Beste Wouter,
In antwoord op my skrywe oor "Oorlog en Christelike etiek van 16.09.2013 kom jy voor met hierdie stelling op 18.09.2013: Kan die Koue Oorlog dien as ‘n verskoning vir Apartheid?
Destyds was ek van mening dat dit beslis die duur van Apartheid bepaal het, nl die ontkenning van die swart stem en negering van gepaardgaande swartmag. Die argument van destyds was dat die swart proletariaat sou stem vir die ANC wat weer onder die leiding en beheer van die Suid-Afrikaanse kommunistiese party was, en lg was bestuur deur Moskou.
Hierdie argument het ook seker byval gevind by die VSA weens Suid-Afrika se strategiese minerale, en die feit dat die regse- christelike regering van die NP so na aan die smaak van die Republikeinse Party moes wees. As hierdie selfde NP-regering enige sosiale-demokratiese eienskappe getoon het, soos die Allende-regering in Chile, sou die VSA met hulp van die CIA gesorg het dat hulle die trekpas kry. Dus my argument gaan oor die feit dat die Koue Oorlog ‘n belangrike, hoewel, nie-sigbare rol gespeel het in die instandhouding van apartheid. En eers na die val van die Soviet-Unie kon Suid-Afrika dit waag om die ANC en die SKP te ontban. Interessant genoeg wou die Waarheid en Versoening Kommissie nie hierdie konsep van die invloed van die Koue Oorlog oor Suid-Afrika se politiek aanvaar nie.
Dit het ook Brittanje uitstekend gepas dat daar ‘n sterk wit regering in Pretoria aan bewind sit om Britse investering in die land te beskerm.
Graag hoor ek jou idees oor hierdie uiteensetting van my hoewel jy moontlik aan ‘n heel jonger geslag as ek behoort, en dus nie saam met hierdie geskiedenis geleef het nie.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys


Kommentaar
Hello Pieter,
Beste Wouter,
Dankie vir jou uitstekende antwoord op my vraag, en vir jou uiteensetting van daardie stukkie geskiedenis.
De Klerk se verklaring vir die mislukking van Apartheid is helder en duidelik vir almal om te verstaan.
Dus het die Koue Oorlog wel 'n rol gespeel in die duur van Apartheid, nie in die ontstaan of vorming van daardie ideologie nie, maar later diens gedoen as strategie en verskoning om 'n swart meerderheid weg te hou van politieke mag weens die vrees vir kommunistiese invloed. Eers na die val van die Sovjet- Unie kon die swart meerderheid se politieke aspirasies akommodeer word.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Pieter,
Ek is 'n harde Afrikaanse Suid-Afrikaner. Die persone wat hier skryf oor hul menings, sê ek baie dankie voor. My siening is dat hulle nou oorgegee het aan 'n kommunistiese barbaarse regering. Doen ons nie dalk die fout om te veel in die verlede te leef nie? Wat van ons kinders en hul nageslag? Nee, die VADER het hierdie land aan ons voorvaders gegee, en kan ons nie Suid-Afrika red nie, en ons eie bestaan? Of moet ons soos draadsitters, oorgee en vlug vir barbaarse optrede?