Ek lees elders op ’n aanlyn forum bespiegelinge oor die toekoms van godsdiens ’n paar geslagte van nou af. Een mening stel voor dat dit nie sommer sal verdwyn nie, maar dat dit iets sal word wat mense nie graag erken nie – soos skilfers.
Op LitNet is die onderwerp van Die Bybel en homoseksualiteit nou weer onder bespreking: ’n onderwerp wat periodiek opduik. Daar is natuurlik talle Bybelse voorskrifte wat indruis teen hedendaagse etiek waarin menseregte eerder as religie die bepalende maatstaf geword het. Homoseksualiteit is nou maar net eenmaal ’n gunsteling swartskaap, want dit het mos niks met ons te doen nie – dis ander mense wat dit doen. Dit bied die ideale geleentheid om met selfvoldane deug vinger te wys.
Ralph Barnard en Ernest van Eck pak hierdie onderwerp aan in hulle artikel Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybelse tekste: Antigay of misverstaan? Dit is duidelik dat dié here baie moeite en navorsing gedoen het en oënskynlik goeie bedoelings het. Ongelukkig oortuig die eindresultaat nie. Dit kom oor as verwringingstoertjies; hulle siening dat hierdie tekste nie oor homoseksualiteit soos ons dit vandag verstaan handel nie, verg wilde verbeelding; hulle aanspraak dat dit teen die sosiale en kulturele agtergrond van die tyd gelees moet word, impliseer dat die hele Bybel verouderd geraak het as etiese rigsnoer. My raad aan die homoseksueel is om nie om die bos gelei te word deur sulke verdraaiings nie, om Die Bybel en Christendom te verwerp en om eerder ’n waardesisteem gefundeer in menslikheid en eerlikheid na te volg.
Ek het genoem dat daar talle Bybelse voorskrifte is wat indruis teen hedendaagse etiek. Dit sluit onderwerpe in soos slawerny, volksmoord, die verkragting van maagde in oorlog, die vervolging van sogenaamde hekse en die onderdrukking van ander gelowe. Verder bied Die Bybel nie bevredigende etiese riglyne wat betref natuurbewaring, kunste, dieremishandeling, geslagsgelykheid of gestremdes nie. In baie opsigte stel die optrede van die godkarakter, veral in die Ou Testament, eintlik skokkende voorbeelde van laakbare etiek.
Benewens die etiese ontoereikendheid van Die Bybel, bevat die geskrifte ook ’n kinderagtige voorstelling van die geskiedenis en wetenskap. Sommige van die voorstellings is so absurd dat daar in der daad gronde is om te vra: “Het Die Bybel ’n verleentheid geword?”
Charl le Roux


Kommentaar
Charl
Jy Skryf:
"My raad aan die homoseksueel is om nie om die bos gelei te word deur sulke verdraaiings nie, om Die Bybel en Christendom te verwerp en om eerder ’n waardesisteem gefundeer in menslikheid en eerlikheid na te volg."
Baie goeie raad.
Jaco Fourie
Beste Charl,
JA, die verafgoding van die Bybel as Jesus Christus (die Woord van God), is gewis 'n verleentheid!
Vir baie jare reeds dien Bybelaanbidders as strooipoppe vir Godslasteraars.
Op my weg, toegewy in verskeie Godsdienste na my Protestante ontnugtering, het ek geleer hoe kosbaar die Bybel werklik is.
Die Bybel is inderdaad 'n bundel Heilige Skrifte, met elk hul eie agtergrond en era uit verskeie Godsdienste in die ganse menseheugenis.
'n Regsinnige (gereformeerde met 'n klein "g") benadering tot die Bybel in afsondering van ander Godsdiens, is 'n dwaling.
Katolieke met 'n klein "k", asook die Katolieke andersyds so bekend, volg juis 'n apostoliese (met 'n klein "a") bediening ter wille van 'n hedendaagse toepaslikheid van die Evangelie.
