g’n “Ag, sjym!” nod’g

  • 0

Sy staat solied, struktureel v’rsterk,
al Haar sprek’rs doenie praatwerk,
maak sek’r Sy b’hou Haar kondisie,
“isiBhulu”-afkeer mos g’n rewolusie

g’n “Ag, sjym!” word g’verg, g’wis,
g’lank ontkenn’r Sélf feitl’k v’rg’wis,
v’r “umShini wam” ’s g’n pasifis lus,
offie mentaliteit, v’n Ivoortor’ng Plus

wie aktivis ook’l is, “Tshwane” is hier,
via pleknaam word b’vryd’ng g’vier

dié wattie hettie, sallie w’l wetie,
volksmoordstorie glattie v’rgetie

simpatie is dus oorbod’g, Sapiens,
g’lykheid: dis en’ge Mens se wens

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top