Europese "ontwaking"

  • 0

Ek was nie eintlik verbaas toe ek die "slagting" verlede week in Parys, Frankryk sien nie. Ek het geen reg of toestemming om enige uitsprake oor die Europese lande se toekoms te maak nie. Ek sien en hoor wat maar daar aangaan en probeer om my eie gevolgtrekkings te maak.

Ek sien die Duitsers hou optogte teen die Islamiete. My mening is dat die lande wat in die vorige eeue kolonies gehad het se probleme terug gekom het om hulle te piets. Die manne moet nie nou kom tjank oor die "uitlander" probleme nie. Ek dink hulle het dit vir hulself op die hals gehaal. Die Ingelse met die Indiese nasie, die Taljaners en Fransmanne met die lande net oorkant die Middelandse see, die Germane en Neiderlanders met die Turke. Die Nore en Swede is bietjie ver en koud maar met aardverwarming sal hul beurt op instroming ook kom. Ek kan onthou die Oostenrykers was die eerste land wat kapsie gemaak het teen die instroming en is hulle as "rassiste, fasciste en wat nog ander iste" uitgekryt. Die Oostraliërs se beurt kom ook nog met die Oosterlinge.

Ons sal maar wag en sien wat die jare wat voorlê vir ons inhou. Ek vertrou die Amerikaners nie. Hulle is besig met kattekwaad en sal binnekort openbaar word. Daar is goed aan die gebeur waarvan ons nie weet nie. Ek sal nie verbaas wees as die manne reg in eie hande neem nie.

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top