Die Protestante daarteen isoleer die Bybel as die "Woord van God", ter wille van hul bepaalde politieke en ander sosiale doelstellinge - byvoorbeeld Christelike Nasionaal en Apartheid.
Geen sinvolle antwoord op jou stellinge is egter moontlik alvorens die kennis en aanvaarding van hierdie enkele feite wat ek met oortuiging met jou deel nie.
Kognitiewe dissonansie, is egter die grootste uitdaging om gedagte hieraan te gee.
Kognitiewe dissonansie is ook een begrip wat ek my nie oor gaan verknies om eenvoudiger te vertaal nie, aangesien enige eerlike belangstellende, self die woord sal klaar en begryp en daarmee die volgende trap na hul geestelike rykdom te klim.
Opregte groete,
Cornelius Henn
Hello Charl et al,
Le Roux,
Gaan lees gerus Trienie se uitstekende raad in haar artikel oor die gewete wat saam met joue geplaas is.
En as jy nie meer 'n gewete het wat pla nie - dan skreeu die alarms en rooi ligte ten hemele vir jou.
Jy is 'n agnostikus. Het jy al daaraan gedink hoe stuitig - op die beste vir jou - die dinge wat jy hier kwytraak moet lyk vir die biljoene gelowiges wie besef dat Gods Woord soewerein is ten spyte van die sogenaamde humanistiese sekulêre aanslag daarteen? Besef julle dat die aanslag al vir eeue en eeue duur en steeds misluk en steeds geen vordering kon maak nie? Besef jy dat die Bybel steeds en veral nou, die mees gesogte boek van alle boeke op aarde is en in die meeste verskillende tale vertaal is en die inhoud daarvan steeds die meeste aandag geniet wêreldoor as enige ander publikasie ooit?
Het julle dan nie insig genoeg om te besef dat julle teen die prikkels skop nie?
Mens kry julle werklik jammer oor hierdie patetiese pogings om die Woord te probeer diskrediteer.
Die opgetekende Woord van God soos in die Bybel staan, was nog nooit so relevant en opbloeiend soos juis vandag nie.
Die teendeel gaan gebeur - al meer en meer mense sal begin getuig oor hul geloof in God. Jy is baie agter die tyd - daar was 'n tyd dat dit stilgehou is en dat mense skaam was oor hul geloof. Daardie dae is vir goed verby. Dit sal julle sien. Hou maar gerus die besige forums op die internet dop. Dit is so lewendig en dinamies, dat selfs die agnostici besig is soos hulle hul met die Bybel, die Woord, bemoei. Kyk byvoorbeeld op hierdie forum - die meeste bydraes is deur agnostici wat absoluut behep is met die Bybel en wat daarin staan. As mens so na julle beheptheid met die Bybel kyk, sou mens amper kon dink julle het niks anders om jul mee besig toe hou nie - Waar kom jy dus aan die ooglopende snert wat jy skrywe?
Nogeens 'n uitstekende voorbeeld van daardie eienaardige sisteem van selfdesepsie wat die agnostikus klaarblyklik bykans daagliks moet voed.
Kobus de Klerk
Hello,
Charl,
Dit is en bly vir my ongelooflik hoe agnostici (soos jy) en ateïste heeltyd wil voorgee dat julle die Woord van God, die Bybel, ken terwyl julle eintlik geen “clue” het nie. Dit is maklik om uit julle skrywes te sien dat jull werklik geen benul van God se Woord het nie en Hom glad nie ken nie – julle het in elk geval nog nooit nie (alhoewel sommige daarop roem – die sogenaamde “voorheen christene”) maar tog dring julle daarop aan om al babbelende julle eiewysheid (aka dwaasheid) op hierdie forum kwyt te raak oor iets waarvan julle geen begrip het nie!
