Kan die Koue Oorlog dien as ’n verskoning vir Apartheid

  • 4

Beste Wouter,

In antwoord op my skrywe oor "Oorlog en Christelike etiek van 16.09.2013 kom jy voor met hierdie stelling op 18.09.2013: Kan die Koue Oorlog dien as ‘n verskoning vir Apartheid?

Destyds was ek van mening dat dit beslis die duur van Apartheid bepaal het, nl die ontkenning van die swart stem en negering van gepaardgaande swartmag. Die argument van destyds was dat die swart proletariaat sou stem vir die ANC wat weer onder die leiding en beheer van die Suid-Afrikaanse kommunistiese party was, en lg was bestuur deur Moskou.

Hierdie argument het ook seker byval gevind by die VSA weens Suid-Afrika se strategiese minerale, en die feit dat die regse- christelike regering van die NP so na aan die smaak van die Republikeinse Party moes wees. As hierdie selfde NP-regering enige sosiale-demokratiese eienskappe getoon het, soos die Allende-regering in Chile, sou die VSA met hulp van die CIA gesorg het dat hulle die trekpas kry. Dus my argument gaan oor die feit dat die Koue Oorlog ‘n belangrike, hoewel, nie-sigbare rol gespeel het in die instandhouding van apartheid. En eers na die val van die Soviet-Unie kon Suid-Afrika dit waag om die ANC en die SKP te ontban. Interessant genoeg wou die Waarheid en Versoening Kommissie nie hierdie konsep van die invloed van die Koue Oorlog oor Suid-Afrika se politiek aanvaar nie.

Dit het ook Brittanje uitstekend gepas dat daar ‘n sterk wit regering in Pretoria aan bewind sit om Britse investering in die land te beskerm.

Graag hoor ek jou idees oor hierdie uiteensetting van my hoewel jy moontlik aan ‘n heel jonger geslag as ek behoort, en dus nie saam met hierdie geskiedenis geleef het nie.

Beste groete,

Pieter Redelinghuys

  • 4

Kommentaar

  • Hello Pieter, 

     
    Wat 'n moeilike vraag is hierdie nie, maar hier volg hoe ek die legkaart vir myself voltooi het. Vir my is die oorsprong van apartheid te vinde in die volgende: 
     
    Isaiah Berlin verwys in 'n studie van hom na Herder en neem ek die volgende gedagtes daaruit: 
     
    Die Utopie van die Volk, gebaseer op grond en taal.
     
    In 'n sekere tydvak in Europa se geskiedenis was daar 'n tendens om Europa in 'n Franse gemeenskaplike gebied te laat ontwikkel. Johann Gottfried von Herder veg teen dit en kom vorendag met die volgende as die anti-utopiese-denke wat ontwikkel word om die verheerliking van die Volk te formuleer en voer ook aan dat die idee as pluralisties beskou moet word, oop vir enige volk wat dit wil aanneem en ontwikkel. 
     
    Die Volk was dus nie net beperk tot die 'Duitse staat' nie. Ander nasies is ook aangemoedig om die idee te aanvaar en te ontwikkel en 'n formulering van hulle eie 'Volkstum' te verwoord. 

    Herder se weergawe van kulturele nasionalisme het ook verraderlike gevolge in 'n politieke konteks. Herder se idees is dan aangeneem deur verskeie  minderhede in die magtige Habsburgse Ryk en daarmee die grondslag vir die strewe na ontbinding van daardie bestel. Herder se denke bied dus die samesnoering van 'n groeter Duitsland tesame met 'n aftakeling van die gesag van moontdhede soos die Habsburg Ryk. 

    Hierdie bevestig dan die volgende:

    This place Herder as a precursor of the militantly völkisch thinkers of the nineteenth century, and those thinkers themselves generally saw Herder in that light, ignoring the inconvenient aspects of his thought for the sake of his supreme merits as the founder of the cult of das Volk. And that cult culminated in the most ghastly of all Utopias.

