kolossaal teatraal

  • 0

waarheid se seermaak vorm mos part van’t,
vanne voorbeeld-lewe wa’na Mens strewe,
Naaste, Naaste, plus Naaste, eenheid, een,
tyd v’n goedgaat, swaarkry, tyd v’n steun

want aardgang sonn’r organisasie’s niks,
waarheid kwes dan sov’l meer seerd’r,
dié, wie, g’wet’nloos, Self erg v’rned’r,
aanhou bly krap, waa’ daa’ niks jeuk is

Mens, bai’ lief v’r rede, sup’r-ultra-b’gins’lvas,
g’breinspoel, g’indoktrineer, propvol agitprop,
medemensl’kheid nes eie ‘goal’ moer-’n-skop,
vasg’kett’ng aan b’drog, illusie, “ras”-’n-“klas”

PRAAG wragt’g hele tyd ’n eenman-plan,
Khay’litsha-kommissie, in Ilitha-baNtustan,
Marikana-kopp’ntje histories ’n simbool,
sonn’r wat’r, Mothotlung se voorskool

waar pr’sies pas Andries Tathane nu in,
was Jimmy Kruger NP-yskoudkil, v’rsin,
waar’t superioriteitsindroom dan b’gin,
hoev’l’t in leeu se kake, Rome-slaafskou,
voor kaalgat keis’r, slukk’nd aan sadisme,
’l gat g’sien, oorlew’ndes m’t vrees g’vul,
submissiwiteit in-Mens-in g’tatoeëer

nes Gansbaai-byrie-see ná toepasl’kheidstudie,
uitg’koop deur kernkragb’nutt’ngsteoretici,
‘spin-off’, mette spin, spinsangoma-fisici,
foto’s nesse tolhek-kamera, flits-flits-fff...,
syf’rs inprent, nes Nkandla-kontrakteur,
swye opg’lê, b’last’ngspoor doodg’vee,
still’r as “isiBhulu”-raadslid re onreg,
Self-d’struksie, “Duiw’lspiek”-siek,
o wee, g’n g’sprek re DF Malan-straat,
opreg ontken, niemand oor’t praat,
voel Mens, Jirre, g’regt’gheid is laat

kanti, Kapitaal, mette hoofletter “K”,
’t mos eers langsam’rhand opg’daag,
so einde g’maak aan Afrika se prag,
“vat-jou-goet’rs-’n-trek-bobbeaap,
gat op ’n klim doerie potblou berg”,
Eerste Mens v’n Paradysstatus b’roof,
Khoisankind v’rkrag, v’rslaaf, onthoof

dié, wie nog in vrede voort wou leef,
bosluisl’k, aan ysl’k-ubuNtu-konsep,
idee, v’n Mens-v’r-Mensl’kheid,
ong’rep, ed’l, aan’t vas wou kleef

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top