Julle hou aan om al strompelend die Bybel te probeer aanval en misluk misrabel elke keer daarin. Nou kom jy met jou raad (dwaling eerder) aan homoseksuele en gooi sommer jou insiglose stywer in die beurs oor die Bybel by. Wat is hierdie beheptheid van agnostici/ateïste met die Bybel – kan julle net eenvoudig nie die gewete sus nie en het nodig om met sulke ongevraagde snert julself oortuig te hou van jul gekose dwaling eerder as om waarde toe te voeg tot hierdie forum?
Lees gerus Romeine 1: 16-32. Graag haal ek ‘n paar verse aan. Vers 16: “Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood." En dan praat jy van verleentheid......nee wat, probeer maar weer!
Verse 18&19: “God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk. Wat 'n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring.
Verse 20-22: “Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie, omdat, al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks nie, en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister. Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas.
Vers 25: “Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen. Hulle dien en vereer die skepsel in plaas van die Skepper, aan wie die lof toekom vir ewig. Amen. “
Vers 28: “En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is.”
Vers 32: “Hulle is mense wat die verordening van God ken dat dié wat sulke dinge doen, die dood verdien, en tog doen hulle nie net self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as ander dit doen.”
Matt. 22:29: “Maar Jesus antwoord hulle: “Julle dwaal omdat julle nie die Skrif en ook nie die krag van God ken nie.”
Is dit nie wonderlik hoe agnostici soos jy uit jul onkunde juis die Woord van God waar bewys nie? Nie dat dit nodig is nie, maar só doen julle dit oor-en-oor…..maar dan weer…. julle kan julself eenvoudig net nie help nie.
Wouter,
Dit is opmerklik dat jy altyd diplomaties probeer wees en dikwels met elle-lange skrywes vorendag kom, maar dan geen werklike eie opinie het nie.
Jy laat my onwillekeurig dink aan Jakobus 1: 5-8: "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie."
Komaan Wouter, ek wil glo jy is tot meer in staat. Jy leen dikwels jou ore en oe aan menslike wyshede uit en dit tot jou eie armoede, terwyl God slegs 'n opregte gebed weg van jou is....
Sterkte
Dolf
Hello Dolf,
Jare reeds pleit ek gewoon respek vir ander se oortuiging en hul redes daarvoor. Na al Wouter Ferns se verdagmakery, ontsier en bespotting van onder meer die katolieke Kerk, veins hy: "My [Wouter Ferns se] opinies is in daardie skrywes en behoort nou al duidelik te wees dat ek is glad nie teen Godsdiens nie en hoe mense dit uitlewe nie en betoon met graagte respek daaraan, maar gee nie in vir 'n eenvoudige antwoord nie, daarom word die spektrum so wyd as moontlik ondersoek". Ja, hoe laakbaar! Sinici soos Wouter Ferns, Dolf van Loggerenberg, Kobus de Klerk, Jaco Fourie, Chris Dippenaar en Trienie Mahne, het duidelik nie 'n benul wat die woord respek vir ander se harte beteken nie. En nee, dis nie 'n keuse tussen Cornelius Henn en Kobus de Klerk nie; die name wat ek hier noem, behoort in hul anderhaat bendetjie saam - gelowig en ongelowig! Goddank hulle is by verre die minderheid op die werf - al spoeg en plak hulle dat dit lyk of hulle die meesters is ... ja, siestog ... die Bybelaanbidders en hul ewe misantropiese gevolg is inderdaad 'n verleentheid - nes Charl dit beskryf.
Cornelius, seker die groot verskil tussen hierdie "anderhaat bendetjie saam - gelowig en ongelowig", is dat hulle gereeld met mekaar gesels. Dit terwyl jy op die Parade rond hardloop met windmeul-arms in gesprek met jouself.
Dankie vir die onderskeie reaksies. Dit dek `n breë spektrum.
