John Foxe was ’n Middeleeuse historikus wat gespesialiseer het in martirologie, oftewel hy het gespesialiseer in die martelaarsgeskiedenis van die vroeë Christelike kerk.
Sedert die publikasie van Foxe se boek oor die martelaarsgeskiedenis in 1563, het die kritici, weens die sensitiwiteit van die inhoud van die boek, op hom toegesak en hom as onbetroubaar probeer afmaak. Met die agnostiese hoogty gedurende die einde negentiende en begin twintigste eeu, het die Katolieke kerk skouer aan skouer met agnostiese kritici alles in hulle vermoë gedoen om die boek te diskrediteer, elkeen om sy eie besonderse agenda te dien. Die 1911 Encyclopedia Britannica het sy lesers gewaarsku, iets in dier voege dat Foxe “not to be trusted ... If not the father of lies, Foxe was thought to be the master of inventions”.
Maar die inhoud is nie leuens nie – die Waarheid het maar ’n manier om te seëvier. Later het latere geskiedskrywers die besondere Christelike geskiedenis aangevul tot en met die vroeë Amerikaanse sending missies. J F Mozley, wat weer die boek gepubliseer het, was oortuig van die betroubaarheid van die inhoud en so ook ander bekende historici. Die 2009 Encyclopedia Britannica maak die volgende aanmerking, in teëstelling met die vorige 1911 uitgawe, dat die inhoud van Foxe se boek “factually detailed and preserves much firsthand material on the English Reformation unobtainable elsewhere”.
Vandag nog, sal mens diegene kry wat gretig sal soek en selfs fabriseer, om die kragtige boodskap van die ware verhale te probeer ongedaan maak – ’n boodskap van die teenwoordigheid en bystand van die ware God en die innerlike Vrede en Vreugde wat dit meebring selfs in die mees haglike omstandighede en die ongekende Krag waarmee HY SY kinders bystaan, selfs al word hul fisiese liggame verniel en vernietig. ’n Agnostikus sal sekerlik hierdie aanmerking van my as onbegryplik beskou, maar ware gelowiges wéét dat die fisiese liggaam maar net die begin van die mens se lewe is en dat dit maar net tydelike huisvesting verskaf aan wat die mens éintlik is – gees en sie.
Dit is tog immers die gees en siel van die mens wat van hom maak wat hy is, baie beslis nie net die fisiese liggaam nie. Die fisiese liggaam stel bloot die mens in staat om op aarde te funksioneer en bied huisvesting aan gees en siel, maar niks meer nie. Soos die bekende evangelis Creflo Dollar eenkeer gesê het – die liggaam is die mens se ‘earth suit’. Nes die ruimtevaarder sonder sy spesiaal ontwerpte ruimtepak nie vir ’n dag in die ruimte sal oorleef nie, het die mens sy doelgemaakte ‘earth suit’ om hier op aarde te oorleef en te funksioneer.
Maar ons weet, daar kom ’n tyd wanneer ons almal sal aanskuiwe, sal verhuis, na die bestemming waar ons nie meer dié betrokke liggaam nodig het nie en dit selfs lastig sal wees en daarom gaan daardie liggaam verseker tot niet. Die menslike lewe bestaan dus uit véél meer as net fisiese liggaam. Sonder die gees en siel wat via die brein op die liggaam inwerk, is die liggaam willose, lewelose vlees en been sonder funksie.
In die agnostikus se eng bestaanswêreld, bestaan lewe slegs uit liggaam. Vir hulle is die liggaam die totaal van alles. Hulle is dus uiters bekommerd oor wat met die liggaam sal gebeur, soos Jaco ook onomwonde sê.
