Kerkafvaligheid onder Afrikaners

  • 24

Ek het al in verskeie briewe die afgelope paar jaar genoem tot watter mate Afrikaners besig is om van gestruktureerde godsdiens weg te beweeg, tot so ‘n mate dat kerke dwarsdeur die land grootskaals verkoop word, en neig tot die alleen behoudenis van die moedergemeente in enige gegewe stad of dorp.

Rapport (12/1/14) het die grootste verlies in een jaar gedurende 2013 uitgewys, toe 35000 lede van die NG kerk gedros het, en sedert 1985, ‘n total van 461000, dws 900 gemeentes van 500 lidmate elk. Nie alleenlik die drie-suster kerke nie, maar ook die geval van die apartheid wegbreek APK ondervind dieselfde krimping.

http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Krisis-kom-vir-lee-kerke-20140111
Daar was ‘n tyd, nie so lank gelede nie, toe Afrikaners die wêreld rekord gehad het vir die hoogste persentasie van gereelde kerkbywoning.  Nie meer nie.  Die persentasie neig nou af tot soortgelyk persentasies wat in Frankryk en ander Wes-Europese lande ondervind word.

Ek onthou nog die tye dat motors die parkeerterreine vol en om die blok geparkeer het vir kerkbywoning.  Vandag sien jy ‘n paar motors Sondae, verlore in die groot leë kerk-parkeerterreine.
In teenstelling, soos die geval met die swartes in die VSA, in  Afrika en ander rasse onder ander Derdewêreldse volke, asook is die vorige Kommunistiese Oos-Europese lande, veral in Rusland, groei die Christenskap en kerkbywoning met snelle skrede. Die ironie is dat baie swart sendelinge vandag onder Wes-Europese mense sendingwerk doen om hulle te probeer her-kersten.

Verskeie redes in Rapport is aangegee vir hierdie tendens onder Afrikaners, maar nie enige bevredigend genoeg om oortuigend te wees nie.

Ek is van persoonlike mening dat die redes daarvoor is, is die toegang vir die Afrikaner tot breë kennis via die internet, wat hy voorheen nie gehad het nie, in teenstelling toe hy in die verlede op sy dominee vir morele kennis en ondersteuning afhanklik was. Vandag se Afrikaner bevraagteken vorige Afrikaner-sieninge aangaande sy daaglikse lewe, vrae waarmee die kerke hom nie meer mee bevredig nie, maar wel antwoorde vanuit die internet.

Dat Afrikaners non-Christene geword het, is onwaarskynlik.  Waar hy wel na die kerke toe terug sal laat beweeg, sal wees in gevalle waar hy persoonlik erg bedreigd voel, wat hom uit suiwer vrees leiding van die kerke sal van wil soek.

Jaco Fourie

  • 24

Kommentaar

  • Jaco jy som die berig goed op. Moet miskien net byvoeg dat dit 'n algemene neiging in die westerse wêreld is.

    Wat miskien ook gemeld moet word is dat mense nie in die proses onreligieus word nie. Die charismatiese kerke kry seker party van die weglopers, maar dis eerder 'n geval van mense wat steeds religieus voel en dink dat hulle nie meer deel van 'n formele struktuur hoef te wees nie.

  • Hier naby my is 'n charismatiese kerk, hulle genees glo siekes en doen allerlei dinge. Eenkeer is geadverteer hier kom 'n ou van die VSA preek wat al sewe mense uit die dood opgewek het. Nou bly ek maar weg van díe kerk, want ek wil nie tussen mense sit wat al dood was nie, mens weet nie wat kan gebeur nie.

    Hierdie week, een nag, kry hulle 'n kaal vrou in die strate van die Motherwell township buite PE. Sy sê toe sy is 'n heks en het van haar besemstok af geval. Die moontlikheid van geestesversteuring is genoem en ek wil geensins daarmee spot nie. Mens wonder egter wattter invloed al die religieë op die geestestoestand van mense het. Daar is tot duiwelskerke, voorvadergeeste-aanbidding, sangomas en heksery. Ek dink dis genoeg om baie mense deurmekaar te maak.

    Tiens

  • Beste Jaco,

    Dit wys maar net dat mense vir hulleself begin dink, en ontslae raak van die geloof in die bonatuurlike. Derdewêreldse volke is nog superstisieus, glo aan bonatuurlike magte, en daarom sal die christendom  nog by hulle groei. 
     
    Groete,
    Angus
  • Ja – dis jammer om te weet dat herlewing juis voortvloei vanuit verdrukking. Daarom dat bekerings eerder plaasvind in die vervolgde lande. Die probleem is dat menige kerkleiers en teoloë mislei word en wil hê dat die christen aan die wêreld gelykvormig moet word. Hulle verkies om eerder by die w?reldse kultuur aan te pas in plaas daarvan om ons aan te spoor om bybelse standaarde na te streef.

     

    Die ondergrondse kerk in Noord-Korea was verbaas toe hul hoor dat die kerke in die Weste ernstig vir hul bid. Hulle beweer dit is die Kerk in die Weste wat eerder gebed nodig het. Hulle bid nou weer vir ons christene wat so baie geloof in welvaart en politieke vryheid plaas en nie weet hoe om volkome op God meer te vertrou nie. Hulle meen dat welvaart verleiding gebring het  – die vermoë om geisoleerd van lyding te leef in plaas daarvan om daagliks ons kruis op te neem. Maw die kerk is vetgevreet en bly op stoele sit eerder om te veg vir bybelse waardes en standaarde.

     

    Selfs in ons tuisgemeente merk ek die invloei en uitvloei. Getalle wat jaar in en uit dieselfde bly. Maar betrokkenheid by interkerklike kampe het my iets anders geleer. Kampers kom van alle kerke en gelowe daarheen asook nie-kerk mense: Gou kon ek sien dat:

     

    Die kerk wat nie “lewe” in homself uitleef nie, sal koers verloor. Lewe word ontvang tydens wedergeboorte vanuit die Hemelse Vader. Nou eers is die vernuwe gees instaat om die stem van die Gees van God te kan hoor. Nie alle kerklidmate is waarlik lid van die Liggaam van Christus of die ware kerk nie.

     

    Kerksit beteken niks. “n Opregte en lewende verhouding met Christus, wel. Liberale aanpassings en sogenaamde “prosperity” spel gevaar. En verder is daar ongelukkig ook so iets soos die “breë” weg of die “nou” weg. Want dit beskerm die mens.

     

    Sommige kerke is besig om hul missie en fokus te verloor. Ons lees in Mark 16:15 dat Jesus Sy Heilige Gees gestuur het na die aarde om Sy Kerk “toe te rus.” ‘n Kerk wat nie volgens Gods Gees beweeg en wandel maar eerder eie dogma en rituele wil aanhang, bied vals hoop.

     

    Soos Jaco noem is daar wel kerke wat groei toon. Interessant dat baie van hulle juis wegbeweeg het van oorhoofse hoofkantore en wette, en eerder verkies om net die leiding van die Heilige Gees te volg. En aanhang wat waarlik sout en lig is. Dit is dié wat vol van die Heilige Gees oorloop van God se onvoorwaardelike liefde vir soekende en verlore mense.

     

    Nog ‘n gevaar vir ‘n kerk is om altyd sonde, slae en hel te preek. Daarom dat vele jongmense weggehardloop het. En ek praat van my eie. Wanneer jy uit ‘n diens beweeg en negatief en sondig voel, ontstel dit jou en moor skuldgevoelens jou oppad huistoe. Om ander op foute en tekortkominge te wys, verander nie die persoon nie. Jesus het dit anders gedoen. Hy het hand uitgesteek na die sondige en sieke en die mens eers aanvaar “net soos hy is”. Al voorwaarde: “Gee My jou hart.”

