Probeer vandag 'n saak (winkeldiefstal) maak by die SAPD. Opgeskote, 14-jarige het blatant gesteel sonder om 'n oog te knip. Logies is hy agterna gesit die werke ... om egter 'n beter voorbeeld te stel bel ek die SAPD want ek is gatvol om mense te bliksem.
Tien uit tien vir die SAPD wat betref diens. Die manne in blou was basies soos die dae toe ek nog die uniform gedra het: Vinnig, vriendelik, behulpsaam, die volledige pakket.
Absoluut komplimente vir Oesterland SAPD.
Die probleem egter kom in by die betrokke saak: Geen persoon onder 14 jaar oud mag agter in 'n vangwa gelaai word nie. Ongeag die misdryf (ek weet nie of dit wet is nie, maar dit is beslis amptelike beleid). Hy mag nie aangehou word nie maar in die "sorg" van sy ouers of voogde gelaat word, daar word onderskei tussen onderskeie ouderdomsgroepe hoe saggies daar met misdadige kinders gewerk word.
Die howe, landdroste en regters is baie sku om enige persone onder ouderdom van 17 wesenlik te straf (die redes is eintlik voor die hand liggend) tensy dit 'n hoëprofiel-saak is. Etc etc etc ek noem slegs die hoofpunte by gebrek aan spasie.
Nou:
Ons sit in sekerlik een van die mees misdadige samelewings nie net op aarde nie, maar in die geskiedenis. Ruim 30% van alle misdade word deur kinders (as ons alle persone onder ouderdom 18 hierby inreken) gepleeg. Kinderregte verhoed enige wesenlike of beskaafde strawwe.
Nou sit ek met 'n probleem wat daagliks plaasvind: Volwassenes gebruik en moedig "minderjariges" aan om die steel- en inbreekwerk te doen. Dit gebeur daagliks en ek kan nou letterlik tientalle voorbeelde opnoem. Die kinders mag nie ondervra, aangehou of van enige basiese "regte" ontneem word nie. Aldus hierdie nuwe siek stelsel se "wette". Jy mag selfs nie eens meer die ouers nader nie want selfs hulle mag nie meer die sg kinders tug of teregwys nie.
Ons is nie besig om 'n verlore generasie te skep nie. Ons is besig om die bietjie wat nog oor is in die drein van politiek korrekte doolhof van onsekerheid weg te spoel. Ek sê nie donner 'n kind se rug af as hy kak aangejaag het nie. Dit is barbaars. Ek sê nie sluit kinders in donker selle toe nie.
Maar om kinders ongestraf te laat voortneuk soos hulle lus het? Is dit nie om die deure na absolute anargie oop te maak nie?
Ek beduie vir die poliesmanne wat hulpeloos staan en na my gesanik luister of die beste, slimste opsie dan nie sou wees om 'n paar veertienjariges bymekaar te kry, op 'n rooftog te gaan en 'n hele spul ABSA's te gaan beroof nie? Hulle kan immers nie werklik vervolg word nie en nog minder ondervra word. Die magiese mislukte staat waarin ek my begewe is in elk geval self intern so vermurwe dat, selfs al is daar bietjie straf, dit tien teen een 'n luukse "kinderhuis" sal wees en met die miljoene wat hulle namens my geroof het kan hulle in elk geval binne drie maande saam met my iewers op 'n eiland sit en tik rook.
Daar sal wel een of ander despoot of stelsel wees om te blameer. Soos gewoonlik.
oester


Kommentaar
Beste Oester,
Jou laaste paragraaf het my aan Alladin se skelm apie laat dink.
In die Ooste word apies gebruik om vir hul meesters te steel; nes posduiwe elders vir hul base diamante smokkel.
Apies en duiwe se sondes maak nie saak nie, want hulle gaan glo in elkgeval nie hemel toe nie.
Kindertjies is glo ook "sondeloos" en "ontskuldig"... daarom word so baie van hulle (wit, swart, bruin, arm, ryk, ...) so gewetenloos selfs deur hul eie geveinsde ouers gepimp.
Ek het nog altyd geglo dat as die kind stout is, gaan bliksem die pa en ma ...
Dankie vir jou pragtige sketse uit die werklike lewe om jou.
Namaste!
Cornelius Henn