geldkop, v’rdel’r-stel’r, m’t sup’rskelmslinks strat’gie,
g’slepe, wap’nv’rspreid’r, aysh, ultra-korrup lieplapp’r,
kyk hoe nasie-vlag, in volle glorie, innie wind wapp’r,
Wese, v’rwese, nog wag’p volksmoord’naarsapologie
ontwikk’l’ng, onvolhoubaar, magspel, onv’rantwoord’l’k,
wyd-’n-syd g’stry in ghetto-vallei, yt tjôtjômbi borr’l walm,
iew’rs huilsing oorlogsv’rskrikte ’n struktuurg’weldspsalm,
Menseregte-regt’r byna amp’r-amp’r, ietwat t’rneerg’druk
“Duiw’lspiek”-siek, meedoënloos, spiritueel last’g,
globaal g’nootskap gly glad v’rby, grynslag v’rleë,
meerd’rheid-van-meerd’rheid onteensegl’k g’dweë,
maar ’n paar eeue g’lee was Afrika nog mooi prast’g
kanti, in-situ-situatio, ai-jai-jai, ’t’s ong’skik,
kinn’rarbeid’r, kryg’r, in Ann’r se blik g’druk
Jacobus Faasen