     

    Na verhouding en ontmoeting sal sonde met hulself afreken. Dan eers kies die wil self. Daarna sal  jy nooit weer dieselfde wees nie.

     

    Want dit wat ons as “sonde” beskou is maar net die wortels van die boom. Die grootste een is “om jou doel te mis”. En dit is: ‘n Liefdesverhouding met ‘n lewende God.

     

    Skuus Jaco – ek maak klaar. “Word dus ‘n lewende lidmaat in ‘n lewende kerk van ‘n lewende Christus!”

    Angus,

    Inteendeel - die soekende christen is juis opsoek na die bonatuurlike insprake wat die 'kerk' verloor het. Want sommige van hulle proe nog die soet smakie op die tong van dit wat verloor is ...

     

  • Ek is bly dat julle die gedagte van die Kerkafvaligheid onder Afrikaners aanhaal. Indien ek my siening hieroor op die tafel gooi sal ons eers moet begin by die uiterlike kerk. Ek sal 'n voorbeeld neem. Als lidmaat in 'n sekere kerkverband wat se preke vir my wel op Gods Woord gegrond is en voorhou dat hulle al God se gebooie wil onderhou het ek ook gesien dat dit by die mens altyd oor homself gaan. Indien ons sekere wete wil onderhou moet ons al die wette na Gods Woord (nie volgens sinode besluite van mense) onderhou. Die wat byvoorbeeld voorhou dat daar nie mense met tatoeëermerke aan die Avondmaal tafel mag deel nie, moet dan in die selfde hoofstuk lees en sien dat ons as mans nie ons baarde mag skeer, of dat ek dit so stel om jou manlikheid en omdat God self die orde daar gestel het moet ons nie 'n kaalte in ons baarde sny nie. Die kerk waarvan ek hier spreek het sover gegaan terwyl ek nie van hulle verwag om hulle baarde te laat groei nie om my te verbied en om deel te wees aan die Avondmaal, nie om redes wat werd is om iemand van die Avondmaal af te hou nie, maar omdat ek 'n baard het en dus mode in die kerk wil inbring.

    Kom ons kyk vir die eenvoud daarvan na die wisselvalligheid van die mens agter die stroom van die wêreld aan:
     In die Bybel se tyd was dit die gewoonte om baard te dra onder die Jode asook Jodegenoot. Selfs in die vroeë Christelike gemeentes was dit ook as eer asook om die gesagsorde van God aan te toon. In 'n sekere tydperk in die geskiedenis is dit die gewoonte om die baard af te skeer en daagliks in die asblik te deponeer. Eers was die mense daar teen, later was almal daar so aan gewoond dat dit as normaal beskou is om die baard in die asblik te gooi. Toe op 'n gegewe oomblik manne weer baarde begin dra om terug te keer na die ou wee wat God daar gestel het, toe is dit weer as 'n afwyking van dit normale leefpatroon gesien. In die kerk word die baard toe wêreld-gelykvormigheid genoem.

    Is wêreld-gelykvormigheid om te doen wat God in Sy Woord beveel. Is wêreld-gelykvormigheid nie juis betree toe die baard afgeskeer is nie? Op die manier hang dit dus heeltemal saam met die kultuur van 'n bepaalde periode in die geskiedenis of hulle 'n baard goed gevind het of nie. In die pruiketyd het baie van die beroemde oud-vaders 'n pruik met lang golwende haar tot op die skouers en self ook baarde gedra. Tog is daar daarmee op die preekstoel gestaan. Dit kan 'n dominee in die reformatoriese gesinde nie meer doen nie. Verander die mens dan nie agter die mode aan nie. Hy sou algemeen verset ontvang. So is daar dus veel sake wat met die kultuur in 'n bepaalde tydperk te doen het. Ek het altyd gedink die kerk is juis teen wêreld-gelykvormigheid en nou sien ons hoe dit agter die wêreld aan loop.

    Die Bybel gee in ieder geval geen verbod op die snorre en die baarde nie. Ek sou tog dink, in ons tyd van unisex, ook in die klere, dat die dra van 'n snor of baard nog so 'n bietjie die enigste middel is om jou te onderskei van die vrou en te laat sien dat jy regtig 'n man is.

    Waaroor gaan preke? Waaroor gaan geloof? Wat hou genade werk van God vir die kerkgangers in? Almal is broers van voor af, maar van agter word die 'satan van 'n broer' belaster, ja nie sy hand geneem en gehelp om volgens God Woord te leef nie. Die hele volk sien hulle self as Moses behalwe die klein handjie Leviete. Weet u waar word die Leviete gevind? "eenkant in 'n hoek op hul knieë as siek en benodig 'n geneesheer..." 

    Ek wil dit uitroep, "MY BOERE VOLK KEER TERUG TOT DIE GOD VAN JULLE VADERS." Dit is waar dat die evangelie nie in die wette onderhouding weggelê is nie, maar in die verkondiging van die verlore toestand van die mens in hom self wat ons aan die voete van die genade in Christus bring. Dit is ook waar dat as die mens nog op sy eie voete staan dat hy moet waak want sy voete is al halfpad onder hom uit gegly. Maar ons weet ook dat die wat kruip en in God se genade staande gehelp mag word nie sal struikel of val nie.

     "Ja – dis jammer om te weet dat herlewing juis voortvloei vanuit verdrukking."  Paulus het 'n doring in sy vlees, Christus het 'n doringkroon op Sy hoof gekry, het u ook dalk EEN van die dorings van Sy kroon in u vlees ontvang. Ja ek weet dit bring ongemak om vrylik te beweeg, en tog is dit nodig. Dit bring Gods ware volk aan Sy voete en leer hulle om op God te steun en te hoop.

    "Word dus ‘n lewende lidmaat in ‘n lewende kerk van ‘n lewende Christus!" Vriende, ek hoop van harte dat julle God se genade wat vir verlore sondaars deur Christus verdienste is mag ontvang. God kon Sy Gees gebruik het om 'n mens soos ek aan Sy voete te bring wat smeek om genade, ja Hy het ook bevestig dat Sy genade vir my ook is. Mag julle lewe Christus wees en  wanneer die sterwe kom wins wees.

    Wees gegroet en ontvang Christus genade
    Barend

  • Barend Smit

    Ek self is g'n Christen, en smag ook nie om 'n Christen te wees nie.

    Net 'n interessante beskouing rakend die "baard".  In die Christelike kerk is die dra van 'n baard al dan nie merendeels die gevolg van eeue oue kultuur tradisie wat verskil tussen die Weste en die Oosterse kerke

    Die antieke Grieke en Romeine het hulle gesigte kaal geskeer in hulle vereering van die liggaam.
    Die middeoosterling het baard gedra, juis as gevolg van  sy godsdiens.

    In die Weste het die Katolieke kerk, en die Hervorming daarna, se priesters en predikante hul gesigte kaal geskeer, soos oa. Martin Luther. Die leek het merendeels baard gedra as gevolg van 'n skaarste aan skeergerei.

    In die Oosterse kerke, moet priesters baard dra in na-aping van die Tempel priesters.  Een van die Russiese keisers het probeer om sy bevolking te forseer om te skeer, deur 'n baardbelasting te hef vir diegene wat baard wou dra, sonder sukses.

    Ons Boere het amper deur die bank baard gedra, maar hulle bolip kaal geskeer in na-aping van die Ou Testamentiese vereistes.

    Oor die Christelike dogma rakende baard dra al dan nie, moet jy eerder met ons verskillende Christelike Farisieers hier op SêNet gesels.

