Heil die leser.

Daar kan min twyfel wees dat die Amasone, die laaste stukkie Eden op aarde is.
Die mense wat daarin bloei leef letterlik nes Adam en Eva sonder skaamte in oorvloed.
Nes die Slang verwoesting in die Paradys gebring het, net so bring "brullende diere met ystervelle" (stootskrapers) verwoesting in die Amasone.
Sendelinge gaan die stootskrapers vooruit en dra met hulle alles behalwe die Goeie Nuus.
Saam met hulle skadelike aluminium potte, voer hulle elke denkbare en dodelike virus die Paradys binne wat daarmee die onvermydelike sterftes van meer as die helfte van die paradyskinders veroorsaak.
Die "liewe ekkes" kom met hul medisyne agterna en behandel elkeen wat hulle "goedhartigheid" aanneem, met nog skadelike chemiese middels.
Is dit hoekom daar gewetenlose gierigaards op aarde is - sodat Jesus nodig moet wees?
Ek glo nie.
Millennia reeds word allerlei booshede en die bevordering van selfsugtige belange onder 'n dekmantel van Godsdiens gepleeg.
Die modus quo is eenvoudig; die rus en vrede in die Tuin van Eden word deur die bose ingedring - veroorsaak verval, siekte, pyn en lyding, en die "antidote" - word deur die "liewe ekkes" teen 'n prys aangebied.
Die verchristeliking van die mensdom deur soveel kwansuis sendelinge is geen uitsondering op hierdie hartseer tema nie. Selfs op die huidige oomblik, is daar die sogenaamde Evangelieverkondigers onder die heidene wat besig is om verwoesting onder die afgesonderdes in die Amasone in die naam van die Geldmag se elite te saai.
Vir die "liewe ekkes" is sonde, pyn en lyding 'n noodsaak en soos musiek in hul ore. As daar nie is nie, sal hulle bid daarvoor. Enigeen wat die "liewe ekkes" teenstaan, druip hul "gesindheidtoetsies". Deur kamstig verlossing te bring, word die "liewe ekkes" se sieklike ego gedien. As jy selfs so naïef raak om van hulle te hou, dan hou jy ook van God. So dien God selfs as instrument in die "liewe ekkes" se veldtogte - en nooit andersom nie!
Harte daarenteen wat as instrumente in die hand van God speel en dien, ken die Evangelie as Enlightenment.
Deur die Goeie Nuus dat ons Skepper ten volle mens geword het by enige bestaande verheerliking van ons almal se Skepper te voeg, bring 'n wonderlike Geestesontwaking mee.
Die Evangelie, is soos 'n lig op 'n berg wat aanloklik skyn - 'n lamp vir jou voet. Harte vergader in vreugde, spontaan en entoesiasties daarom saam.
Nederige kinders van die HERE sal juis daarom ook altyd probeer te verhoed dat die invloed van gewetenlose gierigaards, die weerloses tref.
Daar is geen manier dat die Evangelie, die Paradys in gedra hoef te word nie!
Oral op aarde, en selfs op hierdie oomblik, speel sulke hartseer af.
Nes die sendelinge hul vloek met stootskrapers agterna en met die seën van die maghebbers die Amasone indra - net so tref Suid Afrika se bemagtigde misdadigers die weerloses in hul paradyse oral aan die Suidpunt van Afrika - dit, wyl die slagoffers van kansels af in bedwang en as teikens gehou word.
Dis nie net kinders van die HERE wat hieroor beswaar voel nie. Ek glo menige ander wat hul medemens se waardigheid respekteer, sal saam voel. Daarom neem ek die vrymoedigheid en versoek elkeen met 'n hart om die volgend petisies saam met my te onderteken:
Heilige Maria, Moeder van God, bid vir ons sondaars, nou en tot in ewigheid.
Mag Jesus Christus onse almagtige Skepper, die wêreld verlos van die gierigaards se sendelinge en "liewe ekkes" wat hul boosheid die Paradys probeer indra, en self die Enlightenment in elkeen se hart wees.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke, Boere en Afrikaliefde,
Cornelius Henn


Kommentaar
Beste Cornelius,
Beste Angus,
Jy tik: "Dis mos Godslaster wat jy hier kwytraak. Jy wys God waar hy verbrou het, en dan sê sommer vir hom wat hy moet doen om dit reg te stel. En dan groet jy sommer met liefde teenoor ander gode."
Angus, sal jy asseblief jou aantygings behoorlik soos enige billike mens met redes verder aanvoer.
Derhalwe, dit blyk tog dat jy as ontnugterde Protestant, skynbaar nooit jou kognitiewe dissonansie sal kan oorkom nie.
Dis tragies, veral aangesien jou mening die letter van vele berugte sinici soos die klug "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis", en ware gelowiges soos jou vroeëre strooipop Kobus de Klerk en sy hele gevolg, navolg.
Ek wil nie jou rede bederf nie - ek sien gewis met respek daarna uit!
Maar terwille by die punt te hou, onthou asseblief ook my vrede met enige dogma (geloof en ongeloof) wat nie ander daarmee probeer neerhaal of wil skaad nie.
Onderskei as jy kon tussen sulke dogma (soos byvoorbeeld Bybelaanbidders se verheerliking van die Bybel as die Woord - Jesus Christus), en die persoonlike verhouding wat elkeen in besonder met ons almal se Skepper het - gelowiges en ongelwiges.
Katolieke groete,
Cornelius Henn