allie jarre was Afrikaans bobaas, Boerneef,
Neelsie, Jan Siljee, Small, o Allah, Philann’r,
via FAK, CSV, Akademie, “Boer-taal” b’leef,
Burg’r-burg’ry, lankal niks oor virrie “Ann’r”
kosmeties in stand g’hou, g’raffineer, b’tas, v’reer,
sonn’r inagnem’ng v’n Bo-Kaap, Khoisanland, Ses,
sjee sjurrogaat mossie gou aan legitimiteitseis bes,
defnislis aan moed’rtaalstatus minn’r’s min g’steur
ivoortor’ngpaparazzo, sosio-linguïsties eg aan’t sloer,
v’rhoer vryheid, aysh, g’wet’nloos v’n G’wete afg’skei,
sjee sig voor, neo-idioties, nie juis weet wat’m t’doen
stryd v’r herwinn’ng nu versus sede-konglom’raat g’voer,
’t “isiBhulu” “Boer-taal”, mos “ras”-tjappie oppie lyf g’kry,
ilwimi, Kontinent, ja, noggie naast’nby m’t m’kaar v’rsoen
Jacobus Faasen


Kommentaar
Jacobus, jy ken nie die geskiedenis nie: Afrikaans was NOOIT bobaas nie en het nog ALTYD aan die agtertiet gesuig.
Oom Jan
Jy deel arme ou Angus mee dat ek die term 'vergoeilik' by jou laat posvat het, maar nou trap jy my historiologie disnis. Waar was jy toe die Paarlbergse Phallus opgerig is? Sonner Afrikaans was die AWB nooit eens 'n beweging nie, nog minder die NP 'n party. Waar was jy toe die dronkgat Biebouw oppie Braak rondgeval het? Het jy nou jou Africaander-wortel met sywortels en al uit deeske aarde uitgeruk? Aysh, met ys, ja. Hayibo, oom Jan, nou skop jy sommer die FAK en ATKV se stoel onner hulle se boudjies yt.