  • Goeie dag Jaco Fourie

    Ek wil ten eerste vir u baie dankie sê dat u u eie siening hieroor weergee. Ek neem nie baard as eienskap van Christen of nie Christen. Ek het sleg die baard geneem as ware voorbeeld om te toon dat die kerk nie meer gaan oor die ware Woord van God nie, maar oor die mens self. "Oor die Christelike dogma rakende baard dra al dan nie, moet jy eerder met ons verskillende Christelike Farisieers hier op SêNet gesels." In die skrywe van jou as nie Christen bewys jy twee sake vir my, (1) Die onkunde van die liefde in Christus asook (2) die genade werking van  Gods Gees. Jaco indien u die genade werk geken het sal u nie uit hoogmoed met soveel afkraak spreek nie.

    Weet u, indien een van die "Christelike Farisieers hier op SêNet " soos wat u na hulle verwys wel deur God bekeerd is, raak u God se oogappel aan in onguns. Sal u stilstaan en toekyk hoe iemand stof in u oog gooi, sal u nie u oogappel beskerm nie. Hiermee spreek ek nie 'n oordeel oor u uit nie, wie sal ek kan veroordeel terwyl ek self onder oordeel staan. Maar ek wil u vermaan om ag daar op te slaan dat u nie in u hoogmoed moet dink dat God nie alles weet nie. God ken ons gedagte nog voor dat u iets bedink. Indien u dink dat u alles weet en alles is, wie sal met u wil redetwis of reghelp.

    Indien u belangstel kan ek vir u uiteensit hoe die baarde met die Afrikaner en ook die boere verband hou. Ek kan sien dat u ook nie uit die Boere kultuur kom nie, ja u is wel 'n Afrikaner. Nou gaan u seker kyk of op die punt 'n vuishou kan inkry. Wat is die verskil tussen 'n Boer en Afrikaner... Waarom gaan die skrywe hier, om kennis uit te ruil, of mekaar sleg te sê. Ons kan elkeen ons eie siening weergee en ook nog vir mekaar in woord, daad, sienings en kultuur respek besit. Ek dink die grootste fout wat ons in die lewe besit is om ons siening op ander af te druk. dit laat my dink aan 2 wat saam 'n vuur maak, maar ook wil kyk wie se vuur die warmste is. Elkeen gooi nog meer brandstof op en spog dat sy vuur warmer is totdat...

    Die baard dra was nie as hoofpunt die "na-aping van die Tempel priesters by die die Oosterse kerke" nie, u het dit ook mis.
    Ek is ten volle bereid om my kennis en sienings met u te deel indien daarna verlang, wat u daarmee doen sal op u eie rekening tel...

    Ek groet u in die liefde van Christus genade...
    Barend

  • Angus skryf op 15 Januarie 2014.
    :Beste Jaco,
    Dit wys maar net dat mense vir hulleself begin dink, en ontslae raak van die geloof in die bonatuurlike. Derdewêreldse volke is nog superstisieus, glo aan bonatuurlike magte, en daarom sal die christendom  nog by hulle groei.
       Groete, Angus"

    Wel ek het nuus vir Angus, alle mense glo in die bonatuurlike wanneer dit kom by die ontstaan van die heelal.Selfs hy wat Angus is, moet glo dat die 'oerknal' 'n bonatuurlike  en tot dusver 'n onverklaarbare verskynsel is,waarvan die gevolge wel wetenskaplik verklaarbaar is

    .As Christen glo ek, maar ek kan dit nie bewys nie, as ek kon, hoef ek dit nie meer te glo nie, dat GOD die oorsaak 'cause' van die oerknal was.Maar die oerknal was ook eintlik nie 'Oerknal nie' soos uit die aanhaling  later,met dank en erkenning aan die skrywers blyk.

    Angus moet dus glo dat een of ander tot dusver onbekende natuurkrag die oorsaak van die 'Oerknal' was. Kan hy dit bewys, ek glo nie.Geloof moet dus 'n vertrouekomponent bevat. As Christen moet ek vertrou dat God se beloftes vervat in die Bybel, van 'n ewige lewe saam met hom in Jesus Christus, vervul sal word.

    Sou moet Angus glo en vertrou dat die wetenskap die antwoord op die vraag sal verskaf.As hy dit nie glo, waarom dan die wetenskap voorhou as synde die 'verlossing' van die glo in die bonatuurlike, te wees.

    So wat is al geskryf oor die 'Big Bang': 
     Big Bang Theory -

    The Premise The Big Bang theory is an effort to explain what happened at the very beginning of our universe. Discoveries in astronomy and physics have shown beyond a reasonable doubt that our universe did in fact have a beginning. Prior to that moment there was nothing; during and after that moment there was something: our universe.

    The big bang theory is an effort to explain what happened during and after that moment. According to the standard theory, our universe sprang into existence as "singularity" around 13.7 billion years ago. What is a "singularity" and where does it come from? Well, to be honest, we don't know for sure.

    Singularities are zones which defy our current understanding of physics. They are thought to exist at the core of "black holes." Black holes are areas of intense gravitational pressure. The pressure is thought to be so intense that finite matter is actually squished into infinite density (a mathematical concept which truly boggles the mind). These zones of infinite density are called "singularities."

    Our universe is thought to have begun as an infinitesimally small, infinitely hot, infinitely dense, something - a singularity. Where did it come from? We don't know. Why did it appear? We don't know. After its initial appearance, it apparently inflated (the "Big Bang"), expanded and cooled, going from very, very small and very, very hot, to the size and temperature of our current universe. It continues to expand and cool to this day and we are inside of it: incredible creatures living on a unique planet, circling a beautiful star clustered together with several hundred billion other stars in a galaxy soaring through the cosmos, all of which is inside of an expanding universe that began as an infinitesimal singularity which appeared out of nowhere for reasons unknown.

    This is the Big Bang theory.

     Big Bang Theory - Common Misconceptions

    There are many misconceptions surrounding the Big Bang theory. For example, we tend to imagine a giant explosion. Experts however say that there was no explosion; there was (and continues to be) an expansion. Rather than imagining a balloon popping and releasing its contents, imagine a balloon expanding: an infinitesimally small balloon expanding to the size of our current universe.

     Another misconception is that we tend to image the singularity as a little fireball appearing somewhere in space. According to the many experts however, space didn't exist prior to the Big Bang. Back in the late '60s and early '70s, when men first walked upon the moon, "three British astrophysicists, Steven Hawking, George Ellis, and Roger Penrose turned their attention to the Theory of Relativity and its implications regarding our notions of time. In 1968 and 1970, they published papers in which they extended Einstein's Theory of General Relativity to include measurements of time and space.1, 2 According to their calculations, time and space had a finite beginning that corresponded to the origin of matter and energy."

    3 The singularity didn't appear in space; rather, space began inside of the singularity. Prior to the singularity, nothing existed, not space, time, matter, or energy - nothing. So where and in what did the singularity appear if not in space? We don't know. We don't know where it came from, why it's here, or even where it is. All we really know is that we are inside of it and at one time it didn't exist and neither did we.

    Big Bang Theory - Evidence for the Theory

    What are the major evidences which support the Big Bang theory? First of all, we are reasonably certain that the universe had a beginning. Second, galaxies appear to be moving away from us at speeds proportional to their distance. This is called "Hubble's Law," named after Edwin Hubble (1889-1953) who discovered this phenomenon in 1929. This observation supports the expansion of the universe and suggests that the universe was once compacted. Third, if the universe was initially very, very hot as the Big Bang suggests, we should be able to find some remnant of this heat.

    In 1965, Radioastronomers Arno Penzias and Robert Wilson discovered a 2.725 degree Kelvin (-454.765 degree Fahrenheit, -270.425 degree Celsius) Cosmic Microwave Background radiation (CMB) which pervades the observable universe. This is thought to be the remnant which scientists were looking for. Penzias and Wilson shared in the 1978 Nobel Prize for Physics for their discovery.

