’t Mens Self, Self lied’rl’k v’rsaak, via Self-d’struksie,
sonn’r ’n ou slagspreuk op t’diep, Zabalaza’t g’jika,
sorry mawethu, tyd’s v’rby, v’n “ras”, ook v’n “klas’
Lewe Een een g’jaag na sjelt, kapitaal, fiksie,
Eerste Mens eerste, wie nà tweede, in Afrika,
watt’r Mens moes koff’r dra, wie m’t’t b’las,
wie’t eerste na “Ann’r” se kleur v’rwys, aysh
wie wil uiteind’l’k saambly, ook in Paradys,
Mens mede-Mens Mens-waard’g hanteer,
m’t als’p skaal v’n G’regt’gheid g’kalibreer,
sonn’r v’rlies v’n kleinste kries’l waarheid
als was so donn’rs ann’rs, onn’r apartheid,
al was onkund’-ontkenn’r net so sleg, korrup,
soos v’dag s’n, oppe sup’r-Self-d’struksie-trip
Jacobus Faasen

