int’rteks-seks

  • 0

min tekste w’t na “isiBhulu” v’rwys,
in Afrikaans heers daar onkund’gheid,
re moertaalb’nam’ng, yt apartheidstyd,
hoe sy agt’rg’laat, glattie saam k’n reis

int’rteks-seks, aysh, virrie fikses v’n gees,
w’t sosio-linguïsties g’emansipeer w’l wees,
nie g’neë, m’t v’rdeeldheid, re moed’rtaal,
noggie agt’r-kap-vannie-byl van’r v’rhaal

kopsmokk’l ag’tprop, o, Allah, binn’kringb’gunst’g’ng,
Mens weet mossie watt’r nadeel ’n pejoratief bring,
hoe Mens Mens Self, Naaste, totte stand afrangeer,
dusver alsb’halwe Homo-ewolusionêr g’ewolueer

sonn’r int’rteks-seks hou Afrikaans dik, inne blik,
ing’druk, prev’rpak, Taalminist’r hoog in sy skik

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top