Koo mixed veg (L!!!)

  • 2

Piet (ons weerhou sy naam om homself teen homself te beskerm) is rietskraal. Taai soos 'n ratel. Het baie dinge gedoen en heelwat meer beleef. Speel nie gholf nie maar jy sal hom altoos by die 19de gat kry. Sien kans vir alles en as daar 'n Yamaha-enjin (nie die tweewiel soort nie) aangesit word klim hy op. Dronk ofte not.

Piet sien kans vir enigiets wat die Blou Dam kan oplewer. Solank dit beweeg, want sodra die ankers vas is en die deinings teen die boeg klots sal jy vir Piet voor in die skuit kry. Besig om die visse te voer. En dan broodblik toe vir sy gewone droërige broodjie want as jy visse gevoer het moet jy die hol kol weer vul en brood is maar die beste ding veral as jy aan seesiek ly. Ek moet byvoeg: Piet het maar eenmaal net daai soort gesig: as jy hom sien moet jy hom 'n streep trek, so Piet is altoos die slagoffer van menige mede-visserman se onnutsigheid.

Hierdie het werklik gebeur:

So sit Piet voor in die boeg kort na anker vasgemaak is en voer soos gewoonlik die visse. Terwyl hy visse voer word sy kosblik oopgemaak en die ham en kaas word vervang met gewone sardyn-aas, netjies in filette gesny. Die manne is ernstig aan’t vis trek. Baie bekommerd oor arme Piet. Kort-kort word uitgevra oor sy welstand en na die eerste tot verhaal kom is sy eerste instink om die kostrommel te soek vir die, soos gesê, ham-en-kaas-toebroodjie. Wat intussen vervang is met sardyn-aas. Ek was nie op die skuit nie maar Jan (ons weerhou sy naam om dieselfde redes) beduie dat Piet na die tweede toebroodjie boeg se koers is. Onbewus maar baie bleek.

Jan het egter 'n baie beter plan agter die blad gehad: 'n Blikkie Koo gemengde groente in 'n "ziplock"-sakkie hier bo in sy bosak. Want daar is nog nie 'n skuitman gebore wat nog nie een maal in sy lewe behoorlik siek was nie en vandag was Jan se beurt om saam met Piet "seesiek" te raak. Jan het, so met die "siek" raak die Koo gemengde groente gemaak siek laat uitval op die dek en seker gemaak ou maer Piet het behoorlik kennis geneem dat hy ook nou siek is. Gemengde groente op die dek uitgestort in 'n poging om onsuksesvol die kant van die skuit te bereik. Hier kom een van die ander dekmanne skielik in met:

"Ek was nog altyd lief vir warm kots" en hy skep sommer so 'n handvol van die Koo gemengde groente van die dek af op mond se kant toe ... Hulle sê Piet het na die sien hiervan nie een enkele keer sy kop hoër as die kant van die skuit gebring nie.

Dit het weke gevat voor Piet oortuig kon word om op 'n skuit te klim. En dit slegs as hy heeltemal vreemde crewmanne as medepassasiers het. Jan beduie vir my dat hy na sy braaksessie nog nooit weer vir Piet kon oorhaal om saam see toe te gaan nie. Hy het altyd iets anders om te doen.

oester

  • 2

Kommentaar

  • Dis 'n grimmige een daai!!!!

    Destyds toe daar nog vis in Duitswes was het ons ander raad vir seesiek gehad. Sodra jy begin gaap en dronk draai as jy afkyk vat jy 'n sluk Worcester-sous of twee. Dit laat jou nie minder kat skiet nie, maar die kots smaak baie beter.

     

    Stywe lyne

    Duitswester

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top