in essens: Essens

  • 0

voortstuw’nd, progressief, dinamies, soos wat’r,
rol ’n taal, oor sprek’r se lippe, int’rafhankl’k,
al maak “isiBhulu” Afrikaans-saak so b’denkl’k,
g’lyk’rd’r, sosio-ekonomies speelveld, hoe bet’r

tuss’n allie tale, ’p Aard’, regstreeks ’n v’rband,
Afrikaans, verlanges, aan Ned’rduijtsch v’rwant,
neo-Kaapsch, nie net b’perk tottie gangst’rland,
of tot stokou beend’re oppie Kaap se strand

want sed’rt Dag Een word g’kommunikeer,
kos, wat’r, slaapplek, seks, nu ja, wat meer

taal is, in essens, Essens, v’n Mens se siel,
’t ruk-’n-rol mos, nesse ou wat’rmeulwiel

Afrika-taal, as sulks nog glattie erken,
g’n taalstrijd so t’seg ov’rnag g’wen

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top