in Afrikaans se Naam (III)

  • 0

jamm’r, kam’raad, v’rleentheid strek wyd,
Mens is b’loof, amm’l ontslae v’n apartheid,
via berg-’n-dal klink kru klank v’n “isiBhulu”,
wie gat Mens v’rlos vannie ingxaki kakhulu?

taal se status (inn’rwaarheid: tále s’n),
erg’rl’k aang’tas, b’swadd’r, heel v’rsin,
voel Mens, as post-apartheid só b’gin,
is waarheid, waaragt’g, glattie ing’win

monument rys phallo-argitektonies,
kanti, v’r lew’nd taal mos ultra-ironies,
wat-of-wie is toe dour in ’75 ov’rlede,
hoe v’rsoen Mens so iets merrie hede?

al is Broed’r, Sust’r, Vlakt’l’ng, ew’neens t’vrede,
zijn daar iets vreemds re moed’rtaal, haar roede

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top