Genade: "O my GOD!"

  • 1

Sjalom.

Dis maklik om die wonder wat elkeen van ons omvou te misken.

Louie Schwartzberg, is 'n bekroonde regisseur en vervaardiger van films wat sulke asemrowende oomblikke om ons in sy lens vasvang.

Elke oomblik van ons bestaan is 'n gawe.

Kom ons maak ons harte oop, vat hande en buig saam in hierdie wonderlike seën uit die hand van ons Skepper.

Ja, oral sing, dans, en verfraai mense tot eer van GOD. Geloof, hoop en liefde is elkeen se empirie in die lewe.

Ek volhard in my betoog dat wyl jy sulke ervaring vir jouself toe-eien, jy ander se persoonlike ervaring om te glo, hoop en lief te hê, ook moet respekteer.

Ag jou eie ervaringe. Niemand - nie eens die dood - kan jou dit ontneem nie. Niemand kan dit eien of ontsê nie. Geen wetenskap kan jou bewustheid verklaar nie. Dis joune - net joune!

God openbaar self in elke mens, kultuur en Godsdiens.

Elke naam wat ’n mens ooit uit sy hart tot eer van ons Almagtige Skepper uitgeroep het is vir my heilig.

Harte wat ons Almagtige Lewende Skepper eer behoort aan God.

Die Goeie Nuus is dat God ten volle mens vir ons almal geword het. Hierdie Blye Boodskap kan nou by elkeen se Godsdiens gevoeg word.

Kom ons vat hande en buig saam voor Jumala, Allah, Yahwe, Thathagata, Brahman, Big Chief, HaShem ... en dien ons EEN Almagtige Lewende Skepper wat ten volle ’n mens in Jesus Christus, vir ons almal geword het.

Mag Jesus Christus onse enige God, self die Tuinier in ’n ieder se hart wees.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 1

Kommentaar

  • Henn

    Ek stem saam. Louis Schwartzhberg se blomme en wolke is asemrowend mooi. Die musiek saam dit stem mens werklik rustig. Dit geniet. Dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top