    Daardie kultus van utopie woed hom self later uit in Suid-Afrika in die volgende terme:In 1936, a group of Afrikaner nationalist ideologues, Dr. N. Diederichs, Dr. P.J. Meyer, and Dr. A. Cronje, worked out a general nationalist program for South Africa. Not merely would the Afrikaner volk have its own land, but so would every other volk in all South Africa, and every other volk would be encouraged to be as proud of its own identity and traditions as the Afrikaner volk already was. This benevolent conception, when put into practice twelve years later, became known to the world as apartheid.In the South African case nationalism-as-theory was a facade: the reality was Afrikaner nationalism, as a driving feeling.

    Daarom dan, apartheid is gebore in Suid-Afrika met die Afrikaner as die skepper daarvan, 'n rassistiese ideologie wat in 'n politieke bestel verhard het. Maar die winde van verandering het die hardkoppige Afrikaner tog gepoog om bogenoemde projek te laat versnel. Die projek van 11 nasies, die dagdroom en nagmerrie van die gemenebes van nasies. Die “gemenebes van soewereine state” of ’n “konfederasie van Suid-Afrikaanse State”. Hierdie is sommige hier se idee van demokrasie met die hardhandige verskuiwing van 'n groot persentasie van die meerderheid bevolking om die utopie van volk en taal te laat realiseer.

    Hieraan klou Jan Rap vir al wat hy werd is. 

    Daardie verstokte ideologie is die nekslag gegee met die nederlaag van Nazi-Duitsland, die desegregasie van die Amerikaanse Suide in die 1960's, en die vestiging van demokrasie in Suid-Afrika wat bevestig het dat regimes wat gebaseer is op biologiese rassisme of dan die kulturele essensialistiese ekwivalent is 'n ding van die verlede. Behalwe weereens vir 'n paar wat nog steeds die stryd voer vir dit. 

    Tesame met Aparheid wat nie in isolasie geskied nie, moet daar dan na jou vraag oor die Koue Oorlog en die wisselwerking daarvan met Apartheid gekyk word. 

    Bogenoemde bevestig alreeds vir my dat dit nie as 'n verskoning gebruik kan word nie, maar gaan die res van die brief poog om 'n antwoord te bied op die wisselwerking tussen die twee entiteite. 

    Daar word gefokus op Afrika. 

    Van die argumente formuleer deur die historici voer aan dat die gewildheid van sosialisme en die vennootskap met Kommuniste na onafhanklikheid in die konteks van die kolonies was 'n manier om die nuut bevryde kolonies te beskerm teen die idees en die ekonomiese praktyke van die Weste, die vorige 'meesters'. 

    Die ironie is dus dat dit eerder 'n verdedigende maatreël as 'n revolusionêre een was. 

    Hierdie dan die prys betaal weens die vergrype gedurende die koloniale tydperk. 

    Dit verklaar dan hoekom die Sowjetunie meer dikwels "genooi" was vir deelname in hierde bevryde lande as wat die Amerikaners betrek is en eerder gesien is as onderdrukkers uit die Weste. 

    Hierdie ideologiese drukgang van Washington versus Moskou volgens het dan as effek in hierdie state 'n stryd oor watter rigting die samelewing in hierdie state, die nou onafhanklike state sou ontwikkel en was die konflik dan tussen hierdie twee strominge, kapitalisme versus kommunisme en is die wisselwerking tussen die bevryde state en die twee moonthede veel meer kompleks as wat ek die kennis het om dit te kan beskryf hier. 

    Histories was Suid-Afrika deel van Brittanje se Statebond en was die kant wat Suid-Afrika sou kies 'n uitgemaakte saak, alhoewel Apartheid goed op dreef was en apart van hierdie eksterne faktore ontwikkel het. 

    Dit is duidelik dat Apartheid is nie 'n antwoord op die gevaar van Kommunisme en is dit 'n interne aangeleentheid maar deel van die groter kwessie van kolonies.  

    Maar teen die 1960's het die totstandkoming van hierdie nuwe state die wedywering tussen die supermoondhede verskerp en is dit veral die Algerynse vryheidsbeweging, 'Front de Libération Nationale' se sukses, en wat Comestor nagmerries gegee het, wat aanvaarding en legitimiteit verleen het aan hierdie strewe na onafhanklikheid en ondersteuning bied aan 'n verskeidenheid van bevrydings bewegings. 

    Comestor het rede vir sy vrese en bied die sukses van Front de Libération Nationale stukrag aan die toenemende belangrikheid van die African National Congress in Suid-Afrika, Al Fatah in die Palestynse diaspora, en ander soortgelyke groepe in Angola en Oos-Timor in die internasionale tydperk van dekolonisasie na 1962. 