Daar is enkele aspekte waarop ek graag reageer. Twee van die bydraes beweer dat ateïste en agnostici behep wou wees met die Bybel. Die waarheid is dat daar beswaarlik `n dag verbygaan waarop daar nie artikels, briewe en kommentare op LitNet verskyn wat Bybelse aspekte aanspreek nie. Persoonlik is ek nie in die gewoonte om die Bybel te bespreek nie, soos duidelik behoort te blyk uit my vorige bydraes. My brief was egter in reaksie op `n artikel. Om, soos Dolf, ander te beskuldig van beheptheid met die Bybel en dan agt Bybelverwysings aan te haal, illustreer die ironie.
Cornelius en Wouter maak albei melding van kognitiewe dissonansie. Ek verstaan dat dit verwys na die innerlike ongemak wat mense geneig is om te ervaar wanneer teenstrydige getuienis teengekom word. Daar is `n menslike drang na harmonie en eenvormigheid. Logika dikteer dat, uit `n stel teenstrydige hipoteses, hoogstens een waar kan wees. Kognitiewe dissonansie speel dus `n sentrale rol daarin om vals getuienis te ontbloot. Miskien is dit `n gebrek aan kognitiewe dissonansie, miskien `n onderdrukking daarvan, wat aanleiding daartoe gee dat soveel mense onversoenbare hipoteses in parallel as waarheid aanvaar. Nêrens is dit meer algemeen nie, as by religie. Waar daar skreiende teenstrydighede opduik, word dit eenvoudig opgedis as wonderwerke en met wonderwerke is enigiets moontlik. Eintlik kom dit daarop neer dat logika oorboord gegooi word.
Ek het Wouter se aanhalings uit die debat tussen Steven Pinker en Leon Wieseltier interessant gevind. Pinker se idee van die natuurwetenskaplike model op sosiale wetenskappe toepas is, soos Wouter opmerk, nie nuut nie. Vir `n geruime tyd leer studente in sielkunde reeds statistiek. Sam Harris voer dit nog verder en stel voor dat etiek op empiriese data met insette soos die minimalisering van pyn en lyding gegrond kan word. Wieseltier antwoord Pinker dat “religious faith is not just a set of empirical propositions, and that it is not inconsistent, when intelligently interpreted, with empirical verification.” Uiteraard bevat religieuse geloof ook emosies soos toegewydheid. As die intelligente interpretasie waarvan Wieseltier praat sodanig is dat daar geen konflik met empiriese data is nie, dan kom dit eintlik daarop neer dat hy die Bybel van wonderwerke wil suiwer. Só `n interpretasie van Bybelse mites verg na my mening te veel kreatiewe vertolking van die inhoud om nog as eg aanvaar te word.
ClR
Die Bybel is 'n wonderlike boek. Indien ek 'n lektor of professor in letterkunde was, sou die Bybel een van die voorgeskrewe werke vir studente gewees het. Dit bevat alles: romans, novelles, kortverhale, mites, legendes, liedere, gelykenisse, pornografie, poësie, skop-kopafkap-en-maagoopsny-stories, noem maar op en dis daar. Taalgewyse is daar ook alles: vergelyking, metafoor, noem maar op, dis daar. Die Bybel is vir ons 'n voorbeeld van hoe taal gebruik moet word: Waar wil jy mooier en eenvoudiger taal kry as in die kortverhaal wat min of meer so begin: "'Eendag was daar 'n man wat twee seuns gehad het........"?
Soos altyd; dis maar net jou misantropiese mening Chris Dippenaar...
Beste Charl,
Dis werklik 'n voorreg om gedagtes met jou te wissel.
