Jaco Fourie versus professor Max du Preez

  • 0

Heil die leser.

Onlangs het ek die werf se berugte 'kenner in die politiek', Jaco Fourie, as volg aangehaal:

'Indien die grondwet tot nadeel van die Afrikaner gewysig word, sal daar ongetwyfeld gewelddadige opstand kom. In sodanige geval, sal ek [Jaco Fourie] beslis nie 'n gehoorsame landsburger wees nie. Soos Mandela in die ou bedeling, sal ek [Jaco Fourie] ook na geweld oorgaan.  Om 'n staat te ontwrig, verg nie groot getalle nie. Hopelik sal die ANC dit nie uit oë verloor nie. Hopelik ook, sal die ANC ontsetel word alvorens sodanige situasie plaasvind'

Uit hierdie aanhaling is dit ironies en heel duidelik dat Jaco Fourie geen benul het wat 'n Grondwet in enige land ten doel het nie - en as hy sou, sou hy dalk besef het hoe weerloos Suid-Afrika se grondwet in alle geval reeds is.

In hierdie artikel (9 Januarie 2014, en hopelik nie te ver in die geskiedenis vir Jaco Fourie se 1994 goudvisgeheue nie), propageer onse Prez Jakob Zuma juis dat hy 'n paar veranderinge aan die Grondwet oorweeg sou die ANC met  die verkiesing in 2014 hul twee derde meerderheid in die Parlement behaal.

Natuurlik voer die Prez sy bravade vir stemme met die wete dat dit beslis nie gaan gebeur nie, en dat hy in ieder geval reeds die regbank in sy guns met sy eie strategiese aanstellings daarop het; waarom sou 'n Grondwet - iets wat net ten doel het om despote en magsugtige leiers in enige land in toom te hou - hom dan nou hoegenaamd pla?

Sal die dapper Jaco Fourie in ieder geval wel ooit die staat ontwrig as hy eendag besef dat die Grondwet lankal reeds kwalik die papier werd is waarop dit geskrewe is?

Natuurlik ook nie - want sy woordspeling staan tog mos duidelik; net as die Grondwet tot nadeel van die Afrikaner GEWYSIG word sal hy die Staat soos 'n wafferse Nelson Mandela ontwrig - iets wat enigeen met twee breinselle ook weet NOOIT nodig vir die ANC sal wees in hul doel om die Afrikaner te benadeel nie!

Woorde soos pragmaties en by implikasie val geheel buite die begrip van Jaco Fourie ...

Ja, enigeen wat hulself met die Boere Afrikaner identifiseer ervaar lankal hoe elke wet in die land gepas word om die ANC se rassisme te pas en die Afrikaner daarmee te benadeel - selfs met die liefde en seën van Jaco Fourie se anti Zille daarvoor!

Maar nou ja, diegene wat hulself met die Boere geskiedenis en erfenis assosieer, is volgens beide Professor Max du Preez en die werf se 'slim Jaco' - sogenaamde gekkegrensers en bepaal hulle diegene dan in 'n uitgediende Britse ideologiese formaat, as "ultra-regs".

Professor Max het egter 'n boodskap vir die verwarde Jaco's in Mzansi ... op grond van dieselfde kriteria daarvoor is Suid-Afrika, nes Zimbabwe, glo stabiel!

In hierdie artikel (5 Januarie 2014, verseker te ver in die geskiedenis vir Jaco Fourie se 1994 goudvisgeheue), waarsku Prof Max in geen onduidelike terme as volg:

'... natuurlik is daar sterk vakbonde in elke sektor van die ekonomie en die staatsdiens, en baie sterk geloofsgemeenskappe. As enige van bogenoemde samestellings die wet oortree of massageweld, sabotasie of burgeroorlog aanhits, sal die strafregstelsel met hulle afreken, soos die Boeremag en ander ontdek het. Die SAPD is dalk nie baie doeltreffend nie, maar het tot nou gekeer dat voorvalle van openbare geweld buite beheer raak, selfs sonder die weermag se hulp. ) Die Boekeblad verskyn aanstaande Maandag weer in dié ruimte'

Weet Prof Max du Preez dan nie van die werf se Jaco Fourie se geleerdheid nie?

Soos Jaco Fourie dit self in geen onduidelike terme hier verklaar het:

'Ek is nie lief om oor SA-geskiedenis te kibbel nie.  Nie omdat ek in kennis daaromtrent ontbreek nie, inteendeel, ek het SA-geskiedenis as hoofvak (3 jaar) vir my BA graad gehad.  My uitgangspunt is wat verby is is verewig verby en kan nooit weer herstel word tot wat die verskillende partye dit so graag wou gehad het nie'

My punt hier - al is Max du Preez en Jaco Fourie ewe vyandig teenoor die Boere se strewe na vryheid en waardigheid, sal Max du Preez maklik vir Jaco Fourie met sy graad en SA-geskiedenis as hoofvak (3 jaar) vir sy BA graad, uit hul loopgraaf bliksem. As ek Jaco was, sou ek nie so desperaat vir aandag en erkenning op die werf daarmee gespog het nie ... ek meen, 2013 se graad12 wiskunde om beeste te tel blyk duidelik meer betroubaar as Jaco se wete van SA se geskiedenis ...

Die retoriek dat enigeen TERUG in die geskiedenis wil leef, bestaan derhalwe ook maar net in die ydele gedagte van 'n Jaco Fourie, Dirk Rigter en die bespotlike karikatuur "Lilly White Wouter Ferns Elizabeth Costello op 'n bootreis"...

'n Mens sou graag 'n gesprek omtrent die diepe insig van iemand soos Edmund Burke in 'n onderwerp soos konserwatisme hier wou deel, maar dis baie duidelik dat die oorywerige 'denkende Afrikaners' op die werf enige waardige kennis sal ontsier met hul gebreinspoelde en kunsmatige slimmighede (die politiek geskape 'denkende Afrikaners' soos Jaco Fourie, dweep dan selfs in die hede met LINKS en REGS in iets soos ons Suid Afrikaanse 'demokrasie').

Boeregroete,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top