g’doende g’doente

  • 0

soms wôrre als rivier-af, see toe, meeg’sleur,
deur iets ekstra-ordinêr, vulgêr, sensasioneel,
voel’t soms’f g’dagte, idee, skoon parte speel,
Mens g’dweë, ontkenn’ngsytkoms ontbeer

vattie voorbeeld vannie pejoratief, “isiBhulu”,
virre taalpuris, -patterjot, een ingxaki kakhulu,
kanti, so werkie voorskrif vannie onreg-wet,
b’voorregt’ng plaas mos stremm’ng op v’rset

moed’rtaaldag kom, onkunde blijf staan,
g’regt’gheid’t oud-vryheidsvegt’r ontgaan,
nie-rass’gheid net v’r suiw’rst’ inboorling,
res moet maar “transformasie”-lied sing

nu sien Mens, “NDR”, glorie, g’dorie, o, wee,
na Afrika-status v’r Afrikaans nog g’n tree

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top