Gehate onderwerp: Plaasmoorde

  • 2

Die woord Plaasmoord is seker een van die mees emosionele opwekkers waaraan ek kan dink. Ek kyk vanoggend 23 Oktober 2013 op Dagbreek na die "onderhoud/debat" oor die onderwerp. Teenwoordig is 'n Rooi Oktober aktivis, 'n "prominente Afrikaner" politieke ontleder en iemand van die Instituut vir Veiligheid Studies.

Dit is 'n emosionele onderwerp en baie mense word daaroor opgeklits, ek inkluis. Die aktivis probeer haar saak regverdig deur statistieke aan te haal. Sy en haar "beweging" poog om dit onder iemand se aandag te bring wat in die land aan die gang is. Die man van die Sekuriteit Instituut haal sy weergawe van statistieke aan. Heel kalm en berekend. Hy het trouens op die draad bly sit. (Wonder net wie betaal hom.)

Toe kom die ene prominente politieke ontleder met sy meerderwaardige, arrogante neerhalende houding en sinspeel dat die aktivis se redenasie is emosionele retoriek wat geen gewig dra nie. (Wonder wie betaal hom.)

Ek weet nie waar die mense vandaan kom nie. Leef hulle in 'n ander land as ek. Besef die wêreld se "prominente Afrikaners"  nie die werklike situasie in die land nie. Hulle leef in hul Toskaanse huisies in banggatdorpe (sekuriteitskomplekse) en weet nie wat op voetsoolvlak aangaan nie.

Ek is nie 'n sielkundige nie, maar het redelike mensekennis en ondervinding om te weet hoe om mense op te sweep en motiveer. Ongelukkig is dit nou maar so. Hoe laer jou opvoedingsvlak is hoe makliker word jy opgesweep. Ek verwys hier na mense se aanhangers wat politieke partye stig en van openbare verhoë haatspraak uiter en sing, waar’s my masjiengeweer. Wat word aan die mense gedoen. Word hulle deur die "prominente Afrikaner beleidsmakers" van die wêreld berispe of afgemaak as hul tradisie.

Daardeur vergelyk ek nie die aktivis se ondersteuningsgroep met die haatsprakers se groepe nie. Daardie mense wat by die Rooi Oktober saamtrekke was, het al mense in plaasmoorde verloor. Hulle het dit aan die lyf gevoel.

Dit is vir my net tragies en hartseer dat daar geen meegevoel of simpatie van sogenaamde prominente beleidmakende Afrikaners vir die pleidooi van mense wat uitgemoor word is nie.

Net iets om te onthou. Jy kan saam praat as jy iets of iemand verloor het, andersins bly rustig in jou banggatdorp en slaap rustig terwyl ander mense jou op pas.

Dit verbaas my ook dat daar altyd neerhalend na mense verwys word wat knellende kwessies wat die Afrikaner raak, gemaak word.

N.S 'n Vriendin van my se broer is Donderdag 18 Oktober 2013 in Bulwer, KwaZulu-Natal, vermoor. Dit bring my lys van mense wat persoonlik geken het op twaalf (12) te staan.

Reusedwerg

  • 2

Kommentaar

  • George Bekker

    Reusedwerg, dankie vir jou bydrae. Ek hou van die uitdrukking “banggatdorp” en bly self in een. Ons groter dorp is bekend vir die hoogste inbraaksyfers in die land. As 'n mens oud is en dan die kans kry om in so 'n dorp/buurt te gaan bly en die heffing is laag sê jy nie nee nie. Dis ekspressiewe uitdrukkings soos hierdie wat van Afrikaans so 'n wonderlike taal maak. Wens so ons probeer harder om simpel engelse woorde met sulke woorde te vervang.

    Dis verskriklik dat jy 12 mense geken het, wat al vermoor is. Ek dank die Vader dat ek nie een ken nie (In die Kaap word ook baie mense doodgemaak maar gewoonlik kies die moordenaars mense naby hulle vir hierdie doel).

    Ek wil jou tog ook half bykom oor jou brief. Jy vertel ons van sekere ouens (of duiwels?) wat ons goed ken sonder om hulle by die naam te noem. Jy moet hierdie swerkaters (outydse woord) se name noem en hulle nog stinker sê en hulle neuse in die grond of iets anders vryf. Dan voel 'n mens miskien beter.

    Die Rooi Oktober aktivis het moed nodig om in die openbaar oor so 'n saak te praat. Die betrokke media behoort nog iemand te kry om haar te ondersteun, eerder as om twee persone teen haar op te stel. Elke keer wanneer ons so 'n situasie teekom behoort ons ten sterkste beswaar aan te teken. Dis seker nog nie te laat om dit te doen nie.

    Rustig slaap en op en wakker lewe!

    George

  • Dankie vir jou reaksie. Ek het die daad by die woord gevoeg en heftig beswaar by die skeppers van Dagbreek aangeteken . Soos jy noem, is die Rooi Oktober (Rooikappietjie) aktivis half in 'n lokval gelei. Sy is emosioneel oor die onderwerp. Elkeen het sy reg om te wees,  ek is fanaties daaroor. Wat my erg die moer in maak is die manne se houdings teenoor Rooikappietjie. (Ek  ken nie Rooikappietjie persoonlik nie, maar sy was erg die moer in sodat die rooi vlamme tot op haar borste uitgeslaan het.) 

    Ek sal ook graag in 'n bangatdorp wil woon maar hier in ons omgewing is die heffings by die meeste plekke buitensporig.

    Ons praat van die anderskleuriges wat nepotisme tot die uiterste rek. Ek sal nooit die oggend vergeet toe die prominente politieke ontleder sy dogter na die Ontbysake program toe vergesel het nie. Sy is toe as die kooksel (kok/sjef) op die program voorgestel, en is sy genadiglik nou weg. Hier is 'n "prominente Afrikaner  elite" bende in die land aan die gekonkel wat nie lojaliteit behalwe aan hulself het nie. 
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top