    Finally, the abundance of the "light elements" Hydrogen and Helium found in the observable universe are thought to support the Big Bang model of origins.

     Big Bang Theory - The Only Plausible Theory?

     Is the standard Big Bang theory the only model consistent with these evidences? No, it's just the most popular one. Internationally renown Astrophysicist George F. R. Ellis explains: "People need to be aware that there is a range of models that could explain the observations…

    .For instance, I can construct you a spherically symmetrical universe with Earth at its center, and you cannot disprove it based on observations….You can only exclude it on philosophical grounds. In my view there is absolutely nothing wrong in that. What I want to bring into the open is the fact that we are using philosophical criteria in choosing our models.

    A lot of cosmology tries to hide that."4 In 2003, Physicist Robert Gentry proposed an attractive alternative to the standard theory, an alternative which also accounts for the evidences listed above.5 Dr. Gentry claims that the standard Big Bang model is founded upon a faulty paradigm (the Friedmann-lemaitre expanding-spacetime paradigm) which he claims is inconsistent with the empirical data. He chooses instead to base his model on Einstein's static-spacetime paradigm which he claims is the "genuine cosmic Rosetta."

    Gentry has published several papers outlining what he considers to be serious flaws in the standard Big Bang model.6 Other high-profile dissenters include Nobel laureate Dr. Hannes Alfvén, Professor Geoffrey Burbidge, Dr. Halton Arp, and the renowned British astronomer Sir Fred Hoyle, who is accredited with first coining the term "the Big Bang" during a BBC radio broadcast in 1950.

    Big Bang Theory - What About God?
     Any discussion of the Big Bang theory would be incomplete without asking the question, what about God? This is because cosmogony (the study of the origin of the universe) is an area where science and theology meet.

    Creation was a supernatural event. That is, it took place outside of the natural realm. This fact begs the question: is there anything else which exists outside of the natural realm? Specifically, is there a master Architect out there? We know that this universe had a beginning.

    Was God the "First Cause"?

     We won't attempt to answer that question in this short article. We just ask the question: Does God Exist?

    Footnotes:
    1.Steven W. Hawking, George F.R. Ellis, "The Cosmic Black-Body Radiation and the Existence of Singularities in our Universe," Astrophysical Journal, 152, (1968) pp. 25-36.

    2.Steven W. Hawking, Roger Penrose, "The Singularities of Gravitational Collapse and Cosmology," Proceedings of the Royal Society of London, series A, 314 (1970) pp. 529-548

    3..Mark Eastman, Chuck Missler, The Creator: Beyond Time and Space, (1996) p. 11.

    4.W. Wayt Gibbs, "Profile: George F. R. Ellis," Scientific American, October 1995, Vol. 273, No.4, p. 55.

    5.See http://www.halos.com/reports/ext-2003-022.pdf

    6.See http://www.halos.com/reports/arxiv-1998-rosetta.pdf and http://www.halos.com/reports/ext-2003-021.pdf; see also http://www.halos.com/reports/arxiv-1998-redshift.pdf and http://www.halos.com/reports/arxiv-1998-affirm

      In Job praat Job nege keer en daarna hou hy aan met praat, totdat God uiteindelik in hoofstuk 39 met Job praat. God begin deur Job op die grootheid van Sy skepping te wys en vra dan wat sy aandeel in dit was.

    Dan antwoord Job die Here;Job 39 vers 36:

    Job het die Here geantwoord en gesê: 37. "Ek is eintlik niks! Wat kan ek U antwoord.Ek sal my hand op my mond sit en stilbly.38.Ek het reeds te veel gesê, ek het niks meer om te sê nie".

    Daar is dus 'n tyd vir die gelowige en ongelowige om stil te bly en die wonderwerk van die skepping en ons bestaan  te bepeins en dan te erken ons weet niks nie.

  • Barend Smit

    Jy skryf: "Ek dink die grootste fout wat ons in die lewe besit is om ons siening op ander af te druk. dit laat my dink aan 2 wat saam 'n vuur maak, maar ook wil kyk wie se vuur die warmste is. Elkeen gooi nog meer brandstof op en spog dat sy vuur warmer is totdat.."

    Jy is heeltemal reg.  Ek aanvaar jou kastyding teenoor my hierbo uiteengesit, en dat dit ook in goeie gees bedoel is.

    Ek self, wil nie in enige godsdienstige besprekings betrokke raak nie, maar sal graag wil lees hoe jy en die ander Christene hier op SêNet teenoor mekaar vaar of selfs uitvaar.

    mbt "Boerekultuur" versus "Afrikaner" wees, sal ek bly wees indien jy  breedvoerig uitwei.  Daarin sal ek graag wil deelneem

    Jaco Fourie

  • Goeie dag Jaco Fourie

    Soos ek reeds aangedui het Jaco, "Waarom gaan die skrywe hier, om kennis uit te ruil, of mekaar sleg te sê. Ons kan elkeen ons eie siening weergee en ook nog vir mekaar in woord, daad, sienings en kultuur respek besit." Ek hoop dat u dit in die lig sien dat al stem ek nie saam met u of enige Christen of anti-Christen, ons elkeen vry is in sy eie siening. Ek vermaan u nie omdat ek dink dat ek beter is as u nie, want vir my is dit, "indien God vir my genade verskaf en tot kind van hom verander wat nou in Sy waarheid wil wandel, is Hy by magte om dit met enige mens te doen." As ek stil staan by wat en wie ek is, dan is ek niks uit my eie krag nie. Al stem ek nie saam met u nie, wie is ek om u te verander. Al sou ek die hele wêreld wou verander dat hulle soos ek glo of dink, sal ek nie kan nie. By dit weet ek ook dat ek onvolkome en nie volmaak is op aarde nie. Ek sien uit en verlang na dit wat ek nie kan sien met die vleeslike oog nie, ja daarop is my hoop... My aardse tentwoning is besig om af te breek, maar ek verlang na die huis wat nie met hande gemaak is nie maar ewig sal wees. Ek glo dat daar wel ander Christen skrywers is wat dit beter vir u uiteen sal kan stipuleer. Elke persoon wil seker sy eie siening verdedig om dat hy/sy ook daar aan glo. Dit is soos die leefwyse van verskillende volke. Ek weet van gevalle waar 'n klein punt (of wyn of ander alkohol by 'n troue gaan bedien word), 'n troue laat skipbreuk lei het, net omdat die bruid en bruidegom nie eensgesindheid kon bereik het nie. Moet ons kleinlik wees of is die wêreld daar om ons voor te berei vir die toekomende.

    In u skrywe vind ek, "Ek self, wil nie in enige godsdienstige besprekings betrokke raak nie, maar sal graag wil lees hoe jy en die ander Christene hier op SêNet teenoor mekaar vaar of selfs uitvaar." Ek glo nie dat dit u bedoeling is om te wil sit en toekyk hoe mense nie eensgesind is oor sake nie. U lok ons seker net uit om ons sienings te hoor. Hoekom sal ons teenoor mekaar wil uitvaar, om ons eie sienings te verdedig? Ek sal meer wil hoor hoe die ander se sienings is maar ek hoef nie in my onkunde oor 'n saak te maak of ek self die ouditeur van alle kennis is nie. Ek kan my siening vir my self hou, ek kan saam stem of nie eens wees nie, maar ek kan nog steeds ander se sienings respekteer. Dit moet nie gaan oor wie is wie nie, maar oor wat kan ons by mekaar leer, verstaan ons mekaar, en het ons ook medelyde met mekaar se swak hede. Wil ons sien hoe die ander onder golwe verdwyn, of wil ons eerder sien dat ander behoue op land kom. Ek glo, al hou 'n mens 'n front voor daar tog 'n stem is wat elkeen aanklaag.

