Jan Rap se probleme met homself

  • 0

Jan ontbreek aan die vermoë om feitlik te kan redeneer.  Waar die feite ontbreek, word die met analogie vervang, analogie wat sodanig verskans en van die onderwerp af is, is om sy punt als feite te probeer weergee.  Nie dit alleenlik nie hy huiwer nie om blatant te lieg wat sy opponent wel gesê het nie.

In sy onlangse briewe aan  my maak hy sekere stellings met vrae bykomstig .  Ek weerlê sy stellings en beantwoord sy vrae onderaan in die respons kolom. In ‘n aparte skakel vra hy dieselfde vrae weer asof ek nie sy vrae beantwoord het nie.  Hy kwoteer my antwoorde gedeeltelik om doelbewus die indruk te skep sy vrae is nie beantwoord nie.  Die ooglopende rede vir sy aparte skakels is dat die leser moeisaam  moet terug verwys na die oorspronklike korrespondensie om te kan kontroleer, wat meermale nie gedoen word nie waarop hy staat maak.

Ek gaan werklik nie al sy stront in dieselfde trant hier herhaal nie, net ‘n paar om my stelling hierbo te staaf”

Wat gesê was, herfraseer hy, en deur omissie van woorde ’n ander antwoord vanuit my te kwoteer als wat werklik gesê was. 

Hy skryf: “Ek vra WEER, wat help hierdie konstitusie as daar in alle opsigte verval, misdaad en terreur is?  Jou (Jaco) antwoord:  "Die konstitusie is nie daar om  oplossing vir probleem te soek nie, maar om deur middel van die hoogste wetlike gesag, menseregte in terme van die bewoording van die konstitusie, in SA te beskerm.  (sy vetskrif)".  Wat vir 'n antwoord is dit?  Ek vra dan juis vir jou wat help die wonderlike konstitusie as hy nie menseregte beskerm nie en jy antwoord hy is daar om menseregte te beskerm”

Wat ek wel gesê het en deur hom hierbo doelbewus verdraai is, is:  “Die konstitusie is nie daar om  oplossing vir probleme te soek nie, maar om deur middel van die hoogste wetlike gesag, menseregte in terme van die bewoording van die konstitusie, in SA te beskerm.  (Daar hou hy toe op en kwoteer nie verder nie. Ek skryf toe verder, nl) Die onus berus by die verontgeriefde party om sy saak tot die grondwetlikehof te neem.  Doen hy dit nie, kan die konstitusionelehof nie optree nie. Ek kan nie onthou dat enige van die gekkegrensers ooit hulle griewe na die konstitusionelehof ooit geneem het nie.  AfriForum het dit gereeld gedoen, merendeels met sukses tot die ANC se verleentheid”.

Die volgende is ‘n voorbeeld van die misbruik van analogie en blatante leuens:  “Jy sê jy is KWAAD vir Dan oor wat hy NIE doen nie; jy sê die " ... derms wat [jy] uitryg is juis oor wat Dan NIE DOEN NIE." Hoe kan jy so iets sê sonder om te kwalifiseer? Byvoorbeeld  (nou hier kom sy alewige analogie), Dan speel nie vir die Bokke nie, ek vermoed sterk hy versamel nie Netsuke nie, of maak kaas nie, of bedryf nie 'n varkboerdery nie, daar's seker duisende goed. Hoe kan jy kwaad wees daaroor?  (Omdat Dan nie vir die Bokke speel nie, ens is ek nou kwansuis vir hom kwaad?  ... asseblief tog!)

Ek het nooit gesê ek is kwaad vir Dan nie.  Wat wel gesê is “Jy (Jan) spog oor Rooi Daantjie se WAARNEEMBARE DADE hierbo, dan sê jy (Jan)  "Ek hoef nie vir jou (Jaco) te vertel wat Dan Roodt doen nie want dit weet jy (Jaco) maar alte goed anders sou jy (Jaco) mos nie gedurig derms uitryg oor juis dit wat Dan doen nie,"  verder skryf ek: “Die derms wat ek uitryg is juis oor wat Dan NIE DOEN NIE.  Ek weet regtig nie wat Dan doen nie, behalwe 'n klomp kak heul”.  Dan die opvolg van sy analogie oor Bokke en varkboerdery, ens. wat geensins met sy argument inpas nie.  Hy kwalifiseer nie wat Dan DOEN  toe ek hom oor Dan se “waarneembare” dade vasgevra het, dus sy antwoord hy hoef my nie te be-antwoord nie, nou hierbo verkwalik hy my dat ek nie kwalifiseer wat Dan NIE gedoen het nie!!!!

Indien die man streng by feite kan bly, kan ‘n mens met hom gesels, maar ek gaan definitief nie my tyd mors om analogie  te probeer ondersteun of weerlê nie.

Sy uiteindelike antwoord op Dan se “waarneembare” DADE is:

“Maar laat ek nou maar vir jou sê wat hy doen (vir die Afrikaner??): Hy lewer verslag oor die sotlikhede van diegene wat hulself as liberales beskou deur verslag te doen, hy jag en slag die liberale establishment se heilige koeie, hy lê onregverdighede bloot, hy skud die hokkies van die wat stroomaf dryf. Hy maak die jabroers en agterryers woedend deur hulle te ontmasker.

Dit doen hy onder andere deur artikels wat hy op sy webwerf skryf en boeke wat hy publiseer. Hy reis oorsee (met vakansie!!) en verkondig die ooglopende, naamlik dat die keiser kaal is en dit kan die keffers wat saam met die Rottweilers blaf nie verwerk nie (hulle heul met die Rottweilers). Hulle haat en verguis hom en hierdie reaksie kan godsonmoontlik spruit uit niksdoen van Dan se kant af nie”.

Ek sou se dis nou NIE juis iets vir die Afrikaner  DOEN nie.  Ek sou eerder se die man bly maar die ene bek. Bek wat gal uitspoeg teenoor mede Afrikaners.  Wat Jan hierbo  oor Dan geskryf het  is ook so vaag en ontwykend, ook glad nie met feitlike voorbeelde gekwalifiseer nie.

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top