlew’ngsinstrument

pro-lingua-passie, grootste g’mene del’r, Kreools,
“isiBhulu”, sup’r-anachronisties, ultra-oud-skools,
Afrika-taal eg progressief, sosio-linguïsties k’tools

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top