In ’n vorige plasing van my het ek verwys na die delusionele wêreld van Kobus de Klerk. Die delusie in Kobus se wêreld word veroorsaak deur sy onwrikbare geloof in sy eie verbeelde “waarhede”. Kobus voer hierdie gedrag so ver dat hy tot wetenskaplike feite begin misken en met sy eie ongetoetste teorieë vervang. In die geval van Jupiter se mane word hierdie delusie pragtig geïllustreer.
Die ganse wetenskaplike wêreld is dit eens dat Jupiter bestaan en dat daar ’n aantal mane om Jupiter wentel. Om die waarheid te sê word drie van die mane, Ganymede, Europand en Callisto van naderby ondersoek om die voorkoms van water en dus die moontlikheid van lewe vas te stel. Om ruimtetuie na hierdie hemelliggame te stuur moet hulle posisie beslis akkuraat bepaal kan word en was vorige sendings na dié mane heel suksesvol. Terloops, Jupiter se mane staan as Galileaanse mane bekend omdat hulle na Galileo Galilei vernoem is. Hy het hulle reeds in die vroeë 1600’s die eerste keer waargeneem en hulle bewegings neergepen. Dit alles het hy gedoen met ’n baie primitiewe teleskoop wat aanvanklik maar ’n vergrotingsvermoë van 6X gehad het. Vir enige amateur-sterrekyker is dit een van die hoogtepunte om Saturnus se ringe en Jupiter se mane vir die eerste keer te sien. In akademiese terme kan mens sê dat om Jupiter se mane te sien in die eerste hoofstuk van Sterrekyk 101 voorkom.
Ek is self ’n amateur-sterrekyker en besit ’n baie beskeie Celestron SkyProdigy 130 met ’n 25X oogstuk, waarmee ek al male sonder tal die mane van Jupiter baie duidelik gesien het. Dis geen besondere prestasie nie en is deel van die inleiding tot Sterrekyk 101. Ek sou 'n foto hier geplaas het maar dit lyk my nie dis moontlik om foto's op hierdie forum te plaas nie. (Ons plaas aanmekaar foto’s! – Webvoet) Ek heg dit egter as ’n aanhangsel aan. Ek kan dus bewys wat ek sê deur fisiese waarneming. Volgens Kobus de Klerk, wat hom al as ’n wetenskaplike analfabeet hier op die Sê geopenbaar het, is dit heeltemal onmoontlik en is dit wat ek en die hele wêreld se astronome sien blote optiese illusies – natuurlik sonder die verskaffing van enige bewyse of ’n verwysing na ’n artikel of kundige wat sy mening ondersteun.
Kobus loop heeldag breë bors hier op die Sê rond en spog met inligting wat hy op Google gevind het in 'n poging om hom as 'n kundige te probeer voorhou. Ek vind dit uiters amusant dat hy weier om die foto's van Jupiter en sy mane, wat in hulle honderde beskikbaar is op Google, as feit te aanvaar. As hy oortuig is my eie waarnemings en al die foto's in astronomiese vaktydskrifte, akademiese databasisse en selfs Google, slegs optiese illusies is, rus die onus sekerlik op hom om met lewensvatbare bewyse vorendag te kom om ons almal verkeerd te bewys.
Die mane van Jupiter word deur verskeie wetenskaplikes bestudeer en is daar verskeie artikels in gesaghebbende vaktydskrifte soos Nature, Icarus en Planetary and Space Science geplaas. In nie een van die 27 200 artikels waartoe ek toegang het via die navorsingsondersteuning van die Universiteit van Stellenbosch, is daar enige suggestie dat die mane van Jupiter moontlik optiese illusies kan wees of dat dit nie met baie elementêre optiese instrumente van die aarde af sigbaar is nie. Die skaduwees wat soms op Saturnus se oppervlak verskyn en die feit dat die mane soms agter Jupiter “verdwyn” word heel bevredigend deur ’n model van wentelende mane om Jupiter verklaar. In die wetenskaplike wêreld is daar dus volledige konsensus dat Jupiter se mane bestaan, hoe ver hulle vanaf Jupiter is en hoe ver Jupiter van die aarde is. Soos enigiets in die wetenskap is niks in beton gegiet nie en staan dit enigiemand vry om met die nodige bewyse ’n alternatief voor te stel. Om egter bloot op grond van iemand se kwansuise spirituele insig die sigbaarheid/bestaan van Jupiter se mane te betwyfel is gewoon lagwekkend.