Terug by die getuienis wat uit Foxe se werk blyk, is dit ook deur en deur getuienis van die letterlike en verbysterende volbrenging van die profetiese belofte van die HERE Jesus Christus wat HY meer as tweeduisend jaar gelede teenoor Petrus gemaak het, toe HY aan Petrus gesê het, tydens die volgende gesprek “Maar julle, het Hy gevra, wie, sê julle, is Ek?? Simon Petrus het geantwoord: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Gelukkig is jy, Simon Barjona, het Jesus vir hom gesê, want dit is nie ’n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is. En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek My kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit (bind), sal in die hemel toegesluit (gebonde) bly; en wat jy op die aarde oopsluit (ontbind), sal in die hemel oopgesluit (ontbonde) bly.”
En hét die magte van die doderyk dit nie aangeval en probeer vernietig nie. Liggaam kan hulle vernietig, maar die Lewe en blymoedigheid in Christus, wat deur die gees voortgedra word, glad nie.
Wat beteken dit alles? Baie sê dat die HERE Jesus Christus ’n nuwe Godsdiens kom stig het, maar dit is omdat hulle nie verstaan nie – HY het, inteendeel, gekom om die oudste oorsponklike Godsdiens te bevestig, maar veral ook om ’n nuwe Kerk, ’n nuwe Gemeente – nie nuwe Godsdiens nie - te stig, naamlik die Christendom, om dié ware, onwankelbare ewige Godsdiens as God van daardie Godsdiens, die ware Christendom, te kom vestig en te bou deur Sy Kerk, die Christelike Kerk, ten spyte van die woeste aanslae teen SY Kerk. Dit is waar die sekularis en die agnostikus behoorlik deurmekaarraak – hulle kan nie tussen Godsdiens en Kerk onderskei nie, vandaar dat hulle dink dat daar deur die HERE Jesus Christus ’n nuwe ‘Godsdiens’ gestig is, terwyl dit eintlik ’n nuwe Kerk is wat die oudste, oorspronklike Godsdiens bedrywe.
Daardie Kerk het van sterkte na sterkte gegaan ten spyte en selfs as gevolg van, daardie eeue lange gruwelike vervolgings en kastyding – vir één rede, naamlik omdat dit die énigste ware Godsdiens en gemeente is waar die Énigste ware God aanbid en gedien word en SY Krag is onuitputlik en onbegrens an oorwin alles, verál die vlees en die dood.
Ek dink nie mens kan werklik ’n begrip vorm van die absolute Krag waarmee God SY Kerk bou en in standhou, as mens nie Foxe se boek lees nie. Ek het die skakel hierbo voorsien – dit is ’n e-Book wat gratis maklik deur enigiemand gelees kan word, en wat dit ook so besonders maak van dié betrokke weergawe, is omdat dit uit, wat eens 'n ateïsties onderdrukte land, Rusland, was, beskikbaar gestel word op die internet, waar daardie land, onlangs nog die bastion van die moderne wêreld se ateïstiese kommunisme, nou ook, tipies die HERE se manier van bevryding, bloedloos bevry is van daardie ateïstiese onderdrukking, waar dit nie te lank terug nie, in ons leeftyd nog, ’n misdaad teen die staat was om in God te glo en dit in die openbaar te noem. Só seëvier Gods Woord en Kerk nóú nog, waar dit ook al gepoog word te onderdruk.
Maar die magte van die doderyk se fut is uit. Nes die HERE Jesus gesê het, want SY Woord is ewig waar. As ons nou, na eeue en eeue se aanslae van alle soorte en van alle kante, kyk na die patetiese poginkies van die handjie vol agnostici in die wêreld is dit pateties vir hulle om te dink dat hulle kan hond haaraf maak teen die Mag van die Vrede en Vreugde in God en SY Woord in die hart en siel van die lede van God se Kerk. Hulle luide geskreeu en geskel en verdagmakery wat hulle so obsessief bedrywe, is so onbenullig soos onwelriekende buikwinde teen die Stormwind van die Krag van Gods Woord.
Miskien is dit hoog tyd dat hulle ook sal insien – if you can’t beat ‘em, join ‘em.
Kobus de Klerk


Kommentaar
Heil die leser.
Vir jare reeds minag Kobus de Klerk, die sogenaamde "agnostiese ateïste" (of in watter kombinasie hy ookal die woordjie "agnostici" aan ander kan vloek).