    Hierdie rewolusie van dekolonisasiegee vorm aan die 'post-Koue Oorlog wêreld' en kan daar nou gekyk word na die gebeure hier op ons grens.

    Net soos Suid-Afrika deel was van die Statebond en 'n natuurlike vennoot teen Kommunisme was het die VSA teen die 1950's sy verhouding met Suid-Afrika gevestig en ekonomiese en militêre hulp aan die apartheid regime gebied. 

    Maar is dit 'n komplekse verhouding en kan as voorbeeld genoem word die Amerikaanse deelname aan die Verenigde Nasies se sanksies teen Suid-Afrika in 1962, net soos Suid-Afrika ??Kennedy se pogings om apartheid se aanslag te verswak en vryhede daar te begin stel teenstaan. 

    Die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA is kompleks soos gesien kan word deur van die sanksies en die invloed om apartheid te probeer temper gesien kan word gee die VSA tog sy goedkeuring dat Suid-Afrika in Oktober 1975 Angola binneval. 

    Hierdie kampanje is egter nie 'n dawerende sukses op die lange duur nie. (Ek was nie op die grens nie - ek sou volkome nutteloos daar gewees het en het 'n korporaal en 'n dokter in die kamp my daarvan gered). 

    In 1988 was die skrif teen die muur en Pretoria gedwing om te onttrek uit Angola en onafhanklikheid aan Namibië te gee.

    In hierdie tydperk draai Kissinger teen die wit minderheid regime in Rhodesië en aangespoor deur Carter word daar hard gewerk vir die vestiging van demokrasie, waar die meerderheid aan bewind sal kom. 

    Hierdie is na  aandleiding van Kuba se sukses in Angola en dien as versterking van die bal wat aan die rol gesit is met dekolonisasie vanaf 1962. 

    Swart-Afrika is nou binne bereik van die verwesenliking van die droom van totale bevryding.

    Vanaf die middel 1970's het die VSA die noodsaaklikheid van evolusionêre verandering tot swart meerderheidsregering aanvaar en was die debat slegs een van die spoed waarvolgens dit moet geskied. 

    President Jimmy Carter het aangevoer dat rasse regverdigheid en onafhanklikheid was die beste weerstand teen Kommunistiese invloed en dominansie. 

    In teenstelling tot hierdie aansporing het die wit regerings van Suid-Afrika en Rhodesië voortgegaan om die  bedreiging van Kommunisme te gebruik om die bevrydingsbewegings te demoniseer en die rassistiese bestel behoue te laat bly. 

    Dit was veral die opstand wat begin het in Soweto van Junie 1976 wat die Suid-Afrikaanse regering van die tyd se oortuiging in 'n Kommunistiese "totale aanslag" op die wit minderheid verhard het en daarmee dan die doelwit 'n "totale strategie" om dit te verslaan noodsaaklik is en het hulle hulself oortuig van die bestaan ??van 'n internasionale Kommunistiese bedreiging en ontwikkel daar die diep oortuiging dat die wit bevolking onder gedurige aanslag is, intern en ekstern. 

    Dit is dan sekerlik op hierdie tydstip waar 'n interne ideologie van rassisme dan vermeng word met die stryd teen Kommunisme en die twee mekaar verhard en ondersteuning bied. 

    Reagan beskou Suid-Afrika as waardevolle bondgenoot wat inligting verskaf oor Kommunistiese aktiwiteite en daarmee ook die argumente dat Suidr-Afrika 'n bron van noodsaaklike strategiese minerale vir die Weste is, net soos daar wyd aanvaar is dat indien die ANC aan bewind sou kom in Suid-Afrika dit vir Russiese Sosialistiese stelsel sou wees en dit sou implementeer.

    In hierdie ideologiese drukgang het die Sowjet-Unie op sy beurt aangevoer dat steun van hulle aan die ANC en SWAPO sou beteken dat hulle aan die 'right side of history' is

    Met dit dan is dit duidelik dat daar was wel pogings van die VSA se kant, afhangende van die President aan bewind om in Suid-Afrika die regering van die dag te probeer oortuig om demokrasie te bewerkstellig maar het die plaaslike regering geskrik met alles wat ekstern aan die gang was en die opwellings plaaslik en die beleid inderdaad verhard. 

