Graaff-Reinet revisited

  • 1

Die toppunt van ironie:

In sekerlik die grootste voorbeeld van korporatiewe verantwoordelikheid en kwasi media-belangstelling as voorbeeld van hoe 'n dorp moet lyk: 'n Statige Rupert-gefinansierde en gerestoureerde ou Karoo-huis met 'n Paki wat op die stoep staan en toesig hou oor die tien of wat hoere wat teen die muur halfkaal lê en toeriste probeer verlei.

Om bloot reaksie te probeer uitlok stop ek en vra hoe ek moet ry Johannesburg toe en toe beduie die Paki vir my dat ek besig is om sy dames (wat kaalbek staan en lyf gooi) se tyd te mors. Alles in die dorre karoo met sy uitgestrekte landskap en skape en bokkies en mooi koppies en die pad wat genadiglik daardeur loop.

Ek sit en ry by die dam verby en ek sien selfs Andries Pretorius staan wag en kyk oor die hophuisies wie se inwoners angstig staan en wag op dorre stoepe vir Allpay. Ek ry later weer verby en ek sien die Paki lag met goud in sy mond en ek wonder toe of hy dieselle voordeel sou hê as hy dit wat hy nou so suksesvol doen probeer het in Pakistan. Ek het 'n vae spesmaas hy sou iets moes opoffer en daardie iets is nie sy tax free kontant nie.

Ek kyk hom aan want ek het glad nie 'n issue met hoere nie. Want hulle verskaf 'n broodnodige diens. Ek het wel 'n issue met "mense" wat op die stelsel teer en dit is glad nie cool as dit gebeur in 'n plek wat mens assosieer met sekerlik die mees historiese dorp innie land nie. Selfs die sigaretmagnaat het dit tog beaam, het hy nie?

En toe ry ek verder en toe sien ek dat KFC volgepak staan. By Steers kan jy glad nie inkom nie. Selfs die Wimpy is vol. Stap by die kafee by die vulstasie in en die Nigeriër kyk my aan asof ek sy plek gaan beroof (hy het dalk my 9 mil gesien) en toe besef ek dat die Karoo vir ewig slegs 'n handelsmerk sal wees, dis nou, as die boere dit regkry om die handelsmerk te vestig. Wat hulle sal kan verkoop? Skaap. En net skaapvleis, opgeslag en verpak.

oester

  • 1

Kommentaar

  • Oester

    Beslis 'n pragtige historiese dorp  Ek lief veral die moeder NG kerk wat op 'n kleiner skaal 'n presiese weergawe is van 'n katedraal in Engeland (kan nie die dorp/stad meer onthou nie).  Ja-nee, orals vandag kry ons die uitheemse wat die karakter van 'n historiese dorp verongeluk, selfs lieflike plekke soos Stellenbosch, Paarl en Wellington.

    Wat my altyd van die plek stom slaan is dat ek skaapvleis daar duurder as op die Rand ondervind.  Miskien sien hulle dadelik ek kom van "Goud-teng", en pas hulle hulle pryse dienooreenkomstig spesiaal vir my aan.

    Weereens dankie vir jou briewe oor die plaaslike gemeenskap en sy mense.  Ek kan net nie wag om elke daaropvolgende brief van jou te wil lees voordat ek enige ander lees nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top