Die werklikheid is dat Kobus de Klerk, net so sinies is soos die "agnostiese ateïste" wat hy so gedurig hoon.
Kobus de Klerk, had nog nooit respek vir ander se harte wat hom nie daarmee eer nie.
In hierdie bydrae van hom, ignoreer hy nogmaals die vraag; hoekom hy die Bybel as Jesus Christus (die Woord van God) verheerlik?
Kobus de Klerk, blyk duidelik die Bybel as God (die Woord) verheerlik, en om daarmee sy regsinnige gedagte (Spirituele Intelligensie) te befaam.
Dis die een hartseer.
Aan die anderkant bespot Kobus de Klerk reeds jare saam met die sogenaamde "agnostiese ateïste", die heilige algemene, of katolieke (met 'n kleinletter k) Kerk, soos dit onder meer in artikel 27 van die Nederlandse Geloofsbelydenis verklaar word.
Kobus de Klerk het nie aanvanklik kennis daarvan gedra nie, het duidelik te gekrenk gevoel toe ek dit aan hom na al sy spot daarmee moes verduidelik, en omseil nou daarom die gedagte van 'n onsigbare Kerk in Jesus Christus met hierdie slim tipe bydraes van hom.
Wouter Ferns help ook Kobus de Klerk dink.
Volgens die slimjan Wouter Ferns, aanbid die Katolieke en Protestante selfs verskillende gode; wat nog die Jode en Moslems se verheerliking van die God van Abraham?
Kobus de Klerk val heel gretig daarby in deur te meen dat die Jesus Christus wat ek aanbid, ook nie sy Jesus is nie.
Vir jare spot Kobus de Klerk ook dat my sinkretiese uitdra van die Evangelie (as deel van die katolieke Kerk se roeping op aarde), bloot my verbeelding en hutspot is.
Al my vrae met respek aan Kobus de Klerk rakende hierdie kwessies, is ook skynbaar benede sy rede.
Daarom herhaal ek bloot hier Kobus de Klerk se dwalinge sonder om enige rede van die befaamde strooipop te verwag.
Mag Jesus Christus - die Woord van God - self die Lig in elkeen se hart wees sodat almal die wonder van die katolieke Kerk sal weet en dat die Bybel, nie as die Woord van God te verheerlik is nie.
Namaste!
Cornelius Henn
Eerder wou ek my weerhou om te antwoord op hierdie brief maar die volgende stelling dwing my daartoe:
"---n boodskap van die teenwoordigheid en bystand van die ware God en die innerlike Vrede en Vreugde wat dit meebring selfs in die mees haglike omstandighede en die ongekende Krag waarmee HY SY kinders bystaan, selfs al word hul fisiese liggame verniel en vernietig. n Agnostikus sal seker hierdie aanmerking van my as onbegryplik beskou, maar ware gelowiges wéét dat die fisiese liggaam maar net die begin van die mens se lewe is en dat dit maar net tydelike huisvesting verskaf aan wat die mens éintlik is - gees en siel.
Baie dankie Kobus, ek verstaan nou uiteindelik die mentaliteit, "mindset", en ideologie van die Kerk agter die Inkwisisie wat persone gemartel het tot die dood omdat hulle liggaam van GEEN waarde was nie, maar dat hulle gees en siel vir God gespaar moes bly. Waar was die Heilige Gees in hierdie donker martelselle om 'n einde te maak aan hierdie beesagtige bedrywe?
Watter gerieflike ideologie om al die moorddade van die Kerk goed te keur soos die verbranding van hekse tot genocide.
Vandag het ek weer iets nuuts geleer van John Foxe (jakkals) en Kobus de Klerk.
Nogmaals dankie.
Pieter Redelinghuys
Redelinghuys,
Tipies maar die kwaadwillige geestelike ingesteldheid van die agnostikus - en natuurlik ook die bykans afwesigheid van insig en begrip in wat so iemand lees.
