Hand oppie Hef

  • 0

als omvatt’nd, innie g’heel, in omni-b’rek’n’ng,
ware raamwerk waarin Wese probeer figureer,
magsjagse Self sup’r-ultra-geldlust’g promoveer,
kernkragstasie bou, b’hulp v’n buit’lands rek’n’ng

g’wis makie woord veel seerd’r, asse wap’n,
Mens’t banja skulde, uitstaande, onv’reff’n,
fondsv’rrek’n’ng, binne b’langhebb’rsb’stek,
vóór tolnaar, tolhekb’ampte, tjailatyd v’rtrek

v’r Millennium Drie Homo Sap-Sap moeil’k, t’v’rstaat,
Mens nie net simplisties, onvoorb’reid, ruimte b’tree,
sonn’r lat Mens juis vooraf weet, wat waar, aangaat,
hoekom sov’l miljuis’nde omme soort g’nade skree

gat’t Mens tyd vat, deurdag, b’hoorl’k t’b’sef,
Wie’t nu, Lewe Twee-g’wys, Hand oppie Hef

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top