In die Zend-Avesta, die Persiese heilige boek, lees ons hoe Ahuramazdâ (Ormuzd) die wêreld en alles wat lewe, in ses periodes geskep het. Eerstens die hemel, tweedens die waters, derdens die aarde, vierdens die bome en plante, vyfdens die diere, sesdens die mens, en toe het hy gerus.
Die mens het hy oorspronklik as een wese geskape, soos ? Siamese tweeling, met hulle rûe teenmekaar. Daarna het Ormuzd hulle geskei, elkeen ? intelligensie en vrye beweging gegee, en van toe af het hulle bekend gestaan as Mashya en Mashyâna, van wie alle mense afstammelinge is. Na hulle skepping, is die mens verlei deur ? demoon in die vorm van ? slang, en gestuur deur Ahriman, die prins van die duiwels. Hy het hulle oorreed om van ? wonderlike boom se vrug te eet, wat aan hulle kennis en onsterflikheid sou gee. Dit het gelei tot bose gedagtes in hulle harte en hulle uiteindelike val. Hulle het diere begin doodmaak, hulle het vleis geëet en van hulle velle klere gemaak. Hierna het die bose demoon nog verder houvas op hulle gekry deur jaloesie, rebelsheid en haat in hulle harte te plant. Al hierdie eienskappe het hulle aan hulle nageslagte oorgedra.
In Babilonië is wigskrif inskripsies ontdek wat ? soortgelyke beskrywing van die skepping en die sondeval van die mens beskryf. Die boom en die slang word nie van melding gemaak nie, maar graveerwerk op ou vase het bevestig dat hulle van die sondeval van die mens bewus was.
Volgens ? ou Etruskiese legende wat baie ooreenkom met die Persiese legende, het God die heelal oor ? periode van sesduisend jaar geskep.
Groete,
Angus


Kommentaar
Ja, die verhaal stem orals ooreen,
Dit het saam met Noag in die Ark oorleef (die sonde ook). Dit volg dus dat al die opvolgende (ongelowige) beskawings hul eie weergawe daarvan sou hê.
Of hoe ?
Raed-na-Gael.
Beste Raed-na--Gael,
Beste Angus
Die antieke Hebreërs was lank voor die Grieke, Bablioniërs ens bekend met die "law of cause and effect" omdat hulle 'chance' nie aanvaar het nie.Dit is dan ook uit die oogpunt dat hul tot die slotsom gekom het dat daar net een Oorsaak was wat tot die ontstaan van die heelal gelei het en nie vele oorsake nie.
In http://www.commonsensescience.org/pdf/articles/law_of_cause_and_effect_fos_v7n3_causality.pdf History of the Concept of Cause and Effect.The concept of order maintained by the lawof cause and effectis a scientific principle with a history traceable through Hebrew,Babylonian, Greek, and modern civilizations.
Hebrew Concept of Causality.
Certain Hebrews acknowledged the role of causality in the universe before the Babylonians and Greeks. These Hebrews denied chance and its off-spring chaos:
That they may know from the rising of the sun to its setting
That there is none besides Me;I am the LORD,
and there is no other;
I form the light and create darkness,
I make peace and create calamity;
I, the LORD, do all these things...
Shall the clay say to him who forms it, “What are you making?”
Or shall your handiwork say, “He has no hands”?
Beste FC Boot,
Beste Angus
Jy maak die verkeerde gevolgtrekkings.Die ou Hebreërs was wel herders maar ook diep denkers.Omdat hul baie tyd gehad het langs die kampvure het hul ook baie tyd gehad om teorieë te ontwikkel.
Hulle was natuur- en nie stadsmense nie.So het hul dan by die aanskouing van veral die hemelruim in die nag die teorie ontwikkel dat die heelal sy ontstaan te danke het aan net EEN OORSAAK en nie baie oorsake nie.
Hulle het dan ook noukeurig op die wisseling van seisoene en dag en nag gelet en die orde daarvan waargeneem.So begin hul nag dan ook met die verdwyning van die daglig en breek die dag aan na die nag met die verskyning van die lig.
Dit is inteenstelling met die moderne mens se onnatuurlike dag- en nagindeling waar die dag in die middel van die nag eindig en ook die aanvang van die nuwe dag is.As jy dan ook die skeppingsverhaal lees was daar eers 'n angswekkende donkerte en daarna lig.
Alles het dus ordelik met 'n vaste patroon verloop. So het dan ook die 'Concept of Cause and Effect' ontstaan by die mense voor die Egiptenare en ander nasies.Jy kan mos nou nie hiervan aflei dat hul voor die ander nasies bestaan het nie.
Dit gaan dus nie oor wie lank voor ander bestaan het nie, maar wel oor wie die teorie ontwikkel het. Wanneer die bannelinge dus in gesprek met mense tree sê hul na aanleiding daarvan dat die ontstaan van die heelal te danke is aan EEN OORSAAK - ook later bekend as die 'FIrst' of "Original cause'.As 'n mens dan ook die Ou Testament aandagtig lees,sal jy sien dat niemand die 'OORSAAK' kan aanskou en bly lewe nie.
Hierdie 'OORSAAK' wat hul aanvaar het vir altyd bestaan het en dus ewig was, het Sy verskyning aan die volk in verskillende vorme gemaak.Daarvan getuig die ontmoeting met Moses.
Die Babiloniërs het daarteenoor baie afgode-oorsake gehad wat elkeen verantwoordelik was vir iets. Daar was 7 gode wat elkeen iets gedoen het.
Later, veel later het ander filosowe ander teorieë ontwikkel.Toe Paulus dus in Atene op die Areopagus in gesprek tree met die mense oor hul baie gode, word hy aanvanklik goed ontvang, maar deur sommige hardop uitgelag toe hy vertel dat Jesus ,wat gevange geneem, gekruisig, gesterf het en begrawe is ,deur God weer lewendig gemaak is.
EEN God - EEN OORSAAK - was doodeenvoudig nie aanvaarbaar nie. Die gedagte dat die heelal uit atome bestaan wat afsonderlik op hul eie sonder 'n god funksioneer was alreeds in die omloop.Hulle het geredeneer 'Dood is dood' en geeneen van die baie gode wat hul aanbid het gaan jou weer lewendig maak nie.
Tog het sommige aanhoorders wel tot ander insigte gekom en bekeer geraak en Jesus as hul Verlosser aanvaar.
Angus skryf hierbo:
“….ek trek jou logika in twyfel. Met so ? logika kan ek mos bewys dat die Afrikanernasie lank voor die Duitsers, die Engelse, die Spanjaarde, die Hollanders, die Russe en selfs die Hebreërs, Grieke en Mesopotamiërs bestaan het”.
Soortgelyke "logika" word deur ‘n “geleerde” met ‘n doktorsgraad, soos volg uitgespreek.
“Afrikaans kan dalk as amptelike taal van die Europese Unie erken word.”
“Vanweë ons kennis van Engels en die nabyheid van Pole en Rusland, sal ons (volkstaat in die koue slymerige moerasse van Meklenburg Duitsland) 'n belangrike skakel tussen die VSA, Groot Brittanje en Oos-Europa word.”
‘n Volkstaat in Noordoos-Duitsland – Dan Roodt 12/9/14
http://praag.co.za/?p=26980