As jy iets geweet het, en nie net 'n bol woord-wind was nie, sou jy kon agterkom dat dit juis die Katolieke kerk was wat hom eers aan andersdenkende (as die Katolieke) mense vergryp het, en toe ook aan die reformiste en protestante en almal op die brandstapel laat beland. Hulle was ook die staatsgesag van die tyd en wat hulle gedoen het en hulle afskuwelike praktyke, het met Goddelike opdrag en met Christendom, niks te make gehad nie. Dit is juis waarom die Katolieke kerk saam met die agnostici van latere jare, Foxe se boek probeer diskrediteer het, want die boek was en is teen hulle ook 'n aanklag.
Indien jy in jou onkunde nie weet nie - geen mens het die reg om hom aan die liggaam van 'n ander te vergryp nie.
Maar die liggaam is en bly net eenvoudig die enigste verganklike eienskap van die mens. terwyl die ware gelowige mens nie sy eie fisiek verhef tot iets wat dit nie is nie.
Maar dit is goed om jou 'opinie' nou ook op skrif te hê, want nou kan mense vir hulself sien hoe wanaangepas en irrelevant die agnostiese siening is wanneer hy die Woord en ander geestelike leesstof lees, want hulle sal Foxe se werk ook lees en besef waaroor dit werklik gaan en watter wonderlike getuienis uit die tragiese gebeure voortkom en dan agterkom hoe julle die kluts kwyt is en hoe irrelevant, kwaadwillig en donker julle 'interpretasies' is.
Kobus de Klerk
Graag wil ek jou weer bedank vir daardie besondere insiggewende stukkie skrywe oor Foxe. Nou eers begin ek werklik te begryp die geweld wat lê aan die hart van die Christelike "godsdiens" , nl die ontkenning van die fisiese liggaam ten gunste van die "siel" en "gees", twee begrippe wat van die Griekse folosoof Plato deur die Kerk in die Christelike geloof oorgeneem is, en entiteit waarvoor daar geen bewyse is nie.
Die Inkwisitore het juis in hierdie siening geglo wat hulle dan vryehande gegee het om "agnostici" en ketters te verniel en vermoor, om hulle "siele" vir God te red.
Nogmaals baie dankie vir hierdie vrugbare gedagtewisseling.
Pieter Redelinghuys
Die historikus is seker maar net so goed soos sy bronne. Foxe baseer sy weergawe van Paulus se dood op die van Eusebius, wat op sy beurt dit weer baseer op die 'Handelinge van Paulus', 'n boek wat nie opgeneem is in die Bybel nie.
Volgens Foxe uit Hoofstuk 1 (X): The great apostle of the Gentiles, was a Jew of the tribe of Benjamin, a native of Tarsus in Cilicia, and before his conversion was called Saul. After suffering various persecutions at Jerusalem, Iconium, Lystra, Phillippi and Thessalonica, he was carried prisoner to Rome, where he continued for two years, and was then released. He afterwards visited the churches of Greece and Rome, and preached the gospel in Spain and France, but returning to Rome, he was apprehended by order of Nero, and beheaded.
Bart Ehrman (Lost Scriptures - Books That Did Not Make It Into The New Testament) het die volgende te sê oor hierdie boek:
“The “Acts of Paul” is not preserved in its entirety, but only in large fragments that are difficult to piece together. The complete book is usually thought to have included the Acts of Thecla and the pseudonymous letter of 3 Corinthians (see below). Together, the various fragments narrate legendary episodes from Paul’s life, including the account, not excerpted here, of a talking lion whom Paul converts and baptizes, who then, at a later time, spares Paul when loosed upon him in the arena.
The following extract was no doubt the conclusion of the book, for it describes Paul’s martyrdom. Put on trial before the evil emperor, Nero, Paul announces that even if executed, he will reappear as proof that he can never really die but will live forever. When Paul is then beheaded, we are told that milk (a symbol of life?), rather than blood, squirts from his wound, and that after his death, Paul fulfills his word by appearing to Nero and pronouncing the emperor’s own imminent doom.
