god van oorlog

  • 1

noulat Boeremag lang straf afwag, paraat,
v’rloor Mens jinnemal g’skied’nis se draad,
hoe kleur-’p-kleur ineen, deurweef, is, vas,
al’s Mens ultra-diep, onn’r invloed v’n “ras”

re medemensl’kheid, issa mos sjeen mog’l’kheid,
opportuniteit, v’r ubuNtu-lens afstof, en inskroef,
s’kuur, pr’sies, aan t’dui w’t Mens nu rêr’g b’hoef,
iets heel ann’rs, daai mentaliteit yt apartheidstyd

staan struktuurg’weldswoordvoerd’r ook skuld’g, ja,
superioriteitsindroom-teorie nie net teoretici-fiksasie,
g’skied’nis, g’wet’nloos, onkund’-ontkenn’nd, v’rhoer

via waas v’n naïwiteit, onskuld, sien min w’t pla,
grote g’na, Qhamatha, g’brek aan kommunikasie,
G’wete aan god van oorlog, Self-d’struksie, g’voer

Jacobus Faasen

  • 1

Kommentaar

  • Behalwe vir jou welkome digterlike interpretasie - is die gewone bende stil oor die boeremag, die skandvlek te groot.....die onmenslikheid brutaal en word daar kennis geneem met weemoed van die wortel van alle kwaad die, struktuurg’weld, superioriteitsindroom, g’wet’nloos, onkund’-ontkenn’nd, Mens ultra-diep, onn’r invloed v’n “ras”

     
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top