Jan Rap en ek by die movies

  • 0

Hallo Jan Pierewiet

Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet staan stil, goeie môre, my vrou, hier's 'n soentjie vir jou, goeie môre, my man, daar is koffie in die kan, was vir my bloedstollend aangesien ek altyd bang is, en hierdie die aanloop tot 'n moontlike verkragting was, en die onskuld in kontras staan tot die brutaliteit van 'n verkragting en aanranding en Kruger, 'n agent van die CCB is, en die geskiedenis van die CCB nou welbekend is. Net die ergste kan verwag word.

Dit was dus nie 'n geval van selfhipnose nie, alhoewel sielkundige hulp vir my algemene angstigheid iets is wat ek wel sal ondersoek. Maar hierdie is ernstige sake en moet die dreigende geweld in daardie konteks gesien word en die historiese konteks waarop dit sinspeel.

Neill Blomkamp se motiverings is 'n volgende aspek wat moet ondersoek word en dan die slotsom waartoe jy kom, "Neill Blomkamp ... is waarskynlik nie aan julle kant nie of ... plaas hy onwetend die kollig op wat duidelik julle dwaling beklemtoon."

Dit is altyd beter om die verhaal te vertrou as wat dit is om die verteller te vertrou en te handel met ’n geheelbeeld wat die kunstenaar skep en nie die karakters se woorde in die mond van die skepper te plaas en die twee so te verwar nie.

Ongelukkig kan ons as lesers en kykers nie die impuls weerstaan om die kunswerk met die kunstenaar te vermeng nie, die dans met die danser.

Daaraan maak ek my ook skuldig, en is die tydperk van vandag, 'n goue tydperk, waar die kunstenaars bereid is om sonder end oor hulle skeppings te praat en kan die motiewe van die kunstenaar soos nog nooit tevore ondersoek word nie en dit is fantasties.

Die onlangse voorbeeld hier, die Philip Rots, waar Philip Roth meer as twee ure afgestaan het om oor sy boeke te gesels, "to chatter away", cool oom daardie.

Blomkamp het dit ook gedoen, so lank terug gelede soos 2009 in 'n onderhoud met die New York Times met die vrystelling van District 9.

Die artikel open soos volg:

"When its extraterrestrial passengers emerge, they are sequestered in a sprawling shantytown and shunned by even the lowest strata of human society. Amid an effort to relocate the creatures to a new camp, a corporate bureaucrat (played by Sharlto Copley) is infected with a virus that begins turning him into an alien, forcing him to confront his prejudices and his loyalties while he runs for his life".

Met die inleiding sal jy dalk nou verstaan, hoekom ek verbaas was, dat alhoewel jy die film drie keer gekyk het, dit geen innerlike konfrontasie in jou tot gevolg gehad het en jou onaangeraak gelaat het en jou met die gewone slotsom vorendag laat kom het, wat jy gehuldig het voor jy film gekyk het.

Bedoelende, vele werke "wat hulle ten doel stel om een of ander entiteit te verguis, boemerang ... onwetend die kollig op wat duidelik julle dwaling beklemtoon".

Die film het dus geen impak gehad op jou nie en het jy die film gefaal. Jy was nie oop genoeg nie, maar dan is die mens, maar mens en kan nie verwag word dat verandering sal plaasvind nie, veel makliker om by gegote standpunte te bly.

"If it all sounds like a science-fiction parable for South Africa’s segregationist history, Mr. Blomkamp, 29, says that is no accident. “The whole film exists because of that”.

Mr. Blomkamp described his hometown as “this amazing, racially charged, powder-keg city — an urban prison.” (Johannesburg)

Sharlto Copley voeg die volgende by:

“We were all just sheltered from what was going on, and it was only looking back that you realized, God, that’s how it was.”

Bogenoemde kan definitief nie as goedkeuring gelees word nie deur onderskeidelik die ster en die skepper van die film nie en ek het geen wens om Blomkamp te kaap vir 'n spesifieke kamp nie, maar het slegs as doelstelling om die film volgens sy eie kriteria te oordeel.

Die res van die onderhoud gaan soos volg:

“I was trying to make the science fiction feel vaguely familiar,” Mr. Blomkamp said. “The South African component would be the alien component.”

"The plight of the film’s crustaceanlike extraterrestrials can be easily read as a metaphor for the persecution of South African blacks under apartheid. But Mr. Blomkamp said he was also trying to comment on how the country’s impoverished peoples oppress one another. While “District 9” was being filmed in the Chiawelo section of Soweto, Alexandra and other townships were ravaged by outbursts of xenophobic violence perpetrated by indigenous South Africans upon illegal immigrants from Zimbabwe, Malawi and elsewhere".

Twee temas ontwikkel dus, die onderdrukking soos vergestalt in apartheid, dit wat volgens jou nie gebeur het nie, maar ook onderdrukking van mekaar deur die "armstes" in die huidige. Dalk is dit tog waardevol om die verteller oor motiewe te ondervra. Net soos xenofobie dan ook aangespreek word.

Wat Elysium betref, glo ek die oorspronklike lesing wat ek gebied het daarvan bly staande, die kloof tussen ryk en arm en veral wanneer die film tog in die lig van Martin Wolf se program ontleed word en die kwessie van ongelykheid wat 'n belangrike onderwerp is wat aangespreek is beide deur Barack Obama, Pous Francis, die afgelope paar maande en die bevinding van Thomas Pikkety se "Capital in the 21st Century" en die toekomstige konflik wat dit kan impliseer en die kloof wat groter en groter word tussen die superrykes en brandarmes.

In hierdie film is Blomkamp se doek groter en word Johannesburg agter gelaat om alle stede wat soos Johannesburg is te ondersoek en die stand van die planeet en natuurlik, onwettige immigrasie, 'n groot probleem in die VSA en dan sekerlik hier ook.

Ek moet erken, hierdie is nie twee van my gunsteling films nie en sal nie my persoonlike top tien haal nie, maar is seker goed, soos goed dit toelaat om te wees, alhoewel ek tog respek het vir Neill Blomkamp se visie het en sy sukses beïndruk.

Baie dankie

Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top