intrinsiek eksklusief

  • 0

Grote G’na, hier g’fundeer, suid’rkant v’n Afrika,
via potjiekos-ekonomie-kreoliser’ng, v’rsmelt,
taal, in elk opsig, v’rwyd’r v’n struktuurg’weld,
v’n “ras”-’n-“klas”, só onv’npas, dié swaardra

dís nu waarvoor Afrikaans glattie kans sien,
Eie, Mens s’n, moet absoluut beste v’rdien,
al zyn ong’lykheid ov’ral, v’r amm’l t’sien,
hoop Mens oppe insig, ja-nee, misschien

status’p legitimiteitskaal wet’nschapl’k b’paal,
meerd’rheid, intrinsiek eksklusief, kwaai g’faal,
innie konteks, grot’r g’heel, virrie sov’lst’ maal

sou Mens ma’ op roepstem duid’l’k antwoord gee,
hoor hoe sam’lew’ng angs v’rwoord, ’t luid ytskree,
nesse b’skuldigde, vas-innie-kas, sup’r-ultra-v’rleë

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top