glattie só onaard’g

  • 0

oorlog’s niks ann’rs as v’rkrag, onn’rdruk, ytmoor,
v’rwoest’ngswyd-pornpatroon, struktuurg’weld,
soldaat m’t eie siel b’taal, toet’ntaal spoor v’rloor,
optimaal bronb’nutt’r, ultra-g’wet’nloos, “held”

soek selfmoordmart’laar nadoods erkenn’ng,
v’r maalvleis maak v’n Naaste, virrie chaos,
Mens onsek’r hoe, waar, g’regt’heid nu is,
hoev’l’t Lewe Twee v’rbeur, g’n herwinn’ng

mark’t v’rswak, effekte devalueer, onn’rpresteer,
selfs biljoenêr binne ’n omm’sientjie brandarm,
re “Duiw’lspiek”-siek, yt genes’rsoord g’n alarm,
mede-Mens via wet en afsonn’r’ng g’segr’geer

Lewe Twee Lewe, ja, eintl’k glattie só onaard’g,
Mens t’n minste dán, Volled’g, Mens-waard’g

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top