Ja, inderdaad - "kognitiewe dissonansie verwys na die innerlike ongemak wat mense geneig is om te ervaar wanneer teenstrydige getuienis teengekom word. Daar is `n menslike drang na harmonie en eenvormigheid. Logika dikteer dat, uit `n stel teenstrydige hipoteses, hoogstens een waar kan wees. Kognitiewe dissonansie speel dus `n sentrale rol daarin om vals getuienis te ontbloot. Miskien is dit `n gebrek aan kognitiewe dissonansie, miskien `n onderdrukking daarvan, wat aanleiding daartoe gee dat soveel mense onversoenbare hipoteses in parallel as waarheid aanvaar. Nêrens is dit meer algemeen nie, as by religie. Waar daar skreiende teenstrydighede opduik, word dit eenvoudig opgedis as wonderwerke en met wonderwerke is enigiets moontlik. Eintlik kom dit daarop neer dat logika oorboord gegooi word" (die vetdruk deur die uwe vir klem aangebring).
Dis goed om te weet dat verstand (logika) sonder hart, niks met Godsdiens te make het nie.
Namaste!
Conelius Henn
Ek gaan die paar gedagtes wat ek in antwoord op Kobus de Klerk se ' Oor die Woord, homoseksualisme en 'moderne' teoloë" geplaas het hier herhaal omdat dit netso toepaslik is.
Almal maak daarop aanspraak dat hul reg is en dat hul nooit verkeerd kan wees nie want hul vertolking van dit wat in die Bybel is,is onberisplik en foutloos en aan die ander kant diegene wat die mening huldig dat die wetenskap die antwoord op alles is.Twee onversoenbare pole dus, die een stuur jou warm plek toe omdat jy dit waag om te verskil, die ander lag jou uit omdat 'n warm plek (hel) nie bestaan nie. Hier is enkele gedagtes.
1.Die Bybel - Adrio König Die Bybel as openbaring Soms word sondermeer van die Bybel as die openbaring van God gepraat. Dit is egter nie korrek nie. Toe God Israel uit Egipte wou red, het Hy nie vir hulle 'n Bybelboek gestuur nie. Hy het Homself in dade in hul geskiedenis geopenbaar. Eers veel later is dit deur mense op skrif gestel. Ook Jesus, dié openbaring van God, het nie boeke geskryf nie, maar gepraat en gedoen.
Daardeur het Hy God geopenbaar. En eers toe die ooggetuies begin oud word het, is die behoefte gevoel om wat Hy gesê en gedoen het, op skrif te stel. Daar is wel gevalle, soos Paulus se briewe, waar die openbaring direk op skrif gestel is, maar in die meeste gevalle is die Bybelse geskrifte veel jonger as die aanvanklike openbaring van God.
Dit beteken nie dat die Bybel nie openbaring is nie. Maar dit is net openbaring in die sin dat dit 'n betroubare getuienis is van God se eintlike openbaring in die geskiedenis van Israel en in Jesus. Die Bybel as 'n biblioteek Die Bybel is veel meer as 'n boek, dit is 'n biblioteek.
Die geskrifte is van verskillende soorte en moet elkeen na sy eie aard uitgelê word. 'n Mens verstaan poësie anders as geskiedenis, en 'n brief anders as 'n apokaliptiese (lees: `bonatuurlike') geskrif Verder het hierdie boeke oor eeue heen in verskillende omstandighede ontstaan. Hulle moet sover moontlik in hul tyd en konteks verstaan word.
Hulle deurloop ook 'n geskiedenis sodat op bepaalde tye sekere opdragte bindend is, maar na nuwe gebeurtenisse kan sekere opdragte hul bindende krag verloor. Die besnydenis is 'n bindende opdrag vir die volk van God totdat dit deur die werk van Christus buite werking gestel word. 'n Mens kan dus nie sommer enige opdrag iewers uit Levitikus oor iets soos kos of klere of 'n man se hare of baard neem en dit as bindend voorhou omdat dit in die Bybel staan nie.
