“konfessie”

  • 0

doll’r’s kop-af, mamparaloeka-mugu-onn’rmaans dans,
tweede meeste moed’rtaalsprek’rs, in Azania, Afrikaans,
moed’r-, Afrika-taal, kunjalo, leg’tiem, statusherwinn’ng,
heg’monie-sonn’r-test’monie, b’swaarl’k al tot b’sinn’ng

omtrent sup’r-ultra-ironies v’rhaal, dié v’n taal,
(as Broed’rbond-instrument erg jamm’rl’k g’faal)

in struktuurg’weldsparadys g’n sprake, re kultuur,
werp “Sjatanspiek”-ikoon Mens reguit innie vuur

voorwaar, Mens, g’n niemand maak g’skied’nis,
noop’t Mens, t’koop t’loop m’t deesk’ b’lyd’nis:

“Afrikaans, “Boer”-taal, aysh, papsaksnoekpolitiek,
onkund’-ontkenn’ng, Self-d’struksie, vuilsiektriek,
al’t /Xam-kommissie zero, re volksuitwiss’ng t’sê,
’s inkomm’rruit’rs, fier, inne fragiel fresko vasg’lê”

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top