Na aanleiding van Boer soek 'n vrou. Ek wil net die ongetroude manne op die web 'n paar riglyne gee hoe om die vrou wat saam met hom vir ten minste die afsienbare toekoms gaan leef te behandel.
Eerstens jy maak die kardeur vir haar oop en maak dit weer toe. Jy wys haar twee of drie keer. Daarna doen sy dit self.
2. Jy hou die kombuisdeur vir haar oop as sy die "groceries" indra.
3. Jy stap saam met haar en hou die sambreel vas wanneer sy gras sny. So nou en dan spuit jy haar met die tuinslang nat as sy strompel of dit lyk of sy wil "uitpass".
4. Jy koop vir haar gereedskap, soos 'n saag, hamer, spykers, tange ens om die goed wat in die huis breek reg te maak. Sy gebruik nie joune nie, want hulle sit dit nooit weer terug waar hulle dit gekry het nie.
5. Wanneer sy haar kar was, dra vir haar ietsie kouds aan sodat sy joune ook was.
6. Los haar met die trollie by die Supermark, sy kan jou sms sodat jy die sambreel kan bring vir die warm son terwyl sy die trollie kar toe stoot.
7. As jy haar bietjie touwys maak moenie merke los waar dit nie met klere bedek word nie.
8. Sy moenie voor die TV verby loop as jy iets sit en kyk nie. Sy moet buk of hande viervoet verby loop.
9. Jy hoef ook nie skree vir 'n dop nie. Die ys, dop en "mix" moet naby wees.
10. Sy kan darem jou leervoorskoot dra wanneer sy braai.
11. Sy moet ook nie die vuur te warm maak nie. Jy wil geen vlamme sien nie.
12. As jy 23h00 lus is vir 'n broodjie, moet sy nie mompel terwyl sy wakker word en uit die bed opstaan nie.
13. Sy moet ook nie met die haardroër raas as jy TV in die kamer kyk nie.
14. Wanneer jy laataand by die huis kom soek jy 'n "snack".
15. Sy moet haar ook nie wip as jy die kamer instrompel en haar op die boud raps en sê, "jy is volgende vettie" nie.
16. Sy moet haar ook nie wip as jou pelle laataand saam met jou huistoe kom en bietjie wil braai nie. Hulle is mos gewoonlik honger.
17. Sy hoef ook nie haar wange te pomp as jou familie bietjie kom kuier nie. Hulle het nie DSTV nie en kan nie bekostig om see toe te gaan nie. Hulle braai ook net polony by die huis.
18. Ek soek nie 'n bediende nie, want ek het gehoor huiswerk hou jou fiks en viets.
19. Ek het ook geleer om haar nie te bel terwyl sy stryk nie.
20. Gee haar 'n "posdated" tjek om ietsie vir haarself vir Krismis te koop.
Die dolla sal by jou bly.
Reusedwerg


Kommentaar
Reusedwerg
Hello,