    F C Boot
    Ek dink u het die geloof ook mooi opgesom. Geloof in Christus is waarlik genade deurdat ons gees met Gods Gees getuig dat ons God as Vader in Christus verdienste ken. Omdat dit dan genade is kan ek ook nie uit myself daarin roem nie maar alleen in Hom wat my daartoe gelei het en geloof daarvoor geskenk het!

    Medereisiger na die ewigheid, ons moet almal sterwe, ken julle die Geestelike Kerk hier na...
    Barend

  • Barend Smit

    Jy is nuut hier, en welkom van my kant. Ek hoop ons hoor nog baie van jou.

    Soos vele kere reeds deur ander hier gesê, SêNet is nie vir "sissies" nie. Hier word reguit en selfs krom, asook onbeskaamd kras teenoor mekaar gepraat. Daar is geen reëls, behalwe die deur die moderator bepaal, en jy sal agterkom dat selfs die nie veel is nie.

    Wat wel lekker hiervan is is dat mettertyd, tussen die maalstene van argumente, vele waarhede die lig sien.

    mbt Tot respek vir ander se siening, moet ek bieg dat daar wel diegene is wat se sieninge ek nooit sal kan respekteer nie, beide die persoon asook die persoon se "geprattel" (gepreuwel) nie. Met tyd sal jy wel agterkom van wie ek spesifiek van praat.

    Hier is verskeie onderwerpe wat deur die vagevuur was en steeds is: Godsdiens (die gewildste); Politiek; Ewolusie; Taal; Ondervindings; ens. Ek lees hulle almal, en moet sê dat die meeste daarvan geniet ek terdeë. Ek het selfs waarhede teëgekom wat my van sekere persoonlike sieninge laat verander het.

    Jou belangstelling blyk hoofsaaklik godsdiens te wees, met Boere politiek daarby. Indien jy jou met die godsdiens hier op SêNet wil bemoei, verseker ek jou sal jy 'n "rough ride" ondervind van beide Christene asook non-Christene, dieselfde geld vir die politiek. Dis die dat ek vir jou geskryf het ek sal graag wil sien hoe jy teenoor ander Christene hier gaan vaar of selfs uitvaar.

    Weereens vra ek jou, aangesien jy dit reeds gemeld het, verduidelik wat bedoel jy met Boerekultuur en met Afrikanerwees, want blykbaar sien jy albei nie as dieselfde nie. Omrede ek 'n ateïs is, het ek min belangstelling in godsdiens, maar wat die Afrikaner raak, stel ek beslis in belang.

    Jaco Fourie

  • Jaco

    Jy is reg dat my hoofsaaklik belangstelling in die Godsdiens in Christen wees is. U is verkeerd in die opsig dat ek in die politieke sy 'n groot belang besit. Ek het wel 'n siening waarmee jy seker nie eens is nie oor die Afrikaners en Boere wat nie dieselfde nasie is nie. Ek kom uit 'n boere geslag wat vir hul vryheid betaal het en wat moes betaal deur hul bloed. My voorgeslag is uit generaal Smit asook Andries Pretorius. Die belofte van Bloedrivier het my voorouers afgelê. Van ons boerevolk is vermoor deur die Zoeloemag. "Ons onthou graag die voorlaaiers, die Gelofte, die kakebeenwaens en veghekke ... en vergeet maklik die Bybel van die Voortrekkers. Ons vergeet hul Christelik-gereformeerde (Calvinistiese) agtergrond. In hierdie artikel gee ons weer die nodige aandag aan die Bybel van die Voortrekkers." Ek glo dat dit God was wat hulle die oorwinning gegee het by Bloedrivier. Het ons hulle so gehaat dat ons hulle kinders se koppe teen die wawielle vergruis het. Dat ons die verwonde moeders verplig het om toe te kyk hoe hul kinders se koppe verpletter word, of selfs lewendig afgeslag word? Het ons hulle vroue oopgesny en agter gelaat om dood te bloei? Dan hoef ons nie eens te praat van!

    Toe die Engelse 'n juk op ons skouers wou lê en ons geen vryheid wou gun nie, het ons voorouers vir hulle vryheid geveg. Ons boere se voorouers het nie soos lafaards teen die Engelse se vroue en kinders geveg nie. Ons het nie die hoeveelheid soldate wat die Engelse besit nie, maar ons volk het sy man gestaan. Dan was daar die verraaiers, die wat hulle self Afrikaners genoem het, wat hulle self net uit die oorlog verryk het. Hoeveel boere vroue en kinders het in die konsentrasiekampe gesterf. Sedert 1783 het Brittanje meer as 60 oorloë gevoer en slegs een verloor: Die Eerste Vryheidsoorlog met sy finale veldslag op Majuba, 27 Februarie 1881.

    My broer is vermoor in 'n plaasmoord toe hy en sy vrou van die kerk af tuis gekom het. By die huishek kon hy nie eers uitklim nie en is met 'n 'AK' geskiet sonder om te praat. Sy vrou wat in die voertuig langs hom gesit het is in die onderlyf geskiet. Toe die 3 moordenaars haar uit die kar sleep, was hulle woorde "walk your white basterd". Sy moes tot by die huis kruip om die oop te sluit sodat hulle kon neem wat hulle wou. Ons as ware boere het nie die apartheid as 'n vloekwoord ingebring nie. Gaan terug in die geskiedenis en kyk na die kapenaar en die engelsman... Gee ons vryheid en ons leef in vrede, neem ons vryheid weg en die stront sal spat. Die vryheid vegters het vir hulle vryheid geveg, waar is SA se vryheid. Mag ons ook vir ons vryheid veg? Ek hoop dat u hieruit kan agter kom wat is my gevoel en hoeveel onnodige bloed al vergiet is. Al wat ek vra is wedersydse respek.

    Ten laaste wil ek PIET se woorde aanhaal: "Die waterskeiding tussen hulle was die Groot Trek. Afrikaners het nie die Groot Trek meegemaak nie – dit trouens smalend veroordeel as “rebellie teen die owerheidsgesag van ons Britse Koningshuis.“ Trekkers is deur Afrikaners onder kerklike tug geplaas met weiering om die sakramente aan hulle te bedien. Afrikaners het nie die Bloedrivier-Gelofte afgelê nie; hulle en hulle nageslag is daarom nie daaraan gebonde nie. Hulle is derhalwe nie deel van die Verbond tussen die Boerevolk en God Drie-Enig nie; die Verbond wat herbevestig is by Paardekraal en uitgeloop het op die heerlike oorwinning op Majuba. DIT IS DIE VERSKIL TUSSEN ‘N BOER EN ‘N AFRIKANER.
    Het die Boer dan vergeet hoe dit sal wees om hom self te regeer en nie voor gesê word deur enige ander volk nie? Wees darem trots en sê dit met reg dat jy ‘n Boer is. Bring dan ook jou kant. Moet nie negatief wees nie, as elkeen ook net ‘n idée kan bydrae en dan bereik ons alreeds iets. Ons moet ook dan begin doen.

    Ek sal ook net graag wil sien dat daar net een geloof onder die volk is en dat daar nie ‘n groep is wat hom wil stel bo ‘n ander groep nie. Hierdeur wil ek dan al die groepe, gemeentes of organisasies by mekaar bring sodat daar eenheid kan wees onder die volk. Glo my, dit kàn gebeur!!! Ek weet. As lid van die volk is jy ‘n Boer – en jy is uit hierdie identiteit uit bedrieg – ‘n identiteit waarop jy en jou nageslag die volste reg het, ‘n identiteit wat (weens die Verbond wat daaraan gekoppel is), heerlike beloftes inhou aan hulle wat ‘n verbond met die Drie-Enige God in stand hou! Eis daarom vandag nog jou identiteit as Boer terug; en weier om verder as Afrikaner, wat in sovele opsigte ‘n smetnaam geword het, bekend te staan – laat ons as volk eerste stap op die weg terug na vryheid."