Verder lê alles in die Ou Testament ook nie op dieselfde vlak nie. Daar is sekere dade van God wat soos rigtingwysers uitstaan. Die uittog uit Egipte is so 'n daad van God. Dit word 'n baken waaraan die volk gemeet word. Dit word deur die eeue heen op verskillende maniere op die lewe van die volk toegepas. Ook in die Nuwe Testament lê alles nie op dieselfde vlak nie. Daar is sekere sake wat eenvoudig uittroon as die eintlike dade van God in die geskiedenis.
In die Nuwe Testament gaan dit sondermeer om Jesus Christus, en dan veral om sy woorde en dade, en om sy kruisiging en opstanding. As die Nuwe Testament nie in hierdie konteks gelees word nie, kan dit nie reg verstaan word nie. 'n Mens kan byvoorbeeld nie die hoofbedekking of versiering van 'n vrou op dieselfde vlak beskou as die opstanding van Jesus nie.
Nét die Bybel
Dit is 'n erfenis wat ons van die Kerkhervorming het dat net die Bybel die norm vir ons leer en lewe is. Dit is 'n standpunt wat die Hervormers ingeneem het teen leerstellings en gebruike in die kerk wat nie in die Bybel gefundeer kon word nie. Vandag word hierdie standpunt soms misverstaan asof die Hervormers geen waarde aan die tradisie geheg het nie.
Dit is nie korrek nie. Hulle het die besluite van die vroeë kerk in hoë aansien gehou solank dit nie met (hul interpretasie van) die Bybel gebots het nie. Luther het hom selfs op die leerbesluite van die vroeë kerk beroep om aan te toon dat dit die Protestante is wat aan die tradisie van die vroeë kerk getrou gebly het en dus die ware kerk is, teenoor die Katolieke Kerk wat 'n `nuwe' kerk geword het deur van die vroeë tradisies af te wyk.
Dit moet terloops vir ons 'n aanduiding wees van hoe sinloos dit is om te dink 'n mens kan 'n nuwe kerk stig.
2.Biblica: Is the Bible inspired? Is the Bible inspired? And what does that mean? Christians do believe that the Bible is inspired, but not nearly everyone is clear as to what that means. The Bible itself says in 2 Timothy 3:16, "All Scripture is God-breathed and is useful for teaching, rebuking, correcting and training in righteousness."(NIV) Did you catch that word "God-breathed"?
That's the biblical term to describe what is meant by the inspiration of God's Word. But how did God "breathe", that is, just how did he give the writers of the Bible his message? Some Christians believe that God dictated the Bible word for word in Hebrew, Aramaic, and Greek, and that the writers were simply secretaries who recorded those words. But there are two big problems with this view. First of all, as we look at the writing styles of the various human authors, it is clear that their personalities are very much in evidence in what they write. There is no mechanical word-for-word dictation going on here. · For example, the apostle Paul wrote with long, complicated sentences, and our English translations generally put them into shorter sentences so we can more clearly understand them. However, Mark wrote his Gospel using short, action-packed sentences that race along in a much different way. ·
While the Gospel of John also covers the life of Jesus, his description of Jesus' life, words, and deeds comes from a much different point of view than Luke. Yet both were transmitting the inspired message which God gave them. That is why most Christians conclude that God provided the precise thought to the human author, and he then wrote it down in terms of his own vocabulary, culture, education, and writing style. So we have here no wooden, single-coloured document, but a many-faceted and dynamic book.
The second problem with the word-for-word view of inspiration is that many of the Psalms (and other passages) are the cries of imperfect, suffering people, who are voicing their own complaints or praises to God. They are words and thoughts emanating directly from the hearts of God's people, which he in turn allowed to be placed in the Bible so we could identify with these complaining, suffering or rejoicing people who are so much like us. God used their words and thoughts.
For those reasons many Christians believe that inspiration should be described as thought-for-thought rather than word-for-word. The human writers provide God's message in terms of their own personalities and historical circumstances, and yet they transmit the message fully and exactly as God desired. So we can call this view of inspiration "dynamic", as well as "verbal" (extending to the very words of the writer) and "plenary" (meaning that the Bible is fully and totally inspired.)