Wikipedia word nou wel nie as ’n verwysbare bron in die akademie beskou nie maar aangesien Kobus nou nie juis as ’n akademiese reus hier op die Sê uitstaan nie, behoort Wikipedia in sy geval genoegsaam te wees. Kom ons kyk wat sê Wikipedia van die sigbaarheid van Jupiter se mane: "All four Galilean moons are bright enough that they could, if they were farther away from Jupiter, be sighted from Earth without a telescope. (They are, however, easily visible with even low-powered binoculars.) They have apparent magnitudes between 4.6 and 5.6 when Jupiter is in opposition with the Sun, and are about one unit of magnitude dimmer when Jupiter is in conjunction. The main difficulty in observing the moons from Earth is their proximity to Jupiter since they are obscured by its brightness. The maximum angular separations of the moons are between 2 and 10 minutes of arc from Jupiter, close to the limit of human visual acuity. Ganymede and Callisto, at their maximum separation, are the likeliest targets for potential naked-eye observation. The easiest way to observe them is to "cover" Jupiter with an object, e.g., a tree limb or a utility pole that is perpendicular to the plane of the moons' orbits".
Kobus tree tipies soos 'n laerskoolkind op wat 'n argument probeer wen deur "is nie" te skree as jou opponent "is" sê en dit lyk my hy is vas oortuig daarvan dat die een wat die laaste skree die geveg wen - vandaar sy obsessie om altyd die laaste sê te hê.
Groetnis
Thomas


Kommentaar
Thomas,
Uiteindelik wend jy 'n poging aan, en trap so in die slaggat, natuurlik. Die ooglopende is dat al jou bronne hulle moet verlaat op gegewens wat deur mense (navorsers) daar geplaas is wat almal die ander napraat. Wiki is by uitstek ook so 'n bron. Solank dit so aangaan, sal daar niemand wees wat nie klakkeloos napraat nie.
Ons kan almal sien die spikkels wat geplaas word. Jy is reg, jou toerusting is beskeie. Daar is egter geen bewys, behalwe die onbewese aansprake, dat die ligspikkels wat jy ook nou vir ons hier plaas, wel is wat jy dink dit is nie.
Ek vra iets eenvoudig vir jou wat so op die wetenskaplike metode aanspraak maak - ek vra vir jou die bewyse, die kontroles die toepaslike toetsmodelle, enigiets wat betroubaar as kontrole kan dien, om te bewys dat die spikkels wel is wat jy sê dit is.
Ek vra vir bewyse, en jy probeer my uitmaak as analfabeet en ander dergelike dinge. Niks wat jy hierbo sê, of in jou bronne, weerspreek enigiets wat ek as alternatief en beswaar opper nie. As daar is, wys die besonderhede uit (as jy hoegenaamd kan verstaan wat my alternatiewe en besware is, bygesê). Slegsê en beledig doen nie die ding vir jou nie, maar ek twyfel of jy dit kan besef.
En as jy nie kan nie, is jy die wetenskaplike analfabeet, die naprater, die papegaai, wat ander se stories en aansprake opdis sonder dat jy self weet dat hulle reg is.
Kobus de Klerk
Ai tog Kobus
Thomas,
Ek dink jy moet maar eerder hierdie gesprek volg en leer by jou gespreksgenote. Dit is baie meer sinvol.
Beste Kobus,