    Met boere groete, die dag van ons HERE kom ...

    Barend

  • Barend Smit

    Dankie vir jou respons.

    Ek respekteer jou siening, maar soos jy daar sê, kan ek dit nie met jou deel nie.

    Net 'n paar observasies.

    Die Boere en Afrikaners (volgens jou definisie) het hierdie land sedert die Engelse Oorlog so heen en weer deurtrek dat weinig kan vandag se wie is van Boer en wie is van Afrikaner-afkoms. Die meerderheid dra nie eers meer kennis van sy voorgeslag verby sy oupa nie. Vandag se persoon wat homself "Boer" noem, is 'n persoon wat dit sy eie vasbeslote KEUSE gemaak het, ofskoon sy voorouers Boere of Afrikaners was, om in te val met sy huidige politieke sieninge, soortgelyk aan joue. (Terloops, sowat 14000 Kaapse Afrikaners het aan die kant van die republieke geveg. Waar staan hulle in jou siening?). (Nog 'n terloops. Dawid Hermanus Fourie wat saam met Piet Retief gesterf het, was my oupa, se oupa-grootjie. Ek stam direk van hom.)

    Ek weet ek is van Boerse afkoms. Ek weet ook, voor dit was my mense as Voortrekkers bekend, voor dit as Hugenote, voor dit Katolieke Franse. Selfs voor dit as Dauphinese en voor dit as Allemani. Wat ek probeer sê is dat tyd nie stilstaan nie. Ek wat vandag as Afrikaner heet, sal miskien oor 100jr van nou af iets anders heet. Jou wêreld en psige is gevries in die geskiedenis van die Voortrekker en Boere-republieke. Voor hierdie geskiedkundige tydperk was jou voorouers, voordat hulle vanuit die Kaap getrek het, ook Afrikaners volgens jou definisie, gewees.

    Mbt jou wens dat alle "Boere" weer in die Calvinistiese kamp ingeprop moet word, kan ek jou verseker dit is 'n pypdroom. Die Afrikaner / Boer is so onder die verskillende godsdienste en non-godsdienste ingedeel, dat daar geen kat se kans is dat daar so iets soos 'n "Volkskerk" ooit weer sal kan bestaan nie.

    Die voortbestaan van jou konsep van "Boer" in hierdie land sal alleenlik kan slaag indien hulle die pad van die "Amish" van die VSA volg.

    Jaco Fourie

  • Jaco

    Ja Jaco ek hoor jou siening en ook dat jy punte daarin sien soos "Mbt jou wens dat alle "Boere" weer in die Calvinistiese kamp ingeprop moet word, kan ek jou verseker dit is 'n pypdroom." Lees my gedeelte mooi dan sal jy opmerk dat ek slegs meegedeel dat "Ons vergeet hul Christelik-gereformeerde (Calvinistiese) agtergrond." Dit smaak my dat u nie van die smaak hou nie. Ek het wel raad in die geval, jy mag knaag aan wat jy van hou, ek hou van die smaak en sal dit as voor, hoof, of nagereg kan eet. Elk een van ons maak keuses in die lewe waarvoor ons self verantwoordelik is en verantwoordelikheid moet aanvaar. Ek is 'n Boer en is trots op my voorgeslag. Ek kan nie waarvoor met bloed betaal is net weggooi nie. Ek wil u ook nie verander om u self 'n boer te noem nie, u kan maar 'n Afrikaner wees en indien dit vir u plesier verskaf neerkyk op die klein handjie vol boere wat nog oor is. Sal ek die hoop verloor asook my God verloon omdat ander dit wil... Dit is goed en mooi dat jou familie van die boere afstam, maar jy moet self jou eie keuse maak, jy slaap tog onder die beddegoed wat jy self uitgekies het... Dink jy regtig dat "Die voortbestaan van my konsep van "Boer" in hierdie land alleenlik sal kan slaag indien ons die pad van die "Amish" van die VSA volg." Ons God waarvoor ons weer moet neerbuig en waartoe ons moet terugkeer kan redding en uitkoms gee. By my kom eerste, Jesus Christus en Christenskap nie om 'n Boer te wees nie. Jy het volgens jou eie woord tog God en Christus verwerp en sodanig verag jy dan ook die Heilige Gees wat van Christus uitgaan.

    Weet u dat die mens hom self verhinder om 'n Christen te word. Wie verhinder jou om 'n boer in murg en been te wees... As jy van harte glo in die genade van Christus, wie sal jou verhinder of afwys sonder om self veroordeel te word. Maar elke mens sal deur sy eie woorde veroordeel word. Die selfde geld ook vir die wat in hul hart als boer leef, wandel en God wil eer.

    Vriend, vriend ek hoop dat God jou self sal toon dat Hy werklik bestaan en Sy heil vir Sy volk self in Christus bewerk. Geen mens sal 'n standvastige mens wat in hom self glo kan oorreed nie!

    Barend

  • Barend Smit.

    Jy skryf: "u kan maar 'n Afrikaner wees en indien dit vir u plesier verskaf neerkyk op die klein handjie vol boere wat nog oor is".

    Wees verseker. Ek kyk werklik nie "neerhalend" op diegene wat soos jy dink nie. Ek is van mening dat elkeen geregtig is om sy eie heil in die lewe uit te werk. Ek sal wel verregse groeperinge wat hulle menings en sieninge op die breër Afrikanerdom wil afdwing, die "gekkegrens" van Afrikanerdom noem.

    Behalwe vir Dan Roodt, kritiseer ek nie die ander verregse leiers nie, want vir my is hulle opreg in hulle sieninge en begeertes, en ek respekteer hulle daarvoor, alhoewel ek ver van eenstemming met hulle is. Inteendeel. Ek het baie vriende onder hulle, en ons bly vriende nieteenstaande 'n hemelsbreë politieke en godsdienstige verskil onderling. Ek het selfs van hulle politieke byeenkomste saam met hulle al bygewoon, oa. die Suidlanders. After all, hierdie mense is my volksgenote, Max du Preez ook, al verskil ek ook hemelsbreed met hom. Ek beskou jou ook as my volksgenoot, alhoewel jy my nie in dieselfde lig sal wil aansien nie.

    Die verskil tussen ek en jy, is dat ek almal "inklusief" wil aansien. Jy wil "eksklusief" bepaal wie en wat "Boer" is, die res "Afrikaners". Gestel ek en jy is bloedbroers, en dit gebeur wel in die praktyk, sal jy my nog as jou broer wil aansien, wetend wat ek is, of sal jy my verwerp omrede ek nie aan jou "Boer" vereistes voldoen nie?

    Ek benader die lewe pragmaties. Wat ek weet onmoontlik is om te vermag, gaan ek nie my kop onnodig vasstamp nie, en nie dienooreenkomstig verder aanbeweeg nie. As voorbeeld. Dat 'n onafhanklike geografiese Afrikaner of selfs Boere volkstaat tot stand kan kom, weet ek is 'n onmoontlikheid, dus aanvaar ek sodanige feit. Die feit dat NIEMAND die haalbaarheid van sodanige volkstaat selfs kan uitredeneer nie, is feitlike erkenning deur almal dat dit nie gaan gebeur nie. Ja. Ander alternatiewe is wel moontlik.

    Al was ek 'n Christen. Om te verwag dat God uitsluitlik vir die Boer gaan intree ten koste van Sy Christen volgelinge van ander rasse, is voorbarig (onthou die Ethiopiër wat gedoop was, was swart!). Jy behoort eintlik te jubel saam met die hemelse engele dat die moordende barbaarse heidene van Bloedrivier se afstammelinge vandag aanbiddende Christene is.