    Daarom dan, die Koue Oorlog in die vroeë 1980's het definitief gehelp om apartheid langer te laat hou net soos die verslapping van die internasionale spanning 'n ewe belangrike rol in die uiteindelike ineenstorting van aparheid gespeel het. 

    Soos FW De Klerk in 'n 2010 onderhoud met die Financial Times bevestig: 

    Die geweld waarna verwys word is die geweld wat ontplof het in 1984 en gedreig het om Suid-Afrika te verswelg het: 

    I also came to the conclusion that if we did not undertake fundamental change the country would be drawn down in a downward spiral of growing violence, armed conflict which no side could really win which would eventually destroy the country and which would end in catastrophe. I was helped in putting the package together by the fall of the Berlin Wall. The implosion of international communism as a threat with its expansionist policies enabled me to make the package that I announced on 2nd February much more powerful than it would have been possible if that did not happen.

    Die onderhoud eindig soos volg: 

    Vraag: History will rightly say that you effectively drew a line under apartheid. What now, with the benefit of hindsight, do you conclude about apartheid?

    De Klerk: The concept of nation states, bringing full political rights to everybody through the nation state concept, is morally defensible. Isn’t that now what the whole world supports for Israel and Palestine? 

    But in our case it failed; it failed for three main reasons.

    The one is the whites wanted to keep too much land for themselves, which was indefensible and wrong; they therefore did not make the offer attractive enough. So the whites were too selfish. 

    And the second reason is we became more and more economically interdependent, all South Africans, irrespective of race or colour, and we became an omelette and you can never unscramble an omelette.

    And thirdly because under the leadership of the ANC even while in exile the majority of blacks said, that is not how we want our political rights.

    But, in the end, because we failed, we ended in the place which was totally, morally unjustifiable, and we ended in a place where we were discriminating in a morally unjustifiable way against blacks and people of colour – which is, and was, wrong. It was defended on the basis this was a transitional phase and it was necessary to set up the nation state concept, but once the nation state concept failed it became a permanent fixture which was, nobody can justify.

    Behalwe vir Jan Rap wat nou nog briewe daaroor skryf en wat Cornelius Henn dan met groot gejuig sekondeer. 

    Baie dankie

    Wouter
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

     

    Dankie vir jou uitstekende antwoord op my vraag, en vir jou uiteensetting van daardie stukkie geskiedenis.

     

    De Klerk se verklaring vir die mislukking van Apartheid is helder en duidelik vir almal om te verstaan.

     

    Dus het die Koue Oorlog wel 'n rol gespeel in die duur van Apartheid, nie in die ontstaan of vorming van daardie ideologie nie, maar later diens gedoen as strategie en verskoning om 'n swart meerderheid weg te hou van politieke mag weens die vrees vir kommunistiese invloed. Eers na die val van die Sovjet- Unie kon die swart meerderheid se politieke aspirasies akommodeer word.

     

    Beste groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • Hello Pieter, 

     
    Dit het die duur van Apartheid verleng sonder enige twyfel maar wat ook moet erken word is dat die VSA tog gepoog het om dit te temper en selfs te laat afskaf en die doelwit van 'n veelrassige demokrasie daar te stel en dit is ook 'n aspek wat in gedagte gehou moet word en is Chester Crocker hier 'n skelwoord. 
     
    Salomo sou 'n harde tyd gehad het. 
     
    Seker amper soos die ontwikkelinge nou tussen die VSA en Iran. Hoe kan jy weet hoe dit gaan uitspeel? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Ek is 'n harde Afrikaanse Suid-Afrikaner. Die persone wat hier skryf oor hul menings, sê ek baie dankie voor. My siening is dat hulle nou oorgegee het aan 'n kommunistiese barbaarse regering. Doen ons nie dalk die fout om te veel in die verlede te leef nie? Wat van ons kinders en hul nageslag? Nee, die VADER het hierdie land aan ons voorvaders gegee, en kan ons nie Suid-Afrika red nie, en ons eie bestaan? Of moet ons soos draadsitters, oorgee en vlug vir barbaarse optrede?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top