God se Bruid

  • 0

nes Eerste Mens, slaaf, bed’laar, straatslap’r,
volg’ns b’hoefte, status, nood, wil of drang,
Self só sou submissiveer, onvry, aan kap’r,
verby’s tyd v’n komm’rvry moed’rtaalg’sang

in all’r erns, eksploitasie, int’rvensie, dis vuil,
bees, skaap, rykdom, v’r spieël, draad, v’rruil,
grond-’n-als, onn’r Mens yt t’gat staan v’rloor,
saam t’san’k in “Duiw’lspiek” se dissident-koor

bietjie volmaan gee Khoisan da’m ’n bietjie vryheid,
Mens oorleef net-net, onn’r superioriteitsmentaliteit,
lat SASSA meer’p toelaag as’p kam-kam-sjelt b’stee

kanti, ytkoms v’n g’regt’gheid, Mens se eige b’sluit,
nette minn’rheid smaak, hartstogt’l’k, God se Bruid,
all’rhoogste off’r onvoorwaard’l’k v’r Haar t’w’l gee

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top