'In die oomblik' is die onderskrif by 'n mooi kleurfoto van vrolike klein kinders wat besig is om aarbeie te pluk (in vandag se Die Waarheid). Dit word gevolg deur die plek, datum en tyd. Dis tog doodgewoon – ons sien dit heeldag – ons is bederf deur die gehalte wat die media meestal bied.
Nogtans. Waar kom die uitdrukking vandaan? Dis seker 'n direkte vertaling uit Engels waarna iemand gegryp het toe werklike “saktyd” of elektroniese “saktyd” amper daar was en daarna het dit ingeburger geraak. Terwyl ek rustig by my vriend, die rekenaar, sit dink ek dat 'n mens dalk hierop kan verbeter.
Sal “ 'n Moment” die geleentheid nie beter beskryf nie? Dis nie dat 'n mens koerantmense nie die maklike uitweë gun nie – hulle werk onder groot druk – dis net dat as ons dink kan ons taal nog blinker word. Die behoefte aan die skep van nuwe woorde duik elke dag op: neologismes. Ouer voorbeelde is vonkprop en bromponie. Ons kan gerus probeer om nuwes te skep en hoef dan nie van ander tale te leen nie.


Kommentaar
Hello George
Chris, in Engels heet dit: “In the moment.” As hierdie oomblik (tydjie van lees) vir Chris ook weer by SêNet uitgebring het, is dit goed.
Aangesien Afrikaans en Engels 'n gemeenskaplike voorouer het (dis eintlik die ontsaglike getal Engelse leenwoorde wat die verskille tussen die twee tale so sterk beklemtoon) is 'moment' moontlik 'n voorbeeld van die gemeenskaplike erfenis. Moment het volgens my ou HAT drie betekenisse: 1. oomblik, tydstip. 2. gewigtige gebeurtenis en dan werktuig. 3. Neiging om beweging te veroorsaak: statiese moment.
Ons weet die meeste sogenaamde sinonieme is nie absoluut dieselfde nie, maar moment en oomblik is erg naby mekaar. 'n Oomblik is 'n baie kort rukkie, tydjie; moment. Toe Andre P Brink heelwat jonger was het hy ook 'n Oomblik in die Wind gehad. Het destyds al, heel onrespekvol, gewonder of die titel van sy boek iets met poep teen die suidooster te doen het. As die Wind apartheid was is sy seisoen verby.