There's a third view of inspiration, too. This view asserts that the writers of the Bible were indeed inspired, but so were many great artists, musicians, and authors. Some superhuman, transcendent, divine aura possessed them and they produced works of sheer genius. This is not what most Christians mean when they refer to inspiration. ·
Rather, Christians believe that the message God gave us in the Bible is unique, and in fact, infallible. · It is the work of the Holy Spirit who so guided the writers of the Scripture that they gave us, in their unique manner, exactly the message God intended. So we can say that the Bible is a very human book, for we see in it both elegance and lack of polish, both finesse and struggle. But it is a divine book as well, for it is the only book in all the world that is truly "God-breathed".
It is humanity's precious gift from God. Is it your guide for time and eternity?
3.Lees die Bybel in konteks - seksuele praktyke
Wanneer dit gaan oor sekere seksuele praktyke moet ook dit wat in die Bybel daar oor geskryf is in die regte konteks gelees word. Kyk ‘n mens na die gevolge van sekere praktyke is dit duidelik dat daar vir ‘n volk wat besig is om te trek en hulself in ‘n uiters vyandig omgewing bevind ‘n epidemie soos Vigs tot die totale uitwissing van die volk kon gelei het. (Die voortbestaan van die Joodse volk was dus 'n voorvereistes want dit was die voertuig waardeur Jesus Christus mens geword het.) Die mediese wetenskap vandag sukkel nogs steeds om dit onder beheer te kry
https://www.medinstitute.org/2012/06/anal-sex-a-dangerous-trend-3-2/ Anal Sex: A Dangerous Trend Anal sex has historically been taboo in many cultures. However, numerous studies show that the practice of anal sex is on the rise. Why has there been a rise in this risky alternate sexual practice? We live in a sexualized culture which teaches that sexual experimentation is one of the best ways to achieve sexual satisfaction.
Dr. Debby Herbenick argues in her book, Good in Bed Guide to Anal Pleasuring, that anal sex “is a way to explore and act out new fantasies with [your] lover.”[1] However, this common justification of anal sex is faulty and superficial because it is very damaging to your health and quite possibly life threatening.
Let’s check out a few of the major risks: General health risks: Unlike the vagina, the tissues of the anus are not stretchy. This means that the anus can easily tear, which puts the receiving partner in danger of anal abscesses, hemorrhoids, or fissures (a very large tear) .
Anal sex can weaken your muscles down there, which makes it hard to hold feces. The anus is full of bacteria. Consequently, the giving partner is especially prone to infections. Pregnancy: You cannot get pregnant from the act alone. However, semen could still leak into the vagina and impregnate the woman.
STDs: The fragile nature of the anal tissue makes it easier for STDs to enter into the bloodstream. Unprotected anal sex is one of the primary ways in which HIV is spread. If you don’t already know, HIV (Human Immunodeficiency Virus) can eventually lead to AIDS!Recent studies have linked anal sex to anal cancer. HPV (Human Papillomavirus) is closely associated with anal cancer, which is frequently spread through anal sex.
The use of a latex condom certainly lowers the chances of contracting an STD. However, even perfect condom use does not completely eliminate the risk of STDs. In fact, the condom is more susceptible to leakage, breakage, and slippage during anal intercourse.
Anal sex is clearly a dangerous form of sexual activity. It may be tempting to engage in anal sex with the notion that it does not affect one’s virginal status in the traditional meaning of the term virgin (ie someone who has not had penile-vaginal intercourse); however, ANAL SEX IS SEX. Therefore, you still face all of the detrimental emotional and health consequences of having sex outside of a lifelong, monogamous relationship with an uninfected partner. "
Dit is dus duidelik dat die mense van die ou testament op die regt was in hul siening oor homoseksualiteit al kon hul nie dit die gevolge so presies op skrif plaas soos hierbo nie.