Saterdag by de Irene-vlooimark stap ons by 'n tafel verby waar 'n vrou gediggies uitstal, elkeen in 'n plastiekhouer en op so'n manier natuurlik dat onderstebo vir haar is; die verbystappers moet dit kan lees. Soos mens navraag doen, dra sy hulle voor.
Ek dag eers sy lees so goed onderstebo want mens kyk mos nou op die gediggie, volg soos sy voordra maar ek kom toe naand agter sy kyk reguit vir jou ... sy's blind, sy ken al die gedigte uit haar kop uit!
Hier's twee van hulle:
Menopouse
Ek wil nog dig oor hierdie ding
voordat ek vergeet
Hoe cool dit is om oud te word
... en ek het nie geweet
Toe doen ek bietjie navorsing
en vind uit oor hierdie saak
en dit is wat ek digterlik
net kortliks uit kon maak:
Eers begin die gloede – die geheue word ook sleg
en dan begin jy baie poep
... en krummel stadig weg!!!
Mielieland
Was jy al in 'n mielieland
en stil gestaan op Vrystaatsand?
Dis mooi nè!
Hoër as Genade
staan die mielie langs die boer
in vennootskap met die Vader
om 'n sielietjie te voer
Soos die blare om die pitte
vou sy hande om te bid
en die wind kom waai die holtes
waar hy knieë in kan sit ...
Haar naam is Saphira.
Jan Rap

