ilwimi innie kies

  • 0

aysh, Moed’r Moed’rtaal, awu, Moed’rland,
alle lof-’n-dank aan U, o Moed’r-Kontinent,
wyse waar’p U ons, inkomm’rs, ned’rsett’rs,
kolonialiste, VOC-werknem’rs, ama-Askari,
op U Vlak ontvang’t, m’t fynbos en ubuNtu

ja, Afrika, mede-Mens-l’kheid was al toe,
daai tyd, vannie Paradys, een Fenomeen,
vrou-’n-man G’wetevol op m’kaa kon steun

nie net agt’r kommersialiteit, nag’maaktheid,
“Duiw’lspiek”-lewe, Lewe Een, vol “ras”-’n-“klas”,
asof’t nie daai tyd al wet’nskapl’k onvanpas was

Mens Self Mens Self ommie bos lei,
g’wet’nloos Sy Goedgunst’gl’kheid,
God S’n, via Self-d’struksie w’l b’stry

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top