Most scholars identify the Acts of Paul with a book known to the church father Tertullian, who, around 200 ce, claimed that it had been forged by a presbyter of Asia Minor who, after being caught, indicated that he had done it “out of love for Paul.”
Net soos Jesus het Paulus ook opgestaan uit die dode. Geen regdenkende mens gaan dink dat ons hier te doen het met geskiedenis nie. Dis seker waar dat Foxe van baie waarde is wanneer hy die vervolging van Protestante deur die Roomse Kerk beskryf in sy eie tydperk, maar as hy praat van die vroegste vervolgings, herhaal hy eenvoudig die legendariese weergawes van Eusebius en die skrywers van boeke soos die een hierbo.
Redelinghuys,
Om net jou onsinnige snert te herhaal, wat duidelik nie verband hou met wat ek weergee nie, gaan jou nie baat of die knoop vir jou deurhaak nie.
Die inkwisitore, soos jy na hulle verwys, se inkwisisie het met dit wat ek oor geskrywe het, niks te make nie, behalwe net om te bevestig waaroor Foxe geskrywe het en hoe die Katolieke kerk hom aan sy politieke mag vergryp het onder Katoliek-religieuse dekmantel, deur juis deel te wees van de vervolging van Christene en is daardie optrede van die Katolieke kerk verfoeilik en geensins verbonde aan die ware Kerk van die HERE Jesus Christus nie.
Die Heilige Gees het juis die mense so bemoedig en versterk in daardie tyd - lees Foxe se boek - sodat selfs talle van hulle onderdrukkers daardeur tot bekering gekom het. Hulle het glad nie die dood ervaar soos wat jy dit sal ervaar nie - hulle had geen vrees daarvoor nie want dit is niks om te vrees nie.
Jou aanmerking dat die Christendom dei fisiese liggaam 'ontken' (watter stomme snert - hoe ontken mens jou eie liggaam) is eweneens die vrug van joue eie vooroordeel en gebrek aan insig. Inteendeel, dit is die Christelike beginsel dat die liggaam nie geskend mag word nie aangesien die Heilige Gees van God veronderstel is om inwonend te wees en dit lede van Christus behoort te wees (1 Korintiërs 6:15, 19-20).
Die Christelike Godsdiens onderskei tussen twee Godgegewe liggame - die aardse (fisiese) en die hemelse (verheerlikte) liggaam van die mens. Die eerste vergaan om plek te maak vir die tweede, die ewige, saam met God (1 Korintiërs 15:40-54), Beide moet versorg en geëer word as sulks.
Maar wat jy nie sal kan verstaan nie, is dat die ware gelowige nie sy siel en gees sal verkoop ter wille van sy fisiese liggaam nie (Markus 8:37) - dit is wat julle doen, maar nie ons nie.
Al wat baie duidelik van jou deurkom, is jou redelose vooroordeel wat jou tot sulke insigloosheid beperk. Is jy werklik nie tot beter instaat nie?
Kobus de Klerk
Chris,
Jy sê Foxe het hom Eusebius beroep terwyl laasgenoemde hom op die geskrifte van Paulus beroep het.
Uiteraard het die Romeinse historikus en eksegeet Eusebius so bietjie voor Bart Ehrmann die evangelie van Paulus onder hande gehad, sowat 1900 jaar later, en het Eusebius toegang gehad voordat die vervalsers daarop kon toeslaan en toe dit nog meer volledig was.
Interessant hoe jy sal skrywe van al die kritiek, maar Foxe aanhaal en uit Foxe se aanhaling blyk niks van die ander snert wat jy wil gebruik om hom en Eusebius mee af te kraak nie. Kan jy die groteske leemte in jou eie kritiek nie agterkom nie?
Het jy al daaraan gedink waarom Foxe, wie meer as 'n duisend jaar na Eusebius gelewe het, dan eerder Eusebius as bronne gebruik en nie die sogenaamde evangelie van Paulus self nie? Want hy het besef Eusebius het 'n meer volledig, ongekontamineerde geskrif van Paulus gehad om mee te kon werk. Goddank, beide Eusebius en Foxe het beter integriteit, insig en begrip as jy gehad in waarmee hulle besig was. Dit is eintlik jy wat die stories fabriseer, nie hulle nie.