    Dat ek die pad van die Amish as moontlikheid aan jou uitgewys het, was goed bedoel. Jy self erken dat hulle wat soos jouself dink, maar net 'n handjievol oor is. Lees op hoe die Amish vir meer as 200 jaar bestaan. Hulle klein gemeenskappe leef in vrede binne 'n baie groter gemeenskap, en nieteenstaande sosiale druk, behou hulle hulle unieke vorm van taal, godsdiens en leefwyse. EN die breër gemeenskap aanvaar hulle ook vir wat hulle is en waarvoor hulle staan, en los hulle in vrede uit. Inteendeel. Jy sal prente van jong mans sien wat met baard en hoed rondloop en vrouens in Voortrekkerdrag en kappie, en dit in die VSA! Hulle taal is na aan Hollands wat hulle tot vandag steeds gebruik.

    Jaco Fourie

  • Dag Jaco

    Dit is 'n nuwe dag, nuwe week en ek weet nie wat die dag of week gaan oplewer nie... Jy skryf " jy kyk werklik nie "neerhalend" op diegene wat soos ek dink nie." Dit is met ander woorde in die goeie gees wat u my uitgehoor het. Ek wil u ook verseker dat net soos ek weet dat ek geen mens kan verander, ek ook nie vir u bepaal in watter groep u moet wees nie. My opmerking kom omdat ek vind dat mense altyd in hulself verhoog wil wees en neersien op ander. Die lewe van elke mens draai om sy eie as!

    Indien u my beter leer ken sal u agterkom dat om te weet dat ek 'n boer in murg en been is my nie 'n beter mens maak as my landgenote nie. Ek is ook nie geseënd met groot wysheid nie, daarom het ek self ook nog genoeg om te leer en nederig te wees. Ek het selfs vriende uit die Nederlandse kringe, maar ons het respek vir mekaar se standpunte. Al wat my eis is, wedersydse respek. Moet my ook nie belieg of bedrieg nie. Vir my is die grootste en belangrikste die lewe hierna.

    My verwagting is nie dat God slegs vir die boere 'n God is nie. Ek weet dat daar 'n groep is wat glo dat hulle die Israel van ouds is en daarom die enigste volk met genade. Die God wat ek dien is vry om Sy genade te skenk vir wie Hy wil. Daarvan getuig Sy Woord... Ek moet as saaier die saad saai maar kan nie wasdom gee nie. Ek is 'n mens met vlees en bloed nes u, kan ek my dan beter ag uit my self. Ek het slegs een saak om op te roem, in Christus genade... Ek dank God ook vir elke persoon, blank, nieblank, of watse ras wat God se genade mag leer ken. Dit hou self ook in dat so persoon en ek veel het om oor te praat en vir mekaar mee te deel. Alhoewel ons dan in veel sake een is, is daar tog verskille waarin ons mekaar respekteer.

    Ek moet erken ek het geen kennis oor die Amish. Ek sal wanneer tyd het naslaan, dankie vir die inligting... Graag sal ek ook in vrede met my naaste wil lewe sonder om te wonder wie is die volgende boer wat vermoor word. Of moet ons leef soos Oranje, in ons eie gemeenskap?

    Kan u vir my uiteensit wat u glo hierna, indien u sterf, het u liggaam 'n siel of anders gestel 'n gees. Is dood net dood by u sonder om vir iets te verwag. Of sien u 'n lewe na die lewe en hoe kom 'n mens daartoe... Wat is die doel van die mens se lewe dan op aarde na jou siening. 

    Barend

  • Barend

    Dankie vir jou mooi brief. Dit word hoogs waardeer.

    Jou eerste vraag: " Of moet ons leef soos Oranje, in ons eie gemeenskap"?

    Die ou gesegde van "soort soek soort" bly waar. Elkeen huisves hom waar hy gelukkig gaan wees. Diegene met rykdom, tussen die rykes. Armes saam met armes. Blankes wat 'n premies daarop het, in hoofsaaklik blanke gebiede, dieselfde geld vir swartes. Diegene, soos in Orania, waar hulle uiting aan hulle taal en kultuur, amper outonoom, kan uitlewe. In die toekoms sal daar wel nog ander "Oranias" opspruit. Die Amish leef ook soos die Oraniërs in afsonderlike gemeenskappe. Diegene wat 'n hoe premie op hulle Boerwees huldig, kan soortgelyk doen, hulle eie gemeenskappe vestig.

    Jou tweede vraag: " wat u glo hierna, indien u sterf, het u liggaam 'n siel of anders gestel 'n gees. Is dood net dood by u sonder om vir iets te verwag. Of sien u 'n lewe na die lewe en hoe kom 'n mens daartoe... Wat is die doel van die mens se lewe dan op aarde na jou siening.

    Ek huldig die volgende siening:

    1. Net soos ek voor my geboorte nooit 'n bestaan gehad nie, soortgelyk, na my afsterwe sal ek in der ewigheid daarna geen bestaan hê nie.

    2. Ek sien nie dat daar 'n doel vir alles moet wees nie, wat die lewe ook insluit. Die feit dat daar 'n paar jaar gelede 'n groot tsoenami honderdduisende mense uitgewis het, het nie 'n doel nie. Dit het gebeur as gevolg van 'n wanbalans in die natuur. Dieselfde geld vir aardbewings, vuurspuwende berge, siklone, ens. waar mens, dier en plantegroei vernietig word sonder enige seleksie wat en wat nie vernietig gaan word nie. Met elke natuurramp sterf gelowiges en ongelowiges saam. Nou my logika se vir my. Indien daar 'n God is, behoort hy se volgeling teen rampe en onheil te beskerm, en dit gebeur eenvoudig nie, wat vir my se dat God 'n mite is (nie lelik bedoel nie).

    Hierbo is maar 'n simplistiese uiteensetting.

  • Jaco, dankie vir jou simplistiese uiteensetting.

    Ek hoop nie jy neem my kwalik indien ek vrae stel om beter te begryp hoekom of waarom jou siening anders is nie. Ek glo dat jy sal insien dat ek jou nie in 'n hoek wil dryf nie maar meer te wete wil kom van jou en ander wat soos jy glo. Ja ek kan uit die Bybel en selfs uit wonders wat ek ervaar probeer om jou anders te oortuig, maar ek weet dat dit nie in my as mens is om iemand te verander nie. Ek glo wel dat God by magte is om self jou te verander in alle opsigte indien dit Hom behaag, Hy kon my verander het en buig nog daagliks aan my gees.

    Kom ons stel dat die aarde en alles op stelselmatig ontwikkel is uit niks ... Want in die begin moes daar tog niks gewees het of sien ek dit nou verkeerd? Verduidelik dan vir my so kortliks hoe het die wêreld, en sterre dan ontwikkel. Die eerste lewende wese wat geleef het, hoe het die dan ontwikkel ... Ek kan nie begryp dat die ontwikkeling sonder die bestuur van 'n Hoërhand plaasgevind het nie.

    Kan u ook dalk vir my verduidelik wat bestuur die lente van die menslike lewe, hier sterf 'n kind met geboorte sonder om die lewe te geniet het of selfs die aarde te gesien het, daar sterf 'n ou man wat ander vermoor het en self net tot smaad van ander mede mense daar was. Is die aarde dan net onreg, dan is dit vir die wat 'n dood by geboorte is en vir die ouman wat onregverdig is tog veel beter as vir die ellendige man wat glo in reg en geregtigheid en veel smart op aarde beleef het. Kan jy dalk hieruit sin maak vir my as mens.

