Is Mamphela Ramphele se kritiek oor onderwys, straks anti-Suid-Afrikaans?

  • 0

Dumela.

Die werf se slimjanne Wouter Ferns en Chris Dippenaar, is gewoonlik gou om enigeen wat waag om die stand van die dag; die bestel aan bewind of kritiek teen dit wat die massamedia dweep - as dom saamsweer-teoretikusse en ultra-regs te brandmerk.

Iemand soos Julius Malema wat heelwat grondige kritiek teen die kapitalistiese bestel het, dit waag om die uitbuiting en benadeling van mense in die omgewing van myne wat deur erge besoedeling bedreig word te kritiseer, word ook maklik op sy houtwerkpunt gewys.

Robert Mugabe, met sy minstens sewe grade wat hy met toegewyde studie verwerf het (nie eregrade soos menige ander despoot iewers aan bewind nie),  word maklik as 'n tipiese Afrika diktator gehoon, en dit wyl hy Anglo en Amerika 'n les in demokrasie kan leer. Die rede hoekom dit so sleg in Zimbabwe gaan, is jeens die kapitaliste se gekrenkte ego en hul mislukte sanksies teen die land ... ja, anders as die sportmal Afrikaner- Nasionaliste wat mal geword het aan die gedagte van sanksies, stem Zim se mense steeds vir Oom Bop. Ek woon ook veel eerder in Zimbabwe vandag (onder die mees geleerde leier in die hele wêreld), as in die besoedelde en uitgebuite VSA.

Selfs Donald Trump en Bruce Springsteen, word egter as anti-Amerikaans deur die Wouter Fernse' en Chris Dippenaars' in hul gekontroleerde denke en sinisme betrek.

En toe kom Mamphela Ramphele ...

Nie dat ek haar resumee hoegenaamd sou bewonder nie; net dat sy die moed het om iets te seg wat selfs die Wouter Fernse' en Chris Dippenaars', hul naels sal laat wys.

Nie lank gelede nie, had die slim Wouter Ferns baie te spoeg en plak omdat ek dit durf waag het om te meen dat daar swartes is wat met respek en heimwee aan die era voor 1994 (Jaco Fourie se jaar nul), terugdink.

Daarna het ons geliefde emeritus aartsbiskop Desmond Tutu, ook Apartheid teenoor die huidige stand in die land gekomplimenteer; ja, en nou kom Mamphela Ramphele ...

Ek haal die volgende aan:

Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel was baie beter voor die koms van demokrasie, het Agang- leier Mamphela Ramphele Vrydag gesê. “Die studente van 1976 het gesterf in die geveg teen minderwaardige onderwys, en dit [Onderwys] is erger vandag,” het sy aan studente by die Universiteit van die Witwatersrand gesê. “Ek het nooit gedink ek sou ooit dit sê nie, maar dit is nog erger.” Sy het gesê die grootste misdaad wat deur die regering sedert 1994 gepleeg is, was sy rol in die vernietiging van die gehalte van onderwys. “Die ironie is dat die mense wat die stryd om vryheid laat ontbrand het in 1976, het betoog teen swak opvoeding,” het Ramphele gesê. ” As hulle moes terugkom vandag sal hulle sal dit nie kan glo nie – dat dit wat hulle gehad het en waarteen hulle betoog het, is baie beter as wat ons kinders in 80 persent van skole te kry.” Ramphele is later gevra deur een van die studente waarom dit die geval is, want daar is meer gegradueerdes sedert 1994. Sy het haar kommentaar verdedig deur die student te vra om ‘n onlangse verslag oor globale mededingendheid te lees. “Ons is heeltemal laaste … in ons prestasie in die onderwys. Ons spandeer die grootste deel van regeringsbesteding aan onderwys, meer as enige ander land, met die ergste uitkoms,” het sy gesê. “Ja, ons het drie keer meer gegradueerdes, maar die gehalte daarvan is die rede waarom mense werkloos is.” - http://praag.co.za/?p=18248&utm_campaign=twitter&utm_medium=twitter&utm_source=twitter#sthash.hcgjJ5eW.dpuf

'n Mens moet dink, werklik DINK, voor jy toelaat dat jou denke so gekontroleerd en verspoeld soos dié van Chris Dippenaar en Wouter Ferns raak.

Hierdie bydrae is nie bedoeld om enigeen te oortuig nie. Ek deel gewoon my rede naamlik; dit regtig nie nodig is om jouself aan die stand van die dag te onderwerp nie.

Diegene wat hulself met soveel oorgawe aan die uitbuiters van die dag onderwerp, is gewoon net minderwaardig in hul eie mening en voel bloot die mag wat hulle toeval in die napraat van die mag van die dag en hul massamedia - hulle BAIE slim en sterk laat lyk (siestog).

Jy is vry om vir jouself te dink. Daar is genoeg eerbare leiers op elke gebied in die lewe wat jou steun waardig is. Van al die leiers wat ek hierbo genoem het, aanvaar ek persoonlik net emeritus aartsbiskop Desmond Tutu se leierskap, en by hierdie mylpaal in my lewe. In my ideologiese en kulturele identiteit, bewonder ek Orania se leierskap. Waar geld saak maak, is daar min vandag wat die here Richard Branson en Donald Trump se skadu haal.

Maar, elke leier op aarde het hul steun en moet daarvoor gerespekteer word. Meneer FW de Klerk het ook nie uit die lug as 'n leier geval nie, en daar is heelwat omtrent hom wat ek bewonder.

Wouter Ferns en Chris Dippenaar is verkeerd om almal wat die stand van die dag teenstaan, te probeer neerhaal.

Mamphela Ramphele se kritiek oor onderwys, is PRO-Suid-Afrikaans!

Druk gerus jou toeter as jy saamstem.

Opregte Boere- Afrikaner etniese groete,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top