Hier’s nou weer iets vir ouens soos Dirk, Angus en Jaco om oor te kla oor ek daaroor kla:
Hoekom spreek Afrikaanse mense vreemde, en partykeer nie so vreemd nie, woorde op Engels uit? Daar is ‘n omroeper wat van ‘Uckermann’ as ‘joekermin’ praat. Baie omroepers praat van ‘Sharapova’ as ‘Sharapouwa’ en van Roland as ‘roulint’. Andre Schwartz vertel in ‘n advertensie dat hy in the Sound of Music die rol van captain won twap (om te rym met ‘mouse twap’) vertolk. In die program Leef jou Reis praat Gerrie ook van von ‘twap’. Wat is fout met Kaptein Von Trapp (om te rym met ‘steil trap)? Een omroepster praat van Agence France Pwes, wat’s fout met ‘Presse’ (om te rym met ‘bres’)? As jy ‘Agence France’ op die Franse manier uitspreek, hoekom ‘Presse’ op die Engelse manier?
Dit is baie eienaardig.
Jan Rap


Kommentaar
Jan
Moenie worrie nie.
Ek gee jou klaagliedere deesdae 'n geskiep.
Ek het hierdie een vlugtig gelees toe ek my naam raaksien