Maar Eusebius het glad nie nodig gehad om die geskrifte van Paulus te gebruik nie want hy was inderdaad verantwoordelik vir die sogenaamde Historia Ecclesiastica wat 'n volledige geskiedskrywing van die vroeë Christendom was en wat vanuit kontemporêre bronne van die tyd nagevors is waarvan die integriteit nie in twyfel getrek kan word nie.
Eusebius was dus in alle opsigte bekwaam, kundig en betroubaar om as bron te dien en het Foxe in daardie verband ook 'n besondere wyse keuse gemaak. Nou nie dat Eusebius kritiek vrygespring het nie, want latere kritici het dieselfde met hom ook probeer doen, insluitende Edward Gibbon. Gibbon is 'n goeie historikus, maar sy sekulêre oortuigings het hom die kritiek laat baseer op Eusebius se aanprysing van Konstantyn, terwyl Konstantyn, veral vir 'n Romein soos Eusebius, verantwoordelik was vir die werklike ontbanning van die Christendom en vir onbelemmerde groei. McMullen het sowat 'n eeu later ook vir Eusebius gekritiseer omdat hy kettery uit die geskiedenis uitgelaat het. Wat 'n kortsigtige stukkie kritiek.
Hier is 'n aanhaling uit die critique van Eusebius se werke deur gerekende en kundige historici soos Schaff, Mace, McGiffert, et al:
"The whole Christian world has reason to be thankful that there lived at the opening of the fourth century a man who, with his life spanning one of the greatest epochs that has occurred in the history of the Church, with anintimate experimental knowledge of the old and of the new condition ofthings, was able to conceive so grand a plan and possessed the means and the ability to carry it out. Had he written nothing else, Eusebius’ Church History would have made him immortal; for if immortality be a fitting reward for large and lasting services, few possess a clearer title to it than the author of that work. The value of the History to us lies not in its literary merit, but in the wealth of the materials which it furnishes for a knowledge of the early Church. How many prominent figures of the first three centuries are known to us only from the pages of Eusebius; how many fragments, priceless on account of the light which they shed upon movements of momentous and far-reaching consequence, have been preserved by him alone; how often a hint dropped, a casual statement made in passing, or the mention of some apparently trifling event, gives the clue which enables us to unravel some perplexing labyrinth, or to fit into one whole various disconnected and apparently unrelated elements, and thus to trace the steps in the development of some important historical movement whose rise and whose bearing must otherwise remain an unsolved riddle."
Maar ek het mos gesê, julle sal alle sin jul vermoë probeer doen om Foxe te diskrediteer en hier sien ons dit nou, al is dit nou ten koste van julself deur jul gebrek aan integriteit ten toon te stel. Kyk na die aanmerking wat jy maak oor Paulus wat uit die dood sou opstaan - waar op aarde kom jy daaraan? Julle is so kwaadwillig en integriteitloos.
G'n wonder die vervalste boeke soos dit uiteindelik daar uitgesien het, het dit nie in die Nuwe Testament gemaak nie - nog 'n pluimpie vir die integriteit van die Nuwe Testament wat die ateïs vir ons uitlig.
Kobus de Klerk
Hello,
Hello,
Hello Pieter,
Nogals waar Wouter Ferns, dis werklik hartseer hoe die ware gelowiges op die werf die heilige algemene, of te wel; katolieke Kerk in Jesus Christus onse God misken - dit, selfs in direke stryd met die Nederlandse Geloofsbelydenis artikel 27 ... intussen blyk dit Kobus de Klerk en sy infernale gevolg die gedagte herformuleer ten einde faam daarvoor te werf ... die "fight" is nie myne nie aangesien ek in die vrede van Jesus Christus onse Hemelse Vader daaroor berus ... mag Jesus Christus onse HERE, self die katolieke Kerk in 'n ieder se hart openbaar ... Namaste! Cornelius Henn
Toemaar, Wouter, MacCullogh is darem seker nie heeltemal nutteloos nie.
