Jan-Jan, Piet en Carien in Dagbreekbestes

  • 0

Daar het 'n storie rondgelê dat kommunisme gehou het net totdat die tsaar se geld opgebruik is. Dit is miskien 'n oorvereenvoudig maar nie heeltemal onwaarskynlik nie.

Prof Piet en Carien was baie opgedruk oor die nuwe middelklas wat sedert '94 ontstaan het en hulle verkondig dat dit te wyte is aan die goeie bestuur van die ANC. In wese is 'n groot deel van hierdie middelklas in einste in bevorder weens die praktyk van regstellende aksie en dié verg nie eintlik bestuursvernuf nie; dis bloot die toepassing van 'n stel reëls (en, per slot van sake, het die ANC toe nie so goed bestuur nie).

So, wat is die kans dat hierdie middelklas, of 'n groot deel daarvan, net tydelik is, net gaan duur totdat die tsaar se geld op is? Dit is so dat regstellende aksie nie op meriete berus nie wat noodwendig daarop neerkom dat salarisse nie ten volle gegenereer word nie. Ek veralgemeen nie; daar is wel die verdienstelikes maar daar is talle in poste wat die werk halfpad of glad nie doen nie. Dit is gewoon nie volhoubaar nie; die tsaar se geld is besig om vinnig op te raak.

Mens kry allerlei soorte manipulasiemetodes om met mense se koppe te smokkel, maniere van propaganda kan jy dit ook noem. Soos subliminale propaganda byvoorbeeld, die ingooi van 'n raampie wat, sê koeldrank, aanbeveel terwyl mense na 'n film kyk. 'n Gedagte word skelm in die kyker se kop geplant.

Piet en Carien span 'n variasie hiervan in, die 'nog-steeds'-variasie, soos byvoorbeeld 'drink jy nog steeds so baie', die spreker se aanname dat jy baie drink geld vir hom en die res van die bespreking/debat berus op daardie aanname. Behalwe nou natuurlik as jy die triek agterkom en sê enige bespreking wat daarop berus is futiel want jy't nog nooit gedrink nie, of so iets.

Op die manier berus Carien en/of Piet se bespreking op aannames wat nie bewys of omskryf is nie, naamlik a) die ANC bestuur die land goed, b) Carien reken daar het baie wittes ryk geword danksy demokrasie en c) daar is nou 'n groot swart middelklas. Dit mag miskien alles waar wees maar in die lig van wat teenswoordig aan die gang is, is dit net te bietjie dik vir 'n daalder om net bloot as feite te konstateer.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top