Konings en andere

  • 5

Dis ? interessante instelling dat ons swart landgenote konings het, die Tembu’s en die Zoeloes en Xhosas en vele ander. Dan het hulle ook nog tradisionele leiers wat iets help doen.

Maar ek braak gal omdat ek daarvoor hand in die sak moet steek. Onlangs lees ek dit kos die staat der honderde miljoene om hierdie konings en leiers met hulle vroue en spanne kinders te onderhou. Dis salarisse en toelaes en paleise met duisende rande se sekuriteit, Mercedesse, privaatskole, universiteite, lugreise en met al die souse wat op ? soustrein bedien kan word.

As dit vir Zoeloes of wie ook al belangrik is om ‘n koning te hê, gaaf en goed en wel, maar dan moet hulle self daarvoor betaal en nie van my as nie-Zoeloe verwag om vir hulle ? koning te help verskaf nie. Die Inkomstediens in Suid-Afrika is tog wel ? staatsinstelling wat doeltreffend bestuur word, en behoort dit mos geen probleem te wees om “koningsheffings” by die verskillende etniese groepe te vorder nie.

En die tradisionele leiers? Watse werk doen dié mense? Dis tog darem vanselfsprekend dat ? koning nie werk nie en net heeldag op sy troon hoef te sit. Maar ? tradisionele leier? My swart mede landgenote hét mos mense gekies om in die parlement te sit. Saam daarmee is daar honderde duisende amptenare wat die administratiewe pligte uitvoer. My swart landgenote kan mos nie verwag om moderne demokrate en tegelykertyd outydse outokrate te wees nie. Hulle kan nie albei hê nie.

Wat vra ek dus? Skaf hierdie konings en leiers af. So nie, wil ek as Afrikaner ook ? koning hê. Ongelukkig het ons Afrikaners nie tradisionele leiers nie, want ons sal te veel stry oor wie hulle is. Selfs die wat al dood is, sou maar swarigheid gehad het om ons spul te lei. Net Delarey perdalks.

Maar ? koning? Veel makliker. Ons vat vir Dan Roodt? Of Max Du Preez? Of wat van Nataniël?

Pienkes du Plessis

  • 5

Kommentaar

  • Pienkes

     
    Dis eintlik vreemd dat oom Jacob nie 'n Ministerie vir Konings, Tradisionele Leiers en ander Niksdoeners ingestel het nie.
     
    Groete
     
    Enjee
  • Johannes Comestor

    Pienkes, dit is goed om te weet dat jy 'n LitNet-leser is en periodiek 'n gesonde mening lug.

  • Chris Erasmus

    Ongelukkig is almal demokrate solank dit die demokrate pas. Die demokrate skuil agter 'n Westerse staatsmodel en probeer die kulturele aspek daarvan behou vir eie gewin en gemak. Solank almal kan roem ons leef in 'n demokrasie is almal mos maar gelukkig en tevrede. Die harde realiteit is, 'n "Westerse Demokrasie" werk nie in Afrika nie.  Die huidige regime praat met gesplete tong en persoonlikheid. Hulle bevorder demokrasie maar nie een tradisionele leier is demokraties verkies nie. Ons "demokrasie" is 'n klug, 'n dwaasheid wat grens aan verwaandheidswaansin. Wie en wat word in die land respekteer? Vet mooi nokkol.

  • Pienkes, ek het alreeds kommentaar gelewer maar Webvoet sê dis verlore in die kuberruim, ek moet maar weer kommentaar lewer.  Ek kan nou nie onthou wat ek alles gesê het nie maar deel daarvan was dat Max du Preez totaal ongeskik sal wees vir 'n Afrikanerkoning; hy's Black Sash, sy sentimente lê by die Ingelse soos Jan Smuts destyds wat sommer die Boere ingesleep het by 'n oorlog om die Engelse te help.  Nataniel is ook nie 'n goeie kandidaat nie; ek het eenkeer gehoor hy sê al is daar net een Engelssprekende in die gehoor moet die woordvoerder Engels praat.  So hy's uit, anglofiele kan nie koning wees nie.
    Dan Roodt is reg, ook Steve Hofmeyr.  Maar wat van 'n koningin?  Ek stel Elna Potgieter voor; sy kom my voor asof sy nie saam met gods water oor gods akker stroomaf sal dryf soos Max, Piet en daardie soort van ouens nie.
    Terloops, ek jou ander bydrae gelees (oor meneer Graabe en Miek), dis uitstekend.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top