Maar die feit dat hulle Foxe, wie baie diep onder die indruk van die gruwel en swaarkry van die vervolging en verdrukking van ware gelowiges was, se werk as 'propaganda' probeer afmaak, is nie net aanduidend van hulle kil gebrek aan insig, begrip en deernis nie, maar ook aanduidend van die neiging tot vooroordeel wat daardie kommentators bloots ry.
So, ja wag, miskien is Mac Culloch tog na alles nutteloos 🙂
Indien die protestante ook mense verbrand het en sulke bewerings nie net teen-propaganda was nie, is daardie optrede net so verfoeilik en verwyderd van die voorbeeld en Lering en Evangelie van die HERE soos die van die Katolieke. Ek weet wel dat beide protestant en Katoliek (weereens veral die Katolieke met hulle IRL) nog tot relatief onlangs in Ierland mekaar geskiet het - hoe veragtelik en weereens, verwyderd van die Evangelie van Vrede van die HERE vir Wie hulle veronderstel is om te dien. As enigeen van hulle die Evangelie van die HERE Jesus Christus teenoor mekaar uitgelewe het, sou daardie slagtings vir dekades aaneen ook nie gebeur het nie. So niemand is perfek nie - maar die HERE en Sy Woord is - as ons dit nastreef, sal ons wonderlike voorspoedige lewens lei, almal van ons.
Ek gee vir jou die lied van Strawbs, waar hulle in 1971 so treffend die tragiese ironie van die sinnelose stryd so sielvol en treffend uitbeeld - The Hangman and the Papist - volg asseblief die lirieke. Strawbs is, wat my aanbetref, aan van die mees uitstaande groepe wat musiek gemaak het. Die legendariese Rick Wakeman by sy Hammond orreltjie met sy kenmerkende verfroller-tegniek, alles is te siene en te hore, saam met daardie sielvolle vokale aanbieding van Dave Cousins. Ek hoop jy geniet dit en dat dit iets vir jou beteken.
Kobus de Klerk
Hello Kobus,
"protestant" met 'n klein "p" Kobus de Klerk? ... kan dit 'n drukduiwel wees, of het jy nogmaals 'n heel nuwe Spiritueel Intelligente begrip hier vir die wêreld te leer? ... iets soos die "helige protestante Kerk", die algemene vergadering van almal in Jesus Christus onse HERE? ... ek hou die spasie met groot belangstelling dop!
Wouter,
Die bekende Servetus van die Middeleeue is 'n persoon wat deur sommige protestante en die Katolieke destyds veroordeel is oor lasterlike dinge wat hy kwytgeraak het (hy was, onder andere, ook 'n teoloog) en is hy verbrand - tereggestel - deur die Geneefse owerhede. Calvyn had 'n beduidende rol daarin.
Op die brandstapel het Servetus sy lastering besef en die HERE se Naam aangeroep en om vergiffenis geroep.
Maar wat nog van groot belang is, is dat hierdie teregstelling die meeste protestante se protes ontvang het. Calvyn self, was ten gunste daarvan. Hulle het gemeen dit is nie regverdigbaar om iemand te dood vir Godsdienstige redes nie. Dit het daartoe aanleiding gegee dat die protestante hulle van sulke optrede gedistansieer het, terwyl die Katolieke met oorgawe daarmee voortgegaan het, veral met die Spaanse inkwisisie (Michael Servetus was ook 'n Spanjaard).
Later het daar, ook om ander bydraende redes, skeiding gekom tussen die Calviniste en ander protestante.
Kobus de Klerk
Hello Kobus,
Kobus de Klerk, watse "lasterlike dinge" het Michael Servetus kwansuis kwytgeraak gereken ook in jou hedendaagse Katolieke en Calvinistiese soort onverdraagsaamheid teenoor ander se harte?