    Ek wil graag iets met jou meedeel wat menslik nie verstaanbaar is nie, maar wat ek kan glo omdat ek Christus gesien het as uit Sy wil en genade. God se volgelinge sien uit na die toekomende al het hul alle ellende hier op aarde. Menslik is Sy volgelinge ook, hul streef ook daarna om in vryheid op aarde te lewe en ook iets vir hul nageslag na te laat. Maar hul grootste skat is nie hier op aarde nie!

    Kom ons deel ons gedagtes soos broers...

    Van u christen medereisiger,
    Barend

  • Barend

    mbt. Oorsprong van alles, kan ek as onkundige mens op sodanige vakgebied (Ewolusie vs Skepping) dit nie met jou sinvol sal kan debatteer nie. Die sal jy eerder met sodanige geleerdes hier op SêNet moet doen. Wat ek wel kan bysê, is dat die Bybelse weergawe daarvan, so vol weersprekings is, dat dit in sigself vir my onaanvaarbaar is om te kan aanvaar (bv. die son wat dae en aande bepaal, eers later geskep is, alhoewel die Bybel reeds van die eerste aand en eerste dag praat). Die honderd en een redenasies om hierdie en ander weersprekings in die Bybel in perspektief te probeer plaas, oortuig my geensins nie. Gevolglik, wel 'n pragtige boek, behels dit vir my geen goddelike openbaring nie. Met dit in ag geneem, enige stelling wat aan my gesê word, die Bybel sê jy moet so doen of jy mag nie so doen nie, het geen uitwerking in my lewe, soos dit die geval met jou as gelowige sal he nie.

    Ek het vanaf 'n Christen tot ateïs geword as gevolg van die volgende, en glad nie as gevolg van geloof of kennis in die ewolusieleer, waarvan my kennis beroerd is nie.

    1. Soos reeds genoem, die weersprekings in die Bybel.

    2. 'n Verandering van 'n wraaksugtige God (die Ou Testament) tot 'n liefdevolle God (die Nuwe Testament), en dan weer as 'n wraaksugtige God met die wederkoms. 'n God behoort nie wispelturig te wees nie.

    3. Die feit dat die mensdom onder duisende gelowe ingedeel is waar elkeen aanspraak maak sy God is die enigste God. Mbt Die Christendom, die self is in honderde sektes ingedeel. Nou as God enige sin van empatie gehad het, sou hy dit met die mensdom DUIDELIK uitklaar waar die waarheid le.

    4. Die ewigheid voor ek gebore was, het ek nie bestaan nie, GLAD NIE, selfs geen "gees" gehad nie. Na my heengaan, gaan ek weer glad nie meer bestaan nie, ook sonder "gees" tot in ewigheid in die toekoms nie.

    5. Met natuurrampe wat veroorsaak dat honderdduisende mense sterf, is daar geen uitsondering wie geraak of nie geraak word nie. Dieselfde onheil tref gelowiges asook ongelowiges. Veral dit is wat vir my sê daar is geen God nie.

    Jy skryf: "Kan u ook dalk vir my verduidelik wat bestuur die lente van die menslike lewe, hier sterf 'n kind met geboorte sonder om die lewe te geniet het of selfs die aarde te gesien het, daar sterf 'n ou man wat ander vermoor het en self net tot smaad van ander mede mense daar was. Is die aarde dan net onreg, dan is dit vir die wat 'n dood by geboorte is en vir die ouman wat onregverdig is tog veel beter as vir die ellendige man wat glo in reg en geregtigheid en veel smart op aarde beleef het. Kan jy dalk hieruit sin maak vir my as mens".

    My beskouing is, is dat daar geen God of Satan bestaan nie. Die een vir goed en die ander vir sleg nie Omtrent alle godsdienste is geneig om oorsake, goed of sleg, aan die en of die ander te koppel.

    Soos ek die lewe beskou is dat alle positiewe of negatiewe gebeurtenisse aan 'n steuring in balans veroorsaak word. Voorbeelde: 'n berg oorhang is in balans. In verhouding met sy gewig en verspreiding van sy "centre of gravity" en die aarde se aantrekkingskrag, is daar geen steuring nie. Die weer verweer die oorhang, en die "centre of gravity verskuif om balans te probeer handhaaf, maar 'n punt word bereik wat dit nie meer kan doen nie, en die oorhang breek af (wanbalans) en rol die berg af as 'n rots totdat dit tot stilstand kom, en balans weer gehandhaaf word in 'n ander vorm. Geen God of Satan het dit veroorsaak nie.

    Dieselfde met die vorige groot tsoenami waarin honderdduisende mense se lewe binne dae be-eindig is. Voor dit was daar balans. Die mense gelowiges en ongelowiges het vreedsaam die lewe geniet. 'n Aardbewing (wanbalans) op die seebodem veroorsaak dat die see daarin eers wegsak, en dan uitspuit. Die see trek eers van die strand terug, maar met die uitspuit uit die aardbewingkraak, bou die see hoogte op wat weer na gelykheid, dws seevlak (balans) soek, met die gepaardgaande oorstroming van die betrokke lande en die dienooreenkomstige lewensverliese, ongeag godsdienstiges al dan nie. Geen God of Satan was daarvoor aanspreeklik nie.

    Ek sou jou voorbeelde hierbo, soortgelyk sal kan ekstrapoleer. Gebeurtenisse, sleg of goed, wat plaasvind as gevolg van 'n steuring in die balans, wat balans weer soek.

  • Beste Jaco

    Jy laat my vanaand baie bedroef en op my knieë met 'n besef dat ek waarlik uit my self ook soos jy sou geglo het indien God nie self as Middelaar vir my 'n veranderde hart geskenk het nie. Ek besef ook weereens dat ek net 'n mens is soos jy wat jou eerlike mening hier weergee. Was daar meer mense wat soos jy nie skaam is om  hul eie siening weer te gee nie. Ons menslike geslag is oor die algemeen skynheilig en kruip agter die meerderheid weg of loop soos 'n stroom water, elke druppel agter die stroom aan. Ek gaan nie hier vertel wat God aan my gedoen of waardeur ek als gelei of onderrig is nie. Indien dit die Here behaag sal Hy hom self aan jou vertoon, dan sal jy my nog kan onderrig... Ek kan jou of niemand oortuig nie, maar ek weet wat Hy aan my gedoen het.

    Jammer sal later meer klets...

    Beste wense
    Barend

  • Barend

    Dankie dat ons ons gesprek op 'n vreedsame wyse saam  kon afhandel.  Ek wens jou alle voorspoed en geluk in jou jare vorentoe.

  • Naand Jaco, Ek mis dit om in die aand te skryf en lees wat jou sienings in die lewe is, dit klink seker snaaks, maar ek hou van mense wat staan  vir wat hul glo. Ek het vir my Christen vriende nou iets geskryf en hoop dat hulle daarop reageer. Jy kan gerus ook die plek dophou of aan my kommentaar gee, https://www.litnet.co.za/Article/brief-wie-dien-u-in-die-kerk-wereld-god. Ek weet nie wat se geveg daar dalk kan ontstaan nie, dit kan ook wees dat jy jou plek in die span teen my sal vind, maar as jy so oor die versier sien dat dit ek is, gaan haal dan maar die water kanon dat jy my nie vol gate skiet nie ... Hi, hi, gelukig weet ek dat jy my darem nog nie haat nie, maar weet dat ek regtig meer van jou wil weet, onthou jy is geregtig op jou sienings, ek ook op myne, dit is nie te dink dat myne reg is nie, maar dit is ekke ... Groete en kom veg saam met my vir ons boere volk, as jy wil kan ons die reëls daarvoor deel... Ek weet tog dat jy diep in jou hart 'n boer net soos ek is, baie murg en been met eie sienings en gedagtes.

    Beste wense
    Barend

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top