Ek het die eerste episode deurgeworstel en besluit ek gaan nie verder kyk nie. Ek is nou al so moeg vir die ou geykte tema van die tawwe boerseun in Afrika en die onnosele Engelsman wat die "lig" wil versprei. Deon Opperman se plaat het vasgehaak by stereotipering van die Afrikaner. Bo en behalwe dat die akteurs uiters swak is, is dit regtig soos 'n fotoverhaalstorie. Ruiter in Swart, die tawwe Tienie wat almal kom red.
Die eerste episode voorspel niks goeds vir die res van die storie nie!
Kommentaar
Beste Jan Rap