in U Hede

  • 1

grootste leuen, v’n als, is “ras”-’n-“klas”,
hoe Mens in struktuurg’weldsmodel pas,
kat’gorie waar’n Mens mede-Aardl’ng plaas,
sonn’r g’weld, sonn’r v’rset, sonn’r g’raas

Homo Sapiens Sapiens, subiet, in kassies in g’pak,
“ras”, “klas”, kaste, minn’rheid, meerd’rheid,
als t’rug herleibaar, na konsep v’n apartheid,
hoe Mens mede-Mens uitbuit, lat afkak

nes Chris Hani lê slagoff’r, Marikanees,
moord-’n-doodslag glattie nod’g g’wees

gun Mens Naaste g’n, ondanks Pleidooi,
v’n Bó, beautiful Liefde rond t’strooi

sonn’r v’rsoen’ng, int’grasie, g’n vrede,
veels t’veel ong’lykhede, hier’n U Hede

Jacobus Faasen

  • 1

Kommentaar

  • Ongelykhede is deel van enige gemeenskap.  Leiers vs volgelinge; base vs werkers; ryk vs arm; sterk vs swak; gesond vs gebreklik; ens.

    Die ideaal van enige gemeenskap is om gelyke geleenthede daar te steel, sodat die indiwidue dit kan aangryp en uitbuit tot sy maksimum voordeel volgens sy vermoëns om dit te kan doen.  In die proses word ongelykhede, veral in status geskep, wat vir enige land gesond is

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top