Ek sien baie keer, met 'n bietjie verbeelding, allerhande goed soos gesigte, of diere of iets, in wolkpatrone of in 'n konfigurasie klippe op 'n koppie, of in die skadupatrone van 'n boom, enigiets, en dan gewoonlik skud my vrou net haar kop.
So sê ek nou die oggend 5-uur se kant vir haar, dit begin net so lig word, sê ek vir haar "kyk nou byvoorbeeld daardie lap op die boekrak; met 'n bietjie verbeelding lyk dit nes 'n leeutjie."
Sy sê vir my "dit ís 'n leeutjie; dit is van die kinders se lappopspeelgoed toe hulle klein was wat ek onder in 'n kas gekry het."
Jan Rap


Kommentaar
Ai toggie - die 'ou'-der-'dom' darem! Met meer klem op die 'oud' as die 'dom'.