Jan Plaasboer

  • 0

Ek lees Henk Seymore se brief oor die bydraes op die Net. Is geneig om saam te stem. Iemand het een of ander gemoedsbekakking, slimmigheid of verwaandheiswaansin en gebruik die Net om dit uit te basuin.
Ek probeer my uit die politiek, geloof en seksuele orientasies uit te hou.
'n Vriend stuur nou die dag die bietjie humor vir my. (Ek vra nederig vir die puriste en hoogdrawendes op die Net by voorbaat om verskoning vir die toilet humor)

Jan Plaasboer, stop by die robot langs 'n stunning chick.

Hy glimlag vir haar en draai sy venster af.

Sy glimlag terug en draai ook haar venster af.

Jan glimlag weer mooi en sê: "Het jy ook in jou kar gepoep?"

Weereens dit is nie op plaasboere gemik nie, anders is hulle ook vir my die moer in. Mense met die naam van Jan moet ook nie aanstoot neem nie.

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top