leave ze lights on when you flee from Armageddon,
mette goeie b’grip is Zabalaza mos amp’r half g’won,
bet’r’r, impl’menter’ng, van Jahwe, Allah, se Woord,
meerd’rheid swyg’rs m’t’l submissiwiteit akkoord
“Duiw’lspiek”- struktuurg’weld nie v’r amm’l om’t ewe,
dié, wie omgee, kenn’l’k post-b’sinn’ngsmilieu b’tree,
Lewe Een voluit leef, b’set mette absoluut fraai idee,
lat Mens menswaard’g strewe na ’n Lewe Twee-lewe
alle ismes, een-v’r-een, wet’nskapl’k definieer,
Self Self yt onkund’-ontkenn’ng emansipeer
tyd v’r afskeid, aan ou apartheidsmentaliteit,
en’gste vryheid, dié v’n suiw’r g’regt’gheid
Waarheid, ultra-verifieerbaar, sup’r-wet’nskapl’k waar,
v’rlange na, g’mis v’n vryheid, ’t gat glattie gou